Weermag sal gesondheidsfasiliteite bystaan – Phaahla

Die buurland se minister van gesondheid, Joe Phaahla, het stakende werkers van noodsaaklike dienste gewaarsku om vandag terug te keer werk toe of aanklagte van wangedrag teen hulle te verwag. Hy het gisteraand ‘n nuuskonferensie gehou en gesê die Arbeidshof se interdik verbied werkers van noodsaaklike dienste om voort te gaan met nywerheidsoptrede. Die nasionale […]

Read More

Freddy dood 100 mense in Malawi, Mosambiek

Meer as 100 mense is dood en talle ander beseer toe die tropiese storm, Freddy, vir die tweede keer binne ʼn maand deur Malawi en Mosambiek gewoed het. Malawi se regering het ʼn ramptoestand in die suidelike deel van die land afgekondig terwyl skole tot môre gesluit sal wees in tien van die distrikte wat die […]

Read More

Miljarde vir Britse weermag

Die Britse premier Rishi Sunak het aangekondig dat daar 5 miljard Britse pond op die land se verdediging bestee sal word. Hy voeg by dat voortaan, sal 2,5 persent van die land se BBP op verdediging bestee word. Die Britse weermag is volgens onlangse berigte uiters kwesbaar, veral na verskeie skenkings aan die Oekraïne. Sunak sê die wêreld raak al hoe meer […]

Read More

Kaapse regering skop vas teen EFF se optog op 20 Maart

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, veroordeel die EFF se oproep om ‘n nasionale stilstand wat vir Maandag beplan word. Hy sê die provinsiale regering neem die saak ernstig op omdat dit die ekonomie kan laat ontspoor. Winde sê hulle volg alle regsroetes om te verseker die EFF is verplig om die oppergesag van die reg te handhaaf […]

Read More

Daures-gemeenskap ruk op teen litiummyn

Plaaslike media berig dat die gemeenskappe in die Daures-kiesafdeling meen die Chinese XingFeng-myn, wat litium in die gebied ontgin, onwettig is. Die groep het opgeruk en ‘n versoekskrif aan die minister van myne en energie, Tom Alweendo, en die Tsiseb-bewaringsgebied gerig en eis dat alle aktiwiteite onmiddellik gestaak word. Die kwessie is reeds ‘n geruime tyd in die nuus en die […]

Read More

Nehawu sal interdik gehoorsaam

Die nasionale onderwys-, gesondheid- en verwante werkersvakbond, Nehawu, sê sy lede is gevra om terug te keer werk toe terwyl hy sy volgende stap oorweeg. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Arbeidshof ‘n interdik teen die staking deur Nehawu-lede toegestaan het. Die vakbond is een van die staatsdiensvakbonde wat ‘n 10 persent salarisverhoging eis. Nehawu se president, Mike Shingange, sê […]

Read More

Aukus stuur sterk boodskap aan China, Rusland

Australië gaan kernaangedrewe duikbote kry volgens ‘n ooreenkoms wat met die Verenigde Koninkryk en Amerika aangegaan is, as deel van die Aukus-vennootskap tussen die drie lande. Daar word berig dat Amerika en die Verenigde Koninkryk van 2027 af ‘n klein aantal kernaangedrewe duikbote by ‘n vloot-basis in Perth in Wes-Australië sal hou. Daarna sal Australië in […]

Read More

Voëlskou op 1 April in hoofstad

Die jaarlikse voëlskou vind op 1 April om tienuur die oggend  by die Agra/Bank Windhoek-ring by die skouterrein in Windhoek plaas. ‘n Kliniek sal ook op 31 Maart deur ‘n veearts aangebied. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van Namibiese Voëlboerdery-vereniging, Fanie Holtzhausen gepraat.    

Read More

Trump vaar, soos verwag, teen DeSantis in Iowa uit

Oudpresident Donald Trump het Iowa besoek, na Florida-goewerneur Ron DeSantis se besoek aan die deelstaat. Dinge in die Republikeinse-party raak warm en daar word verwag dat DeSantis binnekort sy kandidaatskap vir die party se presidensiële kandidaat sal aankondig. Iowa is uiters belangrik in die wedloop omdat hy eerste stem vir die verkose kandidaat wat die party in die 2024-verkiesings sal verteenwoordig. […]

Read More

Saak oor Covid-spuit vlugtig weer vanoggend in die hof

Die saak waar die Health Defence League, onder leierskap van die bekende tandarts, dr. Martin Wucher, dagvaar oor die Covid-inenting, kom vandag vlugtig voor die adjunk-regterpresident Hosea Angula voor. Die partye vra vir ‘n verdere vier weke en vra dat die saak tot 18 April uitgestel word. Wucher, saam met ander aansoekers, eis bewyse dat die Covid-entstof veilig is en erge Covid-infeksies verhoed. Hulle vra ook dat die vrywaring […]

Read More