Geingob: Fishrot-saak in die hande van die hof

Namibiese President Hage Geingob is tans besig om sy staatsrede in die parlement te lewer. Hy sê korrupsie word in die land aangespreek. Hy sê egter hy wil geen kommentaar lewer op die Fishrot-saak nie, want dit is nou in die hande van die hof en hy kan niks meer daaraan doen nie.

Read More

Werkloses moet opruk op Onafhanklikheidsdag

Die arbeids-aktivis Michael Amushelelo het ‘n beroep op werklose jeug in die land gedoen om op Onafhanklikheidsdag op te staan teen werkloosheid in die land. In sy mening het Swapo die land se bronne en ekonomie uitverkoop vir politieke vryheid tydens die onderhandelings vir onafhanklikheid. Hy sê die onlangse gebeure in Khomasdal toe 2 400 […]

Read More

AfriForum Jeug eis verskoning van US oor Afrikaans

AfriForum Jeug eis ʼn openbare verskoning van die Universiteit van Stellenbosch vir die skending van Afrikaans-sprekende studente se menseregte. Dit volg op ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie wat bevind het die instelling het die studente se regte geskend deur hulle te verbied om Afrikaans in koshuise te praat. Die woordvoerder van die organisasie, René […]

Read More

Uraan verdwyn spoorloos in Libië

Inspekteurs van die Verenigde Nasies soek na sowat twee-en-‘n-half ton natuurlike uraan wat spoorloos verdwyn het by ‘n regerings-terrein in Libië. Die Internasionale Atoom Energie-agentskap het kommer uitgespreek oor ‘n moontlike bestralings-gevaar wat dit inhou. Die agentskap het aan lidlande gesê tien vraghouers natuurlike uraan, wat voorheen by ‘n regerings-terrein was, word vermis. Daar word […]

Read More

Malawiese bokser hou fondsinsameling vir Freddy-slagoffers

Die Malawiese bokser, Denis Mwale, het met ʼn fonds-insamelingsveldtog begin vir die slagoffers van die tropiese storm, Freddy, in sy geboorteland. Die sportman, wat tans in Johannesburg oefen, doen ʼn beroep op plaaslike ondernemings om by te dra tot die verskaffing van kos, skuiling en ander noodsaaklikhede. Volgens Mwale is hy diep geraak deur die […]

Read More

Namibië vaar goed met ordentlike werk

Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê die pandemie het gewys hoe samelewings noodsaaklike werkers onderwaardeer, asook die belangrikheid daarvan om vir hierdie werkers ‘n sogenaamde ‘ordentlike werksomgewing’ te verskaf. Dit behels verskeie faktore van werk en is multi-dimensioneel. Kosmos 94.1 Nuus het met die oud-sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, Tim Parkhouse gesels oor hoe Namibië in die […]

Read More

Rundu: 101 dwelmsake in 28 dae

Die polisie op Rundu, wat onlangs erge uitdagings gehad het met groepe tienerseuns wat voetgangers beroof het, sê hy het in Februarie, 101 dwelm arrestasies uitgevoer. Volgens die mag is 96 van die verdagtes Namibiese burgers, twee is vanaf Angola, met een elk van die Kongo, Nigerië en Zimbabwe. Dagga ter waarde van 2,4 miljoen […]

Read More

Meer as 30 000 skoolaansoeke reeds in die Kaap ingedien

Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê die departement het nou 32 592 aansoeke vir die 2024-skooljaar ontvang. Hy sê party ouers doen by meer een skool aansoek vir hulle kinders, daarom staan die getal aansoeke wat skole in die eerste drie dae van venstertyd ontvang het op 100 980. Maynier sê die aanlyn […]

Read More

Voëlgriep in Chile – 40 000 voëls van kant gemaak

Nagenoeg 40 000 stuks pluimvee is gister in Chile van kant gemaak en begrawe nadat die land sy eerste geval van voëlgriep in ‘n nywerheidseenheid gediagnoseer het. Die hoof van dieregesondheid in die Chileense vee-agentskap, Carlos Orellana, sê die uitbreking is Maandag in ‘n aanleg van die vervaardiger Agrosuper in Rancagua in die sentrale deel […]

Read More

Swapo-leuens hou wittes weg van onafhanklikheidsvieringe

Volgende week Dinsdag herdenk Namibië sy 33ste jaar van onafhanklikheid. Die dag word jare reeds gekenmerk deur wit Namibiërs wat tuis bly en eerder braai as wat hulle die nasionale vieringe bywoon, terwyl ander etniese groepe in hul hordes by die vieringe opdaag. Volgens die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, is daar verskeie […]

Read More