De Klerk het blykbaar geen rede tot agterdog gehad nie

Die nou-omstrede prokureur wat steeds in Suid-Afrika wegkruip, Maren de Klerk, het blykbaar geglo dat die Fishrot-beskuldigde James Hatuikulipi, ‘n ekonomiese adviseur van President Hage Geingob was. Die inligting is vervat in ‘n verklaring deur Celeste Coetzee, ‘n direkteur van DHC Incorporated, De Klerk se regsfirma. In haar beëdigde verklaring maak sy spesifiek melding dat […]

Read More

Pohamba sê (weer) nee vir vee in Bwabwata

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta sê vee sal nie in die Bwabwata Nasionale Park toegelaat word nie. Dit is reeds so deur die kabinet beslis. Die Hambukushu is sedert die park in 2007 geproklameer is, ontevrede en meen hulle is nie gekonsulteer nie en ook dat die benutting van natuurlike hulpbronne nie ordentlik beplan is nie. Maar, Shifeta sê die verbod op vee, en veral bees in die park, […]

Read More

Ramokgopa moet fyn dopgehou word

Die buurland se sakeorganisasie Sakeliga sê die pasaangestelde minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, moet met groot omsigtigheid dopgehou word. Die organisasie en ander het tussen 2014 en 2017 uitgerekte hofsake teen die Tshwane-munisipaliteit onder Ramokgopa se burgemeesterskap gevoer. ‘n Woordvoerder van Sakeliga, Piet le Roux, sê dit het verband gehou met miljarde rand se verliese weens onwettige tenders vir slim elektrisiteitsmeters: 

Read More

Trump moet getuig oor Stormy Daniels

Die gewese Amerikaanse president, Donald Trump, is volgens berigte gevra om volgende week voor ‘n groot jurie in New York te getuig. Dit is deel van ‘n ondersoek na die betaling van sogenaamde swyggeld aan die akteur en vervaardiger van porno-flieks, Stormy Daniels, tydens sy veldtog vir die presidentsverkiesing in 2016. Die groot jurie van New York het […]

Read More

Dagbreek se pretstap in April

Die jaarlikse Dagbreek-skool se pretstap en looitjie sal op Saterdag, 22 April plaasvind. Deelnemers kan 5 kilometer stap of draf. Kaartjies kos 20 dollar en is ten bate van die skool. Chriszell Louw van Dagbreek het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.  

Read More

Gauteng het nie geld opsy gesit vir e-tolstelsel nie

Die LUR vir Finansies in Gauteng, Jacob Mamabolo, sê geen geld word opsy gesit vir die uitstaande skuld van die mislukte e-tolstelsel nie. Mamabolo het gepraat toe die provinsiale begroting ter tafel gelê is en sê daar vind nog onderhandelings met die nasionale regering plaas rakende die e-tol-aangeleentheid. Hy het wel die versekering gegee die e-tol-kwessie is afgehandel. Mamabolo het verduidelik baie werk moet nog gedoen word om die stelsel op ‘n regulatoriese vlak te beëindig: 

Read More

Nehawu-staking moet end kry – Cyril

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die nasionale onderwys-, gesondheids- en verwante werkersvakbond, Nehawu,  se salarisstaking sterk veroordeel. Ramaphosa het ‘n beroep gedoen dat die staking beëindig word en maan werkers om landsburgers se lewens eerste te stel. Intussen sê ActionSA hulle is uiters bekommerd oor die voortslepende staking wat pasiënte, dokters en ander gesondheidswerkers se lewens in gevaar stel. Vier mense is […]

Read More

Xi kry eenparige nuwe vyfjaar-termyn

Chinese wetgewers het eenparig besluit dat Xi Jinping ‘n derde vyfjaar-termyn as president mag dien, wat hom die langsdienende staatshoof maak sedert Kommunistiese China in 1949 tot stand gekom het. Sy heraanstelling word as ‘n blote formaliteit gesien nadat die 69-jarige in Oktober verlede jaar vir ‘n derde termyn as hoof van die Chinese Kommunistiese Party aangewys is. In China […]

Read More

Man U-oorwinning is belangrik 

Manchester United het teruggeveg ná Sondag se loesing in Liverpool in die Premierliga met ‘n 4-1 oor Real Betis op Old Trafford, in die eerste been van die Europese Liga se laaste 16-wedstryde. Doele deur Marcus Rashford, Antony, Bruno Fernandes en Wout Weghorst het United in ‘n sterk posisie geplaas om die laaste agt te haal wanneer die tweede been volgende week in Seville beslis word. Rashford sê die oorwinning was belangrik vir die […]

Read More

Numsa ruk op oor aanhouding van Amerikaanse aktivis

Die metaalwerkersvakbond Numsa beplan vandag ‘n optog na die Amerikaanse ambassade in Pretoria ter ondersteuning van sy oproep vir die onmiddellike vrylating van die Amerikaanse politieke aktivis en joernalis, Mumia Abu-Jamal. Hy het reeds meer as 40 jaar in die tronk deurgebring vir die moord op die polisieman, Daniel Faulkner, in 1981. Abu-Jamal se verdedigingspan […]

Read More