Speak Jesus-gebedsbyeenkoms by WHS se Vegkop

Die bekende evangelis en geestelike skrywer Angus Buchan is die gasspreker volgende Saterdag op 25 Maart by die Speak Jesus-geleentheid in die hoofstad. Die Namibiese geestelike gemeenskap wil die byeenkoms aanbied om vir Namibië en Afrika te bid. Dit sal byna alle maatskaplike kwessies aanspreek waarmee Namibiërs te kampe het. Hierdie gebedsbyeenkoms begin om nege-uur […]

Read More

Geingob: As werklose jeug met wapens opruk…

McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisieparty, die PDM, het ná President Hage Geingob se staatsrede gesê hy het die jeug van Namibië gefaal. Die langtermyn Namibiese werkloosheidskoers van die jeug sal na verwagting vanjaar rondom 23 persent neig en 22,5 persent in 2024. Ten spyte van onlangse vordering, beklee Namibië die 117de plek […]

Read More

Hage: Geen sterftes weens hongersnood

In sy staatsrede het Namibiese President Hage Geingob die voedselkrisis bespreek en gesê dat daar nog geen gevalle van sterftes weens hongersnood in die land aangemeld is nie. Die land staar ‘n voedselkrisis in die gesig met stygende kos- en brandstofpryse, asook ‘n droogtejaar. Hy sê die regering fokus op voedsel en voeding-sekuriteit vir kinders […]

Read More

Maatreëls oor bek-en-klouseer in Zambezi-streek gelig

Die Namibiese veeartsenydienste in die landbouministerie het aangekondig dat alle maatreëls oor bek-en-klouseer in die Zambezi-streek met onmiddellike effek gelig is. Dié siekte het in die Kabbe-Suid-kiesafdeling in Oktober uitgebreek. Volgens die hoof-veeartsenybeampte, dr. Albertina Shilongo was die laaste geval op 29 November aangemeld en massa-inentings van 92 persent vir beeste teen bek-en-klouseer het gevolg. […]

Read More

SA en Tanzanië moet jeug insluit

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Tanzanië deel ‘n gemeenskaplike motivering rakende maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling. Hy het die media toegespreek by die Uniegebou in Pretoria terwyl hy gasheer is vir die Tanzaniese President, Samia Suluhu Hassan. Ramaphosa sê die jeug moet ingesluit word om ekonomiese hervorming op die vasteland te bevorder. Hy het Tanzanië […]

Read More

Krieket: Namibië vierde ná Nepal VAE klop

Krieket: Nepal het die Verenigde Arabiese Emirate met nege lopies gewen nadat skeidsregters die eendagwedstryd weens swak lig gestop het. Nepal skuif op om derde te eindig in die IKR Wêreldbeker Liga Twee-reeks en gaan voort na die IKR Wêreldbeker-kwalifikasie in Zimbabwe wat in Junie begin. Namibië eindig vierde en sal eers moet speel om […]

Read More

Nuwe Khomas-distrikshospitaal beplan

Namibiese President Hage Geingob het tydens sy staatsrede in die parlement die gebrek aan staatsgesondheidsgeriewe getakel. Hy het aangekondig dat ‘n nuwe hospitaal met 300 beddens, die Khomas-distrikshospitaal vir vanjaar beplan word. Hy sê dit sal die toestroming na die Katutura- en Windhoek Sentraal-staatshospitale verminder.

Read More

Staatsrede: BoN werk aan transformasie van finansiële sektor

Namibiese President Hage Geingob het tydens sy staatsrede in die parlement geskerts dat hy die titels van die opposisiepartye sal verander. Hy voeg by dat finansiële uitsluiting ‘n uitdaging bly in landelike gebiede en vir mikro-, klein en medium-ondernemings..  Geingob sê die Bank van Namibië werk tans aan ‘n nuwe finansiële sektor.

Read More

Alweendo: Olie en gas ‘n seën, nie ‘n vloek

Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo sê deursigtigheid en ‘n sterk beleids-omgewing sal verseker dat Namibië se olie- en groenwaterstof-potensiaal ‘n seën eerder as ‘n vloek is. Alweendo sê die land se natuurlike hulpbronne moet volhoubaar bestuur word om toekomstige geslagte te bevoordeel. Hy het vandag die korporatiewe sektor by die Namibiese […]

Read More

SA organisasies veroordeel EFF se stilstand

ʼn Groep organisasies sê die nasionale stilstand wat die EFF vir Maandag beplan, maak inbreuk op die grondwetlike regte van Suid-Afrikaners wat teen die verset-optrede gekant is. Volgens ʼn verklaring deur wyle oudpresident Nelson Mandela se voormalige private sekretaresse, Zelda la Grange, moet die subtiele vorms van intimidasie deur die EFF, insluitende die verwysing na […]

Read More