Olieprys hou sy asem op

Brent ru-oliepryse verhandel in ‘n baie noue band as gevolg van kommer oor ‘n groter as verwag Amerikaanse rentekoersverhoging. Die kommoditeit het in die afgelope week met ‘n skamele 0,77 persent rond geskuif en verhandel op die oomblik net bo 81 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die voorsitter van die Federale Reserwebank Jerome Powell het reeds gewaarsku dat rentekoersverhogings groter, en […]

Read More

Geen teikendatum vir beëindiging van beurtkrag nie

Dit wil voorkom asof beurtkrag, wat Suid-Afrika se ekonomie op sy knieë dwing, nog lank deel van die buurland se daaglikse realiteit sal wees. Die pasaangestelde Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê dit sal hoogs onverantwoordelik van hom wees om ‘n spesifieke datum te gee waarop beurtkrag beïndig sal word. Die buurland het verlede jaar meer as 200 dae van beurtkrag beleef. Die minister […]

Read More

Sewe dood in Hamburg na Jehova-getuies aangeval is

Minstens sewe mense is dood en tientalle beseer ná ‘n skietvoorval by ‘n saal van die Jehova-getuies in die noord-Duitse stad, Hamburg. Die polisie sê die gewapende man is onder die wat dood is, maar hulle is besig om seker te maak geen ander oortreders was betrokke nie. Die motief vir die skietery is op […]

Read More

Wie moet Von Francois vervang?

Na die verwydering van die Curt von Francois-standbeeld voor die munisipale kantoor van Stad Windhoek, is ‘n beroep op inwoners gedoen om aanbevelings in te dien van wat op die terrein opgerig moet word. Die Curt von Francois-standbeeld is in 1965 buite die Windhoekse munisipaliteit in die ou Kaiserstraat, nou Onafhanlikheidsrylaan, die hoofstraat van die hoofstad, opgerig. Die omstrede standbeeld is […]

Read More

Weerkenner bespreek impak van Freddy, en wat kan gebeur

Die sogenaamde ewige-Freddy duur nou vir ongeveer 34 dae voort en het ‘n wesenlike impak op Namibië se reënvooruitsigte. Volgens die plaaslike weerkenner, George van der Merwe wat naby Aranos boer, het alle weersisteme verswak en droë lug beweeg in die hoëdruksel in die binneland in. Hy sê dit herinner aan wat in 2019 voorgekom het.  Maar, hy meen daar is nog hoop, indien verskeie faktore saamspeel. 

Read More

Sekretariaat van Swapo se sentrale komitee die naweek verkies

Plaaslike media berig dat die adjunk-premier en vise-president van die Swapo-party, Netumbo Nandi-Ndaitwah, die pos van eerste minister wat deur President Hage Geingob aan haar aangebied is, van die hand gewys het. Sy het ook volgens berigte gevra dat die portefeulje van internasionale betrekkinge verwyder moet word. Kenners meen dat Nandi-Ndaitwah eerder op haar pligte as party visepresident wil fokus in aanloop tot volgende jaar se verkiesing. […]

Read More

SA se gryslys sal ons raak, maar daar nie rede tot paniek nie

Die Namibiese ekonomie voel ook die impak van die Finansiële Aksie-taakspan wat Suid-Afrika op die gryslys geplaas het. Dit plaas die buurland in die geselskap van lande soos Sirië, Nigerië, Haiti, Jemen, die Verenigde Arabiese Emirate en Mosambiek. Die waghond se besluit is ʼn sein aan internasionale banke, finansiële instellings en beleggers dat die land […]

Read More

Aroab-boer gesels oor landbou-uitdagings

Boere wat in die Aroab-omgewing in die Karas-streek boer, het hul kommer gedeel oor die uitdagings wat hulle ervaar. Eksterne faktore soos stygende pryse en insetkoste vir die landbou, het Namibië beïnvloed. Beurtkrag in Suid-Afrika raak hulle ook rakende die uitvoer van Namibiese vleis na die buurland. Kosmos 94.1 Nuus het met JG Maritz, ‘n […]

Read More

Trump publiseer briewe in nuwe boek volgende week

In ‘n nuwe boek wat na verwagting volgende week uitgereik word, gaan oudpresident Donald Trump van Amerika ‘n versameling van 150 privaat briewe wat aan hom geskryf is, onthul. Letters to Trump sal briewe bevat wat individue soos die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un, Hillary Clinton, Richard Nixon, prinses Diana en Oprah Winfrey oor ‘n tydperk van meer as 40 […]

Read More

SAPD moet dringend nuwe lede werf

Die Suid-Afrikaanse polisievakbond, Ipusa, sê meer polisielede moet gewerf word. Die hoofsekretaris, Mpho Kwinika, sê werwingstrategieë moet verander. Kwinika het sê Suid-Afrika benodig ʼn polisiemag wat in staat is om demokratiese kwessies te hanteer:

Read More