VN-verslag: Rusland oortree menseregte  

‘n Nuwe verslag van die Verenigde Nasies oor menseregte het bevind dat Russiese magte onoordeelkundige en buite verhouding groot aanvalle op Oekraïne uitgevoer het. Dit sluit in martelings en moorde wat kan neerkom op oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Die verslag is opgestel in opdrag van die Menseregte-raad in Genève. Die slotsom is dat […]

Read More

Wêreld-Vleilanddag en Wêreld-Waterdag herdenk

Wêreld-Vleilanddag en Wêreld-Waterdag word vandag amptelik in Windhoek herdenk. Namibië is ‘n droogtegeteisterde land en moet sy waterhulpbronne bewaar. Die Namibiese ministerie van landbou, NamWater en die Nust herdenk dié dag saam met Unesco. Ndiyakupi Nghituwamata uitvoerende direkteur in die landbouministerie het die hooftoespraak namens minister Calle Schlettwein gelewer.

Read More

Vierde fase van Presidensiële Jeug Werkverskaffing-inisiatief in Oos-Kaap uitgestel

‘n Lid van die Oos-Kaapse Departement van Onderwys, Mahlubandile Qwase, het verskoning gevra vir die oponthoud in die verwerking van aanstellings in die vierde fase van die Presidensiële Jeug Werkverskaffing-inisiatief. Dit is weens die onlangse staking in die staatsdiens. Die departementele woordvoerder, Vuyiseka Mboxela, versoek kandidate en skole wat onlangs dokumente ingedien het vir aanstellings, […]

Read More

Nabta gesels oor taxi-wangedrag

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging Pendapala Nakathingo sê hulle ontvang verskeie klagtes van pendelaars oor tariewe, onverskillige gedrag op die pad, en taxi-bestuurders wat kliënte beroof. Hy sê waarskuwings word uitgereik en daar word op klagtes gereageer. Hy verduidelik.

Read More

Staatlose mense bly in die nuus

Staatlose mense in Namibië was onlangs in die nuus. Nou volg berigte dat daar gemeenskappe is wat reeds 20 jaar in Namibië woonagtig is en steeds geen dokumente het nie. Een so ‘n gemeenskap is die Ovazemba-gemeenskap aan die buitewyke van Opuwo in die Kunene-streek. Lede van dié groep het tydens die burgeroorlog in Angola […]

Read More

30-jaar oue beelde van Venus toon vulkaan

’n Vars ontleding van radarbeelde wat meer as 30 jaar oud is, het nuwe bewyse opgelewer wat aandui dat Venus, Aarde se planetêre buurman, tans vulkanies aktief is met uitbarstings en lawavloei. Navorsers sê die beelde toon dat ‘n vulkaniese opening ongeveer 1,6 kilometer breed op die Venus-oppervlak uitgebrei en van vorm verander het oor ‘n […]

Read More

Alonso hoop op goeie vertoning die naweek

Hierdie naweek se Saoedi-Arabiese Grand Prix is die tweede ronde van die Formule Een-seisoen. Die eerste wedren is oorheers deur die Red Bulls, maar die verrassing was die vaart van Aston Martin se veteraan-jaer, die Spanjaard Fernando Alonso. Na sy podium-posisie in Bahrein sê Alonso hy kan nie wag om te sien hoe sy motor […]

Read More

Vermeende stropers, Namibiërs, sal Maandag verskyn

Daar is meer inligting bekend oor die wrede geval van stropery naby Dordabis. Twee Namibiese mans is in hegtenis geneem is nadat hulle twee swartrenosters, ‘n koei en haar kalf, gestroop het. Die kalfie was ‘n skamele vier dae oud en is met ‘n byl doodgemaak. Die polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Silas Shipandeni sê die twee sal […]

Read More

Mosiehof: Min sake, maar baie groot skuld

Die hoeveelheid sake op die mosiehof-rol vanoggend was relatief min met ‘n totaal van 78 aansoeke om verstekvonnisse met net 32 wat deur kommersiële banke gebring is. Daar was ook net tien reël 108 aansoeke. Maar, terwyl die rol klein was, was die bedrae uiters groot. ‘n Totaal van 34,6 miljoen Namibiese dollar word op […]

Read More

Pendukeni sê Onafhanklikheid moet herdenk word, dis uiters belangrik

Daar word kritiek uitgespreek uit talle sektore oor die fondse wat bestee word op Onafhanklikheidsvieringe. Kommentaar sluit in dat die fondse baie beter benut kan word, veral met die uitdagings in die land, maatskaplik en meer. Kosmos 94.1 Nuus het met die veteraan Swapo-politikus, en oud-Plansoldaat, Pendukeni Iivula-Ithana, sê die herdenking van die dag is […]

Read More