Schlettwein is in New York vir VN-waterkonferensie

Namibië neem deel aan die Verenigde Nasies se 2023 Waterkonferensie in New York. Die byeenkoms is deel van ‘n groter hersiening vir die implementering van water en sanitasie doelwitte tot en met 2028. Die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko, sê die Namibiese afvaardiging word gelei deur die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila saam met minister Schlettwein. Die twee het reeds Sondag […]

Read More

Onbekend of Bester, die Facebook-verkragter dood is of nie

Die Departement van Korrektiewe Dienste in Suid-Afrika sê hy kan nie enige gevolgtrekkings maak oor of die berugte Facebook-verkragter, Thabo Bester, dood of lewendig is nie. Die departement het verlede jaar aangekondig Bester het in sy sel in die Mangaung-privaatgevangenis in die Vrystaat doodgebrand. Maar onlangse foto’s op sosiale media toon ‘n man wat net soos Bester […]

Read More

Mosie van wantroue teen Macron en kie

Die Franse regering staar vandag ‘n mosie van wantroue in die gesig nadat President Emmanuel Macron ‘n ongewilde besluit oor die pensioenouderdom deurgevoer het sonder dat die parlement daaroor gestem het. Daar word berig opposisiepartye se leiers het twee mosies van wantroue ingedien omdat die regering omstrede uitvoerende magte gebruik het om die ouderdom vir staatspensioen van 62  na 64 […]

Read More

Wika skop die naweek af…

Die gewilde Wika-karnaval vind die naweek in Windhoek plaas. Alhoewel die fees ‘n bekende Duitse tradisie is, word dit deur talle in Namibië met sy diverse kulture gevier. Vanjaar se Wika-karnaval sal op Vrydag 24 Maart met die Prinzenbal afskop waartydens die prinsepaar gekies sal word. Daarna sal die verskillende feesvieringe tot 1 April voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het met die […]

Read More

Ramaphosa het gemaan oor wetstoepassing vandag

Die Presidensie in die buurland sê dit sal vandag sake wees soos gewoonlik vir President Cyril Ramaphosa, te midde van die EFF se nasionale wegbly-aksie. Die party het sakeondernemings gedreig en gesê hulle moet sluit om plundering te vermy. In ‘n media-inligtingsessie in Pretoria het die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, gesê, Ramaphosa het wetstoepassingsagentskappe opdrag gegee om […]

Read More

Outapi trek voordeel uit 21 Maart-herdenking

Namibië se 33ste Onafhanklikheidsdag word amptelik môre by die Olufuko-sentrum op Outapi herdenk. Plaaslike media berig dat die 15 gastehuise op Outapi reeds verlede week vol bespreek was. Besighede is verheug oor die vieringe omdat dit broodnodige besteding in die plaaslike ekonomie bewerkstellig. Talle van die akkommodasie-instansies sê dat terwyl besoeker-getalle sedert Covid opgetel het, was dit nog nie so besig nie. Organiseerders […]

Read More

Nasionale stilstand – EFF loop ‘n groot risiko

Daar is ‘n politieke risiko aan die EFF se planne om die land vandag tot stilstand te bring. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. Die party eis dat beurtkrag gestaak word en dat President Cyril Ramaphosa bedank. Silke sê indien daar min reaksie is ná die verwagting wat geskep is, sal dit die EFF se eie bohaai […]

Read More

Amper 500 dood in Malawi weens Freddy 

Die Malawiese owerheid het bevestig die tropiese sikloon Freddy het minstens 447 lewens geëis en meer as 362 000 mense ontwortel. Die land se Departement van Rampbestuursaangeleenthede het onthul meer as 900 mense is beseer en 282 word steeds vermis. Die Malawiese president Lazarus Chakwera sê ramptoestande is in die oostelike  distrikte van Zomba en Machinga verklaar. Hy sê ook buitelandse hulp begin die land […]

Read More

Baldwin se oorwinning ‘beteken die wêreld’ 

Matthew Baldwin van Engeland het sy eerste DP World Tour-titel opgeraap toe hy die SDC Championship op St. Francis Links in die Oos-Kaap met sewe houe gewen het. Die 37-jarige speler het vier onder 68 in die laaste ronde behaal om ver voor die Spanjaard, Adri Arnaus, te eindig wat tweede is. Jaco Ahlers is die Suid-Afrikaner wat die beste gevaar het. […]

Read More

Jou skoolkind en daggakoekies

Die Namibiese polisie maan leerders en ouers teen daggakoekies wat by skole of op straat verkoop word. Daggakoekies kom in verskillende vorms en in sjokolade- en vanieljegeure voor om jeugdige klante te lok. Dit lyk soos enige ander koekies en daggakoekies kan nie sommer uitgeken word nie. Die jeug en hoërskoolleerders is die hoofteikens. Nampol-woordvoerder hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê aan Kosmos 94.1 Nuus verdagtes teiken die jeug en hoërskoolleerders.    

Read More