Henties-man steek homself per ongeluk dood
Die 32-jarige Dino Boois is Saterdag op Hentiesbaai dood na hy homself per abuis in die been met ‘n mes gesteek het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het Boois en ‘n kollega skaak gespeel maar daar was ‘n misverstand en die twee het begin baklei. Boois het sy okapi-mes uitgehaal en die kollega het […]
Cosatu sal vanjaar fokus op hoër minimumloon
Die Congress of South African Trade Unions sê hy sal voortgaan om te druk vir ‘n hoër minimum-loon vir werkers. Die vakbondfederasie het Werkersdag in die Vrystaat gevier, en die 20ste herdenking van die tragiese heengaan van 51 munisipale werkers op die eerste Mei in 2003 gehuldig. Cosatu se president, Zingiswa Losi, sê hul fokus […]
Voedselonseker Namibiërs styg met 136 000 in 90 dae
Die Wêreldvoedselprogram monitor die voedselgebaseerde hanteringstrategieë in verskeie streke in die land en sê dinge lyk uiters kommerwekkend. Net meer as 95 persent van voedsel-onseker gemeenskappe kom uit ‘n handvol streke in die land wat Omusati op 29 persent insluit, sowel as Kavango Oos op 26 persent, Kavango Wes op 24 persent, Oshikoto op 23 […]
Beurtkrag: Fases vier en op, die week
Eskom sê weens die vertraging in die herstel van nege opwekkingseenhede, sal die fases van beurtkrag dié week uitgebrei word. Fase vier word vanaf vyf-uur vanoggend tot vier-uur vanmiddag ingestel, waarna fase ses tot Woensdagoggend om vyf-uur sal geld. Dié skedule sal tot Donderdagoggend voortduur. Eskom se woordvoerder, Menzi Mngomezulu, het met die media gepraat.
First Republic se sakeredding sal markte stabiliseer
Die amper-ineenstorting van die First Republic Bank in San Fransisco wat ter elfder uur deur JPMorgan Chase & Company se aankoop beredder is, wek kommer oor stabiliteit in finansiële markte. Dit is die derde bank wat struikel in twee maande. Die bekende beleggingsekonoom in Suid-Afrika, Dawie Klopper sê dit behoort nie ‘n wesenlike impak op […]
Oekraïnse magte sê teenaanval is amper gereed
Die Oekraïne sê planne vir ‘n langverwagte aanval teen Russiese magte is byna voltooi. Die aanval sal ondersteun word deur wapens en militêre toerusting wat deur die Weste voorsien word. Dit volg nadat Rusland gister opnuut missielaanvalle in Oekraïne uitgevoer het en waarin 34 mense beseer is. Spoorweginfrastruktuur en ‘n ammunisie-depot is beskadig. Vrydag is […]
Gas en olie in Namibië: Nes opsitkers, moet ons versigtig vennote kies
Almal vry na Namibië veral nou met groen-waterstof, en die olievonds wat aflandig ontdek is. Maar, Namibië het nie die kundigheid of die tegnologie om werklik beheer oor die bronne te behou nie. Beleggers sal na die land stroom maar, daar moet versigtig omgegaan word met die ooreenkomste om te verseker dat Jan Alleman voordeel […]
Keniaanse pastoor erken 15 sterftes, sê polisie is ingelig
Keniaanse godsdienstige leier Ezekiel Odero het erken dat 15 mense gesterf het tydens sy “geestelike ingrype” op dieselfde plek waar meer as 100 lyke op die plaas van ‘n ander geestelike leier gevind is. Odero word aangehou as deel van ‘n operasie deur die veiligheidsmagte teen verskeie Christelike sektes, na die ontdekking van meer as […]
JPMorgan neem First Republic oor
First Republic Bank is verkoop aan JPMorgan Chase & Company. Die bank sal die meeste van First Republic se bates en al sy deposito’s oorneem. JPMorgan was een van verskeie banke wat gebie het om First Republik oor te neem. Owerhede sê die deposito-versekeringsfonds sal sowat 13 miljard Amerikaanse dollar beloop. First Republic, wat in […]
20 000 kom bymekaar vir Kaapse Comic-Con
Afrika se grootste popkultuur- en speletjie-fees het by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum tot ‘n einde gekom. Comic Con-woordvoerder, Carol Weaving, sê die fees is die afgelope naweek vir die eerste keer in die Moederstad aangebied, waar strokiesprent-aanhangers en speletjie-entoesiaste, aantrekkompetisies, speletjie-arenas, die jongste in die speletjie-wêreld, rolprent-aanbiedings en -animasie beleef het. Weaving sê die fees […]