All Black-vleuel uitgeskakel, onsekerheid oor Jordie Barrett

Rugby: Die Nieu-Seelandse vleuel, Samipeni Finau, is nie beskikbaar vir Saterdag se kragmeting met Italië in Turyn nie nadat hy nie ʼn harsingskuddingtoets kon slaag nie. Hy het ‘n hou teen die kop gekry tydens hulle nederlaag van 30-29-nederlaag teen Frankryk, en Peter Lakai het hom vervang. Dit is onseker of Jordie Barrett sal kan […]

Read More

Letshego fokus op digitale transformasie vir beter diens, selfvoorsiening

Die uitvoerende hoof van Letshego Mikro Finansiële Dienste Namibië, Melvin Angula, sê dat Letshego oor die afgelope vier jaar ‘n digitale transformasiestrategie gedryf het om die ervarings van beide hul kliënte en werknemers te verbeter. Volgens Angula poog hulle deur hierdie benadering om Namibiërs te ondersteun in die bereiking van finansiële stabiliteit en selfvoorsiening. Hy […]

Read More

Stilfontein-myners moet bygestaan word

Die Workers International Vanguard League veroordeel die regering van nasionale eenheid vir wat hulle beskryf as blatante verhongeringstaktieke teen informele mynwerkers wat tans ondergronds is in Stilfontein in Noordwes. Shaheed Mahomed van die liga sê dreigemente oor die afsny van hulle water en kos, en dat hulle aangeval sal word, is onaanvaarbaar. Hy sê verskeie […]

Read More

G20 begin in Rio

G20-leiers kom byeen in Rio in Brasilië byeen vir hul jaarlikse beraad. Alle oë is op die vergadering te midde van ‘n verskuiwing in die wêreldorde met die terugkeer van president Donald Trump. Besprekings oor handel, klimaatsverandering en internasionale veiligheid sal teen skerp Amerikaanse beleidsveranderinge te staan kom wat Trump beloof wanneer hy in Januarie […]

Read More

NASA en Roscosmos kan nie ooreenkom oor luglek by ISS nie

NASA en die Russiese ruimteagentskap Roscosmos verskil steeds oor die oorsaak en erns van ‘n luglek in die Russiese segment van die Internasionale Ruimtestasie, een wat NASA sê moontlik kan lei tot ‘n katastrofiese mislukking in ‘n deel van ‘n Russiese module. Die grootste bekommernis is ‘n klein maar aanhoudende lekkasie in ‘n voorportaal van […]

Read More

Dokters wat internskappe doen eis hulle voordele

Leerlingdokters by Unam is sat en beplan om ‘n demonstrasie te hou om herkenning te kry as staatsamptenare en so, hulle voordele, mediese dekking ingesluit, terug te kry. Dit kom na ‘n hof reeds in November 2023 bevind het dat as gevolg van die ure wat hulle werk, hulle wel staatsamptenare is en geregtig is […]

Read More

Hofuitdagings kniehalter groot tenders

Die Sentrale Verkrygingsraad word gekniehalter met herhaaldelike regsuitdagings wanneer hy hoë-waarde tenders toeken. Die Tender Bulletin berig dat daar tans 16 van die sake is met sommige wat terugdateer na 2020. Die uitdagings, wat gebring word deur ‘n bieër wat nie die toekenning gekry het nie, vertraag ontwikkelingsprojekte wat spoorlyne, medisyne, voedselhulp, paaie, en koshuis- […]

Read More

Hyphen-ooreenkoms: Obeth sê ons moet GRN vertrou

Die voorsitter van die Groenwaterstofraad Obeth Kandjoze het hom ten sterkste uitgespreek teenoor diegene wat eis dat die regering se ooreenkoms met Hyphen bekend gemaak moet word. Hy het gepraat by ‘n bespreking oor die sosio-ekonomiese voordele van groenwaterstof in die hoofstad. Burgerlike samelewing organisasies sê die ooreenkoms moet bekend gemaak word omdat daar moontlik […]

Read More

Ophoping by Bots-grens, vervoerders sit met hulle hande in hul hare

Vervoerders in Namibië sit met hulle hande in hul hare. Die Botswana Verenigde Inkomstediens het bevestig dat die gebruik van transitokode 9999 vir gekonsolideerde vrag amptelik op 10 November tot ‘n einde gekom het. Hierdie stap, wat daarop gemik is om in lyn te kom met internasionale handelstandaarde, vereis dat alle vragoperateurs die Unieke Besendingverwysing […]

Read More

Red One doen baie goed met openingsnaweek

Die Hollywood supersterre Dwayne “The Rock” Johnson en Chris Evans se rolprent Red One het meer as 6 miljard Namibiese dollar by meer as 4 000 teaters in Noord-Amerika in sy loketdebuut verdien. Red One is die eerste behoorlike Kersfeesrolprent wat in teaters vertoon word sedert die Covid-19-pandemie van 2020. The Grinch het in 2018 […]

Read More