Rugby: Bulle verloor wéér

Rugby: Die Bulle het hul sesde agtereenvolgende nederlaag gely met gisteraand se Curriebeker-nederlaag van 41-33 teen die Westelike Provinsie op Loftus Versfeld. Die provinsie se losskakel Kade Wolhuter het 26 punte aangeteken, maar Clayton Blommetjies se briljantheid het hom die speler van die wedstryd-toekenning besorg. In Mbombela het die Pumas hul vertoning van 63-15 teen […]

Read More

Lang tronkstraf vir Krylov, Engelbrecht

Die Rus Alexander Krylov en die Namibiër Anna Engelbrecht wat skuldig bevind is op verskeie aanklagte van verkragting en mensehandel waarby vyf tienermeisies betrokke is, is in die Windhoekse hoërhof tronkstraf van onderskeidelik 35 jaar en 25 jaar opgelê. Regter Claudia Claasen het die 62-jarige Russiese burger Krylov tot effektiewe tronkstraf van 35 jaar gevonnis […]

Read More

Nersa: Eskom-tariewe styg wel met 18,65% in April

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het bevestig ‘n verhoging van 18,65 persent in Eskom se tariewe vir die volgende boekjaar word op 1 April ingestel. Nersa sê hy het Eskom se hersiene aansoek vroeër hierdie maand vir ‘n verhoging van slegs tien persent vir arm huishoudings goedgekeur. Die reguleerder sê munisipaliteite sal vanaf Junie ‘n […]

Read More

Nie so maklik om Putin in hegtenis te neem

‘n Ekonomiese kenner sê die Internasionale Strafhof se bevel van inhegtenisneming teen Russiese President Vladimir Putin is ‘n interessante wending. Die hof het Putin daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir oorlogsmisdade wat in die Oekraïne gepleeg is. Die hof het geen magte om verdagtes in hegtenis te neem nie, en kan slegs jurisdiksie uitoefen […]

Read More

Copps 94.1: Dwelmhandelaars besig

Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment en Engen Eureka Service Station. JP Nel was op grondvlak in die hoofstad.

Read More

Reho Meat Processors wil uitvoer-abattoir vestig

Dit is die voorneme van die eienaar van Reho Meat Processors om die abattoir by Rehoboth uiteindelik op te gradeer na ‘n A-klas uitvoer-abattoir, gemik op die Namibiese Wagyu-uitvoermark. Dit volg na die Vleisraad in November verlede jaar die aansoek om registrasie van die abattoir goedgekeur het. Intussen word gesertifiseerde Wagyu-beesvleis by Reho Meat Processors […]

Read More

Dr. Riaan Eksteen gee reaksie op Putin se arrestasiebevel

‘n Politieke kenner en oud-ambassadeur het sy reaksie gegee oor die Internasionale Strafhof wat vandag ‘n bevel van inhegtenisneming teen Russiese President Vladimir Putin uitgereik het. Die IKR het Putin daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir oorlogsmisdade wat in die Oekraïne gepleeg is. Die IKR het in sy lasbrief gevra dat Putin in hegtenis […]

Read More

Outa maan oor verhoogde eiendomsbelasting

Die Organisasie teen Belastingmisbruik het ‘n waarskuwing aan Suid-Afrikaanse eiendoms-eienaars gerig om hulle voor te berei vir ‘n moontlike onaangename verrassing met hul munisipale rekenings weens verhoogde eiendomsbelasting. Dit volg nadat duisende eiendomseienaars in Ekurhuleni, Gauteng, onkant betrap is deur eiendomsbelasting wat in sommige gevalle met tot 2 000 persent verhoog is. Julius Kleynhans van […]

Read More

Rugby: Bulle teen WP op Loftus

Rugby: Die tradisionele Noord/Suid-mededinging hervat vanaand wanneer die Bulle die Westelike Provinsie pak in die Curriebeker-kompetisie, hierdie keer op Loftus Versfeld in Pretoria. Die tuisspan is onder druk ná die verdedigende kampioen, die Pumas hulle met 63-15 vermorsel het in verlede naweek se eerste ronde. Die besoekers het die Leeus omvattend geklop met 44-28. Sondag […]

Read More

Wes-Kaapse ouers kan gerus wees oor protes-aksie

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het vandag bevestig dat skole op Maandag 20 Maart gesluit sal wees aangesien dit ‘n skoolvakansiedag is. LUR David Maynier sê sy departement is bewus van kommer wat geopper is oor die moontlike impak van die beweerde nasionale stilstand wat vir Maandag deur die EFF beplan is. Hy sê ouers hoef dus […]

Read More