Namibiese eierprodusente in die knyp

Die jaarlikse inflasiekoers in Namibië het in Februarie tot 7,2 persent gestyg, die hoogste in ses maande, vanaf 7 persent in die vorige maand. Plaaslike eierprodusente voel die knyp van die styging in pryse. Rene Wentscher, ‘n plaaslike eierprodusent, sê as pryse aanhou styg, dit beslis ‘n impak op eierpryse sal hê. Die eierprodusente het […]

Read More

AfriForum kry hofbevel teen Gautengse premier

AfriForum het ʼn hofbevel in die hooggeregshof in Johannesburg bekom om die skikking wat met die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, bereik is, ʼn bevel van die hof te maak. In die skikking spreek Lesufi sy berou uit oor sy vals bewerings teen die burgerregte-organisasie en trek aantygings terug dat hulle hom probeer vermoor en […]

Read More

Internasionale Strafhof reik arrestasiebevel teen Putin uit

Die Internasionale Strafhof het vandag ‘n bevel van inhegtenisneming teen die Russiese President Vladimir Putin uitgereik en hom daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir oorlogsmisdade wat in die Oekraïne gepleeg is. Die IKR het in sy eerste lasbrief gevra dat Putin in hegtenis geneem word weens die vermoede van die onwettige deportasie van kinders […]

Read More

Trevor Noah wen Nederlandse prys

Die Suid-Afrikaanse komediant en voormalige aanbieder van The Daily Show, Trevor Noah, het die gesogte Nederlandse Erasmus-prys gewen. Noah is die eerste komediant wat met die eerbewys bekroon is sedert Charlie Chaplin in 1965. Die Praemium Erasmianum-stigting sê die 39-jarige het die prys ontvang vir sy bydrae tot die tema In Praise of Folly, vernoem […]

Read More

Fokus nou op sonneblomproduksie

Die Namibiese Akkerbouprodusente-vereniging nooi produsente uit om hul jaarlikse ledevergadering en inligtingsdag op 4 en 5 April by te woon. Die tema vir hierdie jaar is “Alternatiewe gewasse met spesiale fokus op sonneblomme in ‘n herlewingsboerdery-stelsel.” Die doel is om bewustheid te skep van die voordele van wisselbou met sonneblomme. Die geleenthede vind op die […]

Read More

Gholf: Tsumeb-speler kwalifiseer vir nóg toernooie oorsee

Gholf: Die graad 12-leerder van Tsumeb Gimnasium, Xavier Schreuder, wat die eerste Namibiër ooit sal wees wat aan die Kampioen van Kampioene Wêreldtoernooi vir junior amateurspelers in Noord-Ierland mee te ding, het nog ‘n internasionale uitnodigings gekry. Die 18-jarige Schreuder het ook gekwalifiseer vir die Callaway Wêreld-kampioenskappe in Kalifornië in die VSA. Dit vind plaas […]

Read More

Heineken het groot planne vir NBL

Namibia Breweries Limited, NBL, het ‘n bedryfswins van sowat 288,98 miljoen Namibiese dollar vir die ses maande geëindig 31 Desember 2022 gerapporteer, ‘n daling van byna een persent vergeleke met dieselfde halfjaar in 2021. Die bier-reus het totale inkomste van byna 2,4 miljard dollar, ‘n toename van 20,6 persent op ‘n jaargrondslag. NBL sê die […]

Read More

TransNamib-hoof sluit aan by Grindrod Rail  

Grindrod Rail in Suid-Afrika het aangekondig dat hy die voormalige uitvoerende hoof van TransNamib, Johny Smith vanaf 1 April as sy uitvoerende hoof aangestel het. Die Engelse staatsdagblad New Era berig dat hy in besit is van dokumente wat toon dat TransNamib ‘n salaris van 2,4 miljoen Namibiese dollar aan Smith aangebied het om nog […]

Read More

Valke begin met korrupsie-ondersoek van Eskom

Die Valke het begin om bewerings van grootskaalse korrupsie by Eskom te ondersoek na ‘n strafsaak wat verlede maand deur die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, geopen is. Bosa het ‘n vergadering met die eenheid aangevra om praktiese stappe te bepaal wat met die ondersoek kan help. Die party en ander entiteite […]

Read More

Namibië hou Sondag biddag vir reën

‘n Biddag vir reën is vir Sondag 19 Maart regoor Namibië aangekondig. Die uitvoerende raad van die Namibiese Landbou-unie doen ’n beroep op alle boere om op hul plase voor te gaan in aanbidding hierdie Sondag. Droogte staar Namibiese boere in die gesig nadat die tropiese sikloon Freddy weervoorspellings dat hierdie jaar ’n La Niña-jaar […]

Read More