Louwarm pogings om voedselhulp aan verarmede gemeenskappe te lewer

Reaksie word ontvang op berigte dat inwoners van die Ehirovipuka-bewaringsgebied self hul pad na Opuwo toe moet maak om voedselhulp te haal. Die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die verantwoordelikheid berus by die streeksraad om die kos te versprei, haar kantoor verskaf dit net. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

Numsa sê ANC het Eskom in die grond in bestuur

Die buurland se metaalwerkersvakbond Numsa sê die ANC se obsessie om wit-monopolie-kapitaal te akkommodeer het gelei tot die vernietiging van staatsondernemings soos Eskom. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die doelbewuste verlamming van die kragvoorsiener deur die regering het gelei tot voortslepende beurtkrag en die voortydige sluiting of afskaling van maatskappye wat ook afleggings […]

Read More

Amerikaners sê 20 000 Russe dood in afgelope 5 maande in oorlog

Die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsraad het bekend gemaak daar is die afgelope vyf maande meer as 20 000 Russiese soldate dood en meer as 80 000 beseer in gevegte in Oekraïne. Die meeste het in dodelike loopgraaf-oorlogvoering by die stad Bakhmut gesterf. Moskou het herhaaldelik beweer die stad is op die rand van oorgawe. Die raad […]

Read More

Nampol sê hy het nie ‘toestemming’ vir vandalisme gegee nie…

Die Namibiese polisie op Oshikuku sê dat gevangenes onwettig en opsetlik staatseiendom beskadig het. Twee selhekke, ‘n seldeur en ‘n betonbankie in ‘n aanhoudingsel, met ‘n beraamde waarde van 66 000 Namibiese dollar, is beskadig. Die polisie se misdaadverslag maak melding daarvan dat die saakbeskadiging sonder sy toestemming plaasgevind het en dat die verdagtes aan […]

Read More

Cyril bieg oor ongelykheid, armoede in buurland

President Cyril Ramaphosa sê armoede, werkloosheid en ongelykheid kan net aangespreek word indien die drieparty-alliansie voortgaan om te bestaan. Die president erken baie moet nog gedoen word om die land se maatskaplik-ekonomiese uitdagings op te los. Ramaphosa sê hy glo die drieparty-alliansie, insluitend Cosatu en die SAKP, is die beste geplaas om op werkers se […]

Read More

Pa verkrag blykbaar sy dogter vir 2 jaar, sy’s 17 en swanger

Klagtes van verkragting en bloedskande is teen ‘n 40-jarige Namibiese man op Tsintsabis gelê nadat hy na bewering sy 17-jarige biologiese dogter herhaaldelik tussen 2020 en 2022 verkrag het. Nadat sy swanger geraak het, het hy blykbaar vir haar opdrag gegee om ‘n kêrel te soek en hom as pa identifiseer. Hy het haar ook blykbaar met […]

Read More

Popcru verwelkom nuwe beamptes by Gauteng-polisie

Die Polisie en Gevangenisse Burgerregte-vakbond, Popcru, sê die aanstelling van 4 000 misdaadvoorkomingsbewaarders by verskillende misdaadbrandpunte in Gauteng sal die polisie help om misdaad te verminder en te voorkom. Die inisiatief van 40 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat deur premier Panyaza Lesufi bekendgestel is, sal die opgeleide bewaarders hand aan hand sien werk om te help met gemeenskaps-patrollering teen misdaad, insluitend verkragting, geslagsgeweld en moord. Die vakbond se […]

Read More

VN onttrek nie voedselbystand in Sudan nie

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het sy besluit van twee weke gelede, om hom aan Sudan te onttrek, omgekeer, en het bedrywighede in die oorloggeteisterde land hervat. Meer as 500 mense is dood tydens gevegte tussen die weermag en paramilitêre teenstanders, die Rapid Support Forces. Meer as 15 miljoen mense het voor die heersende konflik ernstige voedselonsekerheid in Sudan in die gesig gestaar. Die Wêreldvoedselprogram se uitvoerende direkteur, […]

Read More

Dit sal die hele dag reën

Talle gebiede in die land is vanoggend gegroet met heerlike reënweer. Volgens Odilo Kgobetsi van die Windhoek-weerkantoor, is die donderbuie redelik wydversprei en behoort die hele dag te duur. 

Read More

Helfte van SA se bevolking lewe op broodlyn

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, sê weens werkloosheid en armoede het misdaad in die land tot skrikwekkende vlakke gestyg. Meer as 30 miljoen Suid-Afrikaners leef onder die boonste broodlyn van 1 417 Suid-Afrikaanse rand, en 80 persent van die bevolking besit slegs 20 persent van die land se rykdom. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die regering moet meer doen om werkloosheid te […]

Read More