Familie staan borgtog teen Lucia Boois teen

Die familie van ‘n eenjarige baba wat na bewering deur sy eie ma vermoor is, het vandag by die Keetmanshoop-landdroshof ‘n petisie teen die beskuldigde se borgtog ingedien. Die ma, Lucia Boois, wat ook ‘n voormalige polisiebeampte is, moet in die landdroshof op aanklag van moord verskyn. Die oorledene se tannie, Dessery Hammerslag, het saam […]

Read More

Tshwane-opposisiekoalisie dien klagte burgemeester in

Die opposisiekoalisie in die Tshwane-metro beplan om vanmiddag strafregtelike klagte teen die burgemeester, Murunwa Makwarela, in te dien. Dit volg nadat die hooggeregshof in Pretoria bevestig het hy het nooit ‘n rehabilitasie-bevel vir hom uitgereik nie. Die hof betwis die geldigheid van die klaringsertifikaat wat hy Donderdag aan die stadsbestuurder, Johann Mettler, verskaf het wat […]

Read More

Landbou-wetenskaplikes van 28 lande in Ghana byeen

Meer as 200 wetenskaplikes gebruik navorsing om die opbrengs van droë-landgewasse te verhoog, deur netwerke vir die verbetering van streeksgewasse te ontwerp deur  ‘n nuwe benadering. Wetenskaplikes van 28 lande het in Ghana ontmoet en sê besprekings het nuwe insigte gebring en gehelp met program-ontwerp vir gewasse-verbetering vir bemagtiging van landbou. Die direkteur-generaal van die […]

Read More

Okh-inwoners sit met hul hande in hul hare

Die nou-beleërde groep inwoners van informele nedersettings op Okahandja sukkel steeds om uitsluitsel te kry oor behuising en erwe. Die groep het al verskeie protesoptogte op die dorp gehou en hulle het ook al die kantore van die eerste minister en die lynminister, Erastus Uutoni genader. Die leier, Sydney Gariseb die minister stuur hulle van […]

Read More

Wes-Kapenaars moet minder krag gebruik, wil weg van Eskom

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het weer bevestig die provinsie moet aangemoedig word om energieverbruik te verminder. Die premier sê die 19 projekte plan sluit die ontwikkeling van netwerke, nuwe energie-opwekking en aanvraagbestuur in. Winde sê die provinsie is vol vertroue dat hy die aggressiewe energieteikens wat gestel is, binne die volgende paar jaar sal […]

Read More

Daar’s beperkings oor wat Macron sal toegee aan Sunak met migrantkrisis

Die Britse eerste minister Rishi Sunak besoek vandag Franse President Emmanuel Macron oor uitdagings met migrante. Sunak het ‘n nuwe beleid rakende sogenaamde klein bote wat oor die Engelse-kanaal in Brittanje aankom. Die voormalige Britse permanente verteenwoordiger by Navo, Lord Peter Ricketts, sê Franse samewerking is van kritiese belang maar, daar is beperkings oor wat […]

Read More

Adidas teken groot verliese aan oor Kanye West

Adidas het tot dusver ‘n bedryfverlies van 700 miljoen euro, of 1,7 triljoen Namibiese dollar verloor sedert hy alle bande met Kanye West, bekend nou as Ye, gesny het. Die maatskappy het na West se anti-semitiese aanmerkings opgehou om sy Yeezy-skoen te verkoop. Adidas se uitvoerende hoof, Bjorn Gulden, het aan media bevestig dat die […]

Read More

Daar’s nie veel om oor te juig in die verhoging van toelae nie

Die deurwinterde maatskaplike aktivis Rosa Namises stem saam met ‘n PDM-parlementslid, Yvette Araes, wat sê bejaardes en persone met gestremdhede in Namibië word nie as prioriteite in Namibië erken nie. Araes het in die Nasionale Vergadering tydens die begrotingsdebat gesê die pensioentoelae se verhoging van 100 Namibiese dollar per maand is net ‘n druppel in […]

Read More

Russe gaan hof toe oor boorpermit

Headsprings Investments, die Namibiese verteenwoordiger van die Russiese uraan-reus Uranium One, wend hom aan die hoërhof in ‘n poging om toestemming om te boor by die landbouministerie te bekom. Die boorpermit, vir uraan-eksplorasie boorwerk naby Leonardville, is op 5 Oktober verlede jaar geweier. Die maatskappy vra dat die respondente, 39 van hulle wat ook 27 boere […]

Read More

Nanso diep teleurgesteld oor leerders wat steeds nie in skole geplaas is nie

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie Nanso, sê hy is diep teleurgesteld oor die feit dat dit reeds Maart-maand is en dat daar steeds leerders is wat nie geplaas is nie. In sommige skole, is daar soveel leerders dat sekere grade beide oggend en middag sessies moet aanbied om almal te akkommodeer. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die […]

Read More