Wawrinka blyk om terug te wees

Die Switserse veteraan, Stanislas Wawrinka, sê hy is gereed vir aksie nadat hy beserings wat hom al lankal pla, afgeskud het. Die 37-jarige voormalige wenner van drie Grand Slam-toernooie is terug in die wêreld top 100 nadat hy die kwarteindstryde in Rotterdam en Marseilles gehaal het. Wawrinka het die tweede ronde by Indian Wells gehaal […]

Read More

Geingob sê Swapo moet agter Netumbo staan, loof die ouderlinge

President Hage Geingob het pas die vergadering van die sentrale komitee van die Swapo-party vanoggend amptelik geopen. Die doel van die vergadering is die verkiesing van lede van die sekretariaat wat verskeie portefeuljes, soos inligting en kommunikasie, verdediging en ekonomie, insluit. Hy het weer gewaarsku oor faksies in die party en ‘n beroep op die […]

Read More

Afrika-jeug moet goeie regering en leierskap op vasteland bou – Cyril

President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op Afrika se jongmense om etiese leierskap en goeie regering op die vasteland te ontwikkel. Tydens die hoofrede op die eerste Nelson Mandela Jeug Dialoog, het Ramaphosa jongmense daaraan herinner hulle is die outeurs van Afrika se groot toekoms. Die geleentheid het ‘n platform geskep vir interaksie tussen […]

Read More

Iran en Saoedi herstel verhoudings

Iran en Saoedi-Arabië het ingestem om verhoudings te herstel na jare van vyandigheid wat die bestendigheid en sekerheid in die Golf bedreig het en gehelp het om vyandighede aan te blaas in die Midde-Ooste, van Jemen tot Sirië. Daar word berig die ooreenkoms is aangekondig na vier dae se onderhadelings in Beijing wat nie voorheen […]

Read More

Sokkerlegende Lineker loop deur oor ‘opinie’ op sosiale media

Die voormalige Engelse sokkerkaptein Gary Lineker is deur die BBC van die lug gehaal na sy kommentaar oor Brittanje se migrasiebeleid ‘n herrie laat ontstaan het tussen die regering en die korporasie se hoogs betaalde aanbieder. Hy het premier Rishi Sunak se sogenaamde beleid oor klein bote in die Engelse-kanaal vergelyk met Duitsland in die […]

Read More

Duisende wat opdaag vir ‘n handvol poste word Namibiese norm

Die opkoms van honderde en somtyds duisende werksoekers by persele waar poste geadverteer word, word ‘n algemene voorkoms in Namibië met baie hoë werkloosheid in die land. In die jongste voorval het meer as 2 400 mense opgedaag by ‘n restaurant in Khomasdal waar agt vakante poste geadverteer is. Die mense was so ywerig dat […]

Read More

Amnestie sê puttoilette moet waai, nog ‘n kind dood in Oos-Kaap

Dit is nie net Namibië wat uitdagings het in verban met puttoilette nie. Amnestie Internasionaal vra ook nou vir die dringende uitfasering van puttoilette in Suid-Afrika. Dit volg na die dood van ‘n vierjarige meisie wie se liggaam in ‘n puttoilet by ‘n Oos-Kaapse laerskool gevind is. Volgens die woordvoerder, Mienke Steytler, het ‘n kommerwekkende […]

Read More

Silicon Valley Bank: US$175 miljard onverseker

Silicon Vally Bank, ‘n Kaliforniese bank wat op nuutgestigde besighede in die tegnologiesektor fokus, het die grootste bankmislukking geword sedert die finansiële krisis van 2008. Die skielike ineenstorting van die bank het wêreldmarkte in die wiele gery het en miljarde Amerikaanse dollar wat aan maatskappye en beleggers behoort, gestrand gelaat. Kalifornië se bankreguleerders het die […]

Read More

Heldhaftige Bavuma red die Proteas

Suid-Afrika sal sy tweede beurt hervat op 287 vir sewe, ‘n voorsprong van 356 lopies, op die voorlaaste oggend van die tweede toets teen die Windies op die Wanderers in Johannesburg. Kaptein Temba Bavuma het gister sy span gered met sy tweede toetshonderdtal. Hy het opgestap met die Proteas diep in die moeilikheid op agt […]

Read More

Omusati-man wat blykbaar sy meisie se kleinkind verkrag, vasgetrek

Die Omusati-polisie het daarin geslaag om ‘n 38-jarige verdagte aan te keer nadat hy vroeër die week gevlug het na klagte van verkragting teen hom gemaak is. Die man word daarvan verdink dat hy ‘n ses-jarige dogtertjie, die kleinkind van sy 60-jarige vriendin, verskeie male verkrag het by die Oitende nedersetting naby Outapi. Volgens die […]

Read More