SA lughawens hou Maandag by skedules

Die Lughawens-maatskappy van Suid-Afrika het bevestig al die lughawens in die land sal Maandag by hul gewone skedules hou. Dit is ten spyte van die EFF se planne om ‘n nasionale stilstand te hou oor beurtkrag en om te eis dat President Cyril Ramaphosa bedank. Acsa het die besluit geneem om voort te gaan met […]

Read More

Italië wil droogtehulp instel

Die Italiaanse regering oorweeg wetgewing wat hom in staat sal stel om droogtehulp ter waarde van 7,8 miljard euro beskikbaar te stel. Ná talle droë winter-weke bestaan vrese dat die land verdere droogte tegemoet gaan. Minder as die helfte van die normale sneeuval op die Alpe, en lae watervlakke in rivier en mere is volgens […]

Read More

Kaapstadse Karnaval bring bring klank en kleur

Die strate van die Moederstad sal vandag weer gevul wees met klank en kleur wanneer die Kaapstadse Karnaval se eerste straatparade sedert 2019 na sy klassieke formaat terugkeer. Meer as 1 600 kunstenaars gaan die kern vorm van dié feestelikheid. Hulle sluit Stad Kaapstad se brandbestryders in. Die stad sê met agt vlotte en lewensgrootte […]

Read More

Swapo wen ver in Okaku-tussenverkiesing

Die Swapo-kandidaat het ver gewen in die tussenverkiesing van die Okaku-kiesafdeling in die Oshana-streek. David Fillipus het meer as twee derdes van die stemme in die tussenverkiesing gekry. Hy het 3 195 uit ‘n totaal van 4 463 stemme behaal. Die aantal bedorwe stembriewe was 22. Die IPC-kandidaat Sakaria Jacob het tweede gekom met 852 […]

Read More

Hof-uitspraak oor EFF-stilstand vandag

Die hooggeregshof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die DA en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Eiendoms-eienaars se afsonderlike interdik-aansoeke om beskerming teen die EFF se nasionale stilstand. Die interdikte vra die hof om EFF-lede daarvan te weerhou om Maandag onwettig in te meng by lede van die publiek, of enigiemand te teister of aan te […]

Read More

Gift of the Givers help Malawi ná Freddy

Terwyl Malawiërs treur oor honderde mense wat dood is nadat sikloon Freddy hulle land getref het, het Gift of the Givers ‘n hulppakket van vyf miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die land aangekondig. Die stigter van die organisasie, Imtiaz Sooliman, sê die jongste beskikbare syfers dui aan dat minstens 324 mense gesterf het, byna 800 is […]

Read More

Krieket: Geen reën voorspel vir eendagwedstryd tussen SA en Windies

Krieket: Geen reën word vandag in Oos-Londen verwag nie waar die tweede eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en die Windies vanmiddag op Buffalopark sal plaasvind. Dit volg nadat Donderdag se eerste kragmeting op dieselfde veld uitgereën het sonder dat ʼn enkele bal geboul is. Dit het die hele dag onafgebroke gereën en daar is nie eens geloot […]

Read More

Nipam-hoof geskors

Die uitvoerende direkteur van die Namibiese Instituut vir Publieke Administrasie en Bestuur, Nipam, Maria Nangolo, is uit haar pos geskors. Dit is deur die instelling se beheerraadsvoorsitter, George Simataa, aangekondig. In ‘n kennisgewing aan Nipam-personeel het Simataa die aanstelling van Sankwasa Mubita as die waarnemende uitvoerende direkteur van die instituut aangekondig. Simataa het nie die […]

Read More

SANW sal polisie bystaan in landwye stilstand

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal landwyd militêre steun verskaf in ʼn poging om enige soort geweld te voorkom gedurende Maandag se landwye verset, wat deur die EFF gereël is. Volgens die hoof van die SANW, Rudzani Maphwanya, sal Operasie Prosper, wat deur die provinsiale gesamentlike operasionele en intelligensiestrukture beheer word, die SAPD van vandag af […]

Read More

Turkye keur Finland se Navo-aansoek goed

Turkye sê hy het met die proses begin om Finland se aansoek vir lidmaatskap van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie te bekragtig. Turkye het Finland se aansoek tot nou toe teengestaan, omdat die land volgens Turkye terroriste gesteun het. Finland, ‘n buurland van Rusland, en Swede het verlede jaar aansoek gedoen om tot die organisasie toegelaat te […]

Read More