Mashaba sê Ramaphosa moet EFF-protes keer

ActionSA se leier, Herman Mashaba, raai President Cyril Ramaphosa en die regering aan om leierskap te toon en te keer dat die EFF Suid-Afrika in anargie dompel met sy planne om die land Maandag tot stilstand te probeer dwing. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê Mashaba is deur verskeie sakeleiers, insluitend verteenwoordigers van groot internasionale […]

Read More

Warmbad-inwoners moet geduldig met dienslewering wees

Die Karasburg Oos raadslid, Anseline Beukes het inwoners van Warmbad in die Karas-streek gevra om geduldig te wees met dienslewering aan die gemeenskap. Warmbad, ongeveer 50 kilometer suid van Karasburg is ‘n geskiedkundige nedersetting maar is onderontwikkeld. Daar is ongeveer 300 huishoudings met die groter meerderheid wat werkloos is. Die nedersetting het 50 toilette ontvang sowel as straatligte in die Witdrift en Rooikoppies gebied, teen ‘n koste […]

Read More

Enoch sê oor buurland se beleggingsbehoeftes

Die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, het Suid-Afrika se onmiddellike beleggingsbehoeftes te midde van die kragkrisis uiteengesit. Hy het gepraat op die tweede Finansiële Sektor-konferensie in Riaad, Saoedi-Arabië. Godongwana sê Suid-Afrika se sleutelfokus is op hernubare energie en infrastruktuur. Hy het tydens die paneelbesprekings beklemtoon daar is ‘n behoefte aan beleggings uit die privaat sektor: 

Read More

Russe sal nie hommeltuig vind nie

Rusland sê hy gaan die wrak herwin van ‘n Amerikaanse hommeltuig wat Dinsdag in die Swartsee geval het nadat dit deur Moskou se vegvliegtuie onderskep is. Amerika sê hy het die hommeltuig afgebring omdat dit nie meer kon vlieg nie, nadat ‘n Russiese vliegtuig die skroef beskadig het. Moskou ontken egter die bewerings. Die sekretaris van die Russiese veiligheidsraad, […]

Read More

Medvedev, Sabalenka deur by Indian Wells

Die vyfde gekeurde Daniil Medvedev sal in die halfeindronde van die Indian Wells Meesters sake uitspook teen die Amerikaner, Frances Tiafoe. Die Rus het Alejandro Davidovich Fokina van Spanje met 6-3 en 7-5 geklop om sy 18de agtereenvolgende oorwinning te behaal. Tiafoe het die Britse nommer een, Cameron Norrie, met 6-4 en 6-4 afgeransel om aan sy eerste ATP-meesters 1000-halfeindronde deel te neem. In die vroue-afdeling het […]

Read More

Grenswagte neem reeds aan korrupsie deel – AfriForum

AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die ontplooiing van grenswagte deur die Grensbestuursowerheid. Die burgerregte-organisasie beweer die wagte is onder twyfelagtige omstandighede ontplooi, met wetgewing wat nog nie in die Staatskoerant gepubliseer is nie. Die organisasie het ‘n versoek ingevolge die Wet op Openbare Toegang tot Inligting ingedien by die Departement van Binnelandse Sake vir besonderhede oor […]

Read More

Verkrygingsprosesse moet aandag kry

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê daar is verskeie uitdagings in Namibië se verkrygingsproses, insluitend ‘n gebrek aan mededinging, swak verkrygingskapasiteit en onvoldoende monitering en evaluering. Die instituut sê hierdie uitdagings het gelei tot beperkte toegang tot openbare kontrakte vir klein en medium ondernemings, vertragings in projekimplementering en die misbruik van openbare fondse. Volgens Frederico Links, ‘n navorser by die instituut, praat President Hage Geingob graag oor prosesse, stelsels en instellings maar, hy […]

Read More

Staking in SA is klaar, ooreenkoms bereik

Suid-Afrikaanse vakbonde in die openbare sektor het hul staking beëindig nadat ’n skikkingsooreenkoms by die bedingingsraad met die regering bereik is. Die vakbonde het ‘n loonverhoging van 10 persent geëis. Nóg die regering nóg vakbonde het die bepalings van die ooreenkoms, wat nog verwerk word, bekend gemaak. Nehawu het begin met ‘n staking wat openbare gesondheidsdienste in […]

Read More

Credit Suisse se grootte is sy uitdaging

Credit Suisse sê hy gaan tot 992,96 miljard Namibiese dollar by die Switserse sentrale bank leen om kommer oor sy finansiële toestand af te weer. Die bank se aandele het Woensdag met 24 persent tot ‘n rekord-laagtepunt getuimel nadat hy gesê het hy het swakplekke in sy finansiële verslagproses gevind. Credit Suisse, wat Europa se 17de grootste uitlener is, sê hy het beslissende stappe gedoen om sy likiditeit betyds […]

Read More

Liverpool is uitgeskakel

Liverpool is uitgeskakel by die Kampioeneliga ná ‘n totale nederlaag van 6-2 teen Reál Madrid. Die Reds het in die tweede been met 1-0 verloor by die Bernabeu in Spanje. Liverpool, wat die eerste been met 5-2 by Anfield verloor het, het ‘n wonderwerk nodig gehad om die laaste agt te haal, maar Karim Benzema se doel in die 78ste minuut het daardie droom verpletter en die heersende kampioene die oorwinning […]

Read More