Bester-saak: Dokter se pa kry borgtog
Die Bloemfonteinse landdroshof het die saak teen Thabo Bester se minnares, Nandipha Magudumana, en twee medebeskuldigdes tot vroeg volgende maand uitgestel vir borgtog-aansoeke. Magudumana, ‘n voormalige werknemer van die sekuriteitsmaatskappy, Sehone Matsoara, en ‘n kringtelevisie-tegnikus, Teboho Lipholo, is tans in aanhouding. Hulle staan tereg op aanklagte wat wissel van moord, bedrog en hulp met ‘n […]
Gordyn sak vir Phantom of the Opera
Die langsdurende Broadway-vertoning in die geskiedenis, The Phantom of the Opera, het na 35 jaar geëindig. Die gordyn het die laaste keer voor ‘n uitverkoopte gehoor gesak in die Majestic-teater langs Times Square in New York. Die vertoning het in 1988 geopen, ongeveer 14 000 vertonings gehad en 6 500 mense in diens geneem. Die […]
Gesondheidsministerie stel twee regulerende rade aan
Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag twee regulerende liggame op die gebied van openbare gesondheid bekendgestel. Die minister dr. Kalumbi Shangula het lede van die Namibiese Medisyne Regulerende Raad en vyfde Atoom-energieraad aangestel. Die Vyfde Atoom-energieraad is onder voorsitterskap van dr. Shitaleni Herman. Een van die funksies van die raad is om aanbevelings aan die regering […]
Zuma se wapensaak tot Augustus uitgestel
Die saak teen Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma en die Franse wapenvervaardiger, Thales, is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg tot 15 Augustus uitgestel. Regter Nkosinathi Chili neem die saak oor ná regter Piet Koen onttrek het. Koen het onttrek nadat hy sterk standpunt ingeneem het toe hy Zuma se poging om die hoofaanklaer, Billy Downer, te […]
Oos-Afrika-presidente op pad na Soedan
Die Oos-Afrika-streeksgroep, Igad beplan om so gou as moontlik die presidente van drie lidlande na Soedan te stuur as deel van pogings om gevegte tussen strydende groepe in die land te beëindig. Gevegte tussen die weermag en ‘n paramilitêre groep gaan vandag vir ‘n derde dag voort. Volgens berigte is bykans ‘n honderd mense reeds […]
Brandbestryders draf in volle mondering
Twee brandbestryders van die Stad Kaapstad het nuus-opskrifte gehaal met hulle dapper poging in die Twee Oseane-halfmarathon. Jermaine Carelse en Renaldo Duncan het die wedloop in hulle volle brandbestrydings-uitrustings aangedurf om 20 000 Suid-Afrikaanse rand in te samel vir die Volunteer Wildfire Services. Die organisasie sonder winsbejag is toegewy aan die bestryding van brande. Volgens […]
Nust steun opgradering van informele nedersettings
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het die Deelnemende Informele Nedersettings-opgraderingsprojek van stapel gestuur. Die voorgestelde alliansie sal die kapasiteit verhoog van gemeenskappe wat verblyf-sekerheid, basiese dienste en skuiling-oplossings benodig. Fase 1 van hierdie projek het in 2019 tot 2020 afgeskop en fase 2 het verlede jaar begin en sal na verwagting in 2030 […]
Kommer oor gebrek aan water in drie Noorde-streke
Drie van die vier noordelike streke maak gereed vir nog ’n erge droogte weens swak reënval. Daarom het die streeksgoewerneurs van Oshana, Omusati en Oshikoto saam met ander belanghebbendes watervlakke in die Etaka-Uuvudhiya-waterkanaal beoordeel het. Sommige gebiede is nog droog, insluitend die meeste van die oshanas. Hierdie situasie hou ‘n ernstige bedreiging in vir die […]
Waarskuwing dat verkragters hul slagoffers voorberei
Die voormalige kinder-advokaat in die ombudsman se kantoor maan ouers dat kinders gewoonlik verkrag word deur iemand bekend aan hulle. Sy het haar reaksie gegee op twee mans wat vandag in die landdroshowe van Karibib en Tsumeb verskyn nadat hulle na bewering laerskoolmeisies verkrag het. In ‘n ander voorval is ‘n 13-jarige meisie van die […]
Afrika staar stygende skuld, klimaatskrisis in die gesig
Ministers van finansies in Afrika doen ‘n beroep op internasionale instellings om die vasteland te help om aandag te gee aan sy driedubbele bedreigings wat ‘n negatiewe uitwerking op die landbousektor kan hê. Dit sluit toenemende skuld, klimaatsverandering en voedsel-onsekerheid in. Die minister van finansies van die Comore, Mze Abdou Mohamed Chanfiou, het gesê die […]