Vragverbod steeds in plek, miljoene word verloor
Kosmos 94.1 Nuus is ingelig dat die verbod op vragvervoer steeds in plek is by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en dat die verbod reeds ‘n maand duur. Dit, ten spyte van die feit dat die Lughawensmaatskappy se hoof uitvoerende beampte Bisey /Uirab Vrydag aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig het dat die verbod gelig is […]
Geingob moet eers teken voor toelaes verhoog word
Begunstigdes van die kwesbare kindertoelaag en die oumenspensioen sal nog ‘n tydjie moet wag voor die verhogings van 100 Namibiese dollar elk intree Die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad het reeds die begroting bekragtig maar, President Hage Geingob as ‘n wet afteken. Die woordvoerder van die Nasionale Vergadering Rafael Hangula verduidelik.
Esau was sy hande oor oorbetaling van regeringsgeld aan regsfirmas
Oudvisseryminister en Fishrot-beskuldigde Bernhardt Esau getuig om die oomblik in sy borgaansoek in die hoërhof. Deel van die saak handel oor oorbetalings van miljoene Namibiese dollar aan twee regsfirmas, DHC van voortvlugtige Maren de Klerk en Sisa Namandje. Staatsadvokaat Clive Lutibezi is besig met die ondervraging van Esau, wat sy hande gewas het oordie hele […]
Bekende stem op Kosmos 94.1 Nuus oor energiesake, Ted Blom, sterf
Die bekende Suid-Afrikaanse energiekenner Ted Blom, wat gereeld met Kosmos 94.1 Nuus oor die jare sy insig gedeel het, is oorlede na ‘n jarelange stryd teen kanker. Blom se familie het sy afsterwe vroeër vandag aangekondig. Hy was alombekend vir sy insig in die energiebedryf ook in Suid-Afrika en het ʼn groot bydrae gelewer met […]
Arbeidskenner sê oor tegnologie en werk in die toekoms
Plaaslike reaksie word ontvang op die jongste verslag van die Wêreld Ekonomiese Forum toon dat makro-ekonomiese neigings en tegnologiese vooruitgang steeds arbeidsmarkte ontwrig. Die verslag voorspel dat 83 miljoen poste teen 2027 uitgeskakel sal word weens die toenemende gebruik van tegnologie en verhoogde digitale toegang. Die verslag voorspel ook dat 69 miljoen nuwe werkgeleenthede geskep […]
Covid onder beheer op Lüderitz
Die hoof mediese beampte in die Karas-streek, Ife Ofunne, het aan plaaslike media bevestig dat Covid in Lüderitz onder beheer is. Dit kom na kommer oor sewe nuwe gevalle wat in ‘n week net voor die Kreeffees bevestig is. Volgens Ofunne is vyf van die gevalle gesondheidswerkers en twee is inwoners van die dorp. Al […]
SA dien sy kinderverslag vandag by AU in
Suid-Afrika sal sy vandag sy tweede periode verslag oor die regte en welsyn van kinders lewer voor die 41ste gewone sitting van die Afrika-Unie se komitee van kenners. Talle Afrika-lande sal na verwagting ook hulle verslae indien oor hulle vordering met die bewusmaking van kinderregte in hulle onderskeie lande. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se […]
Groot landbou-uitstalling in Marokko
Die 15de aanbieding van die Internasionale Landou-uitstalling in Marokko, algemeen bekend as die SIAM, het in Meknes afgeskop. Die jaarlikse landbouskou – een van die grootstes in Afrika en die Midde-Ooste – verenig meer as 850 000 besoekers en afvaardigings van 60 lande. Van die voorste maatskappye in die landboubedryf, asook die sektore landbou-, voedsel- en […]
Al die pasiënte by Baragwanath het hul kos ontvang
Die Gautengse LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal het nie genoeg verkoelingsgeriewe gehad om tred te hou met die voedselbehoeftes van pasiënte nie. Die LUR het die hospitaal besoek om haar te vergewis van die jongste stand van sake betreffende onlangse voedseltekortkwessie wat by die hospitaal ondervind […]
Metcalfe vaar uit teen verstekvonnisse deur banke teen huiseienaars
Metcalfe Beukes Prokureurs van Walvisbaai het ‘n brief aan die Bank van Namibië se goewerneur, Johannes !Gawaxab gestuur namens talle huiseienaars wat weens ernstige ekonomiese omstandighede wat veroorsaak is deur Covid-19 en finansiële agteruitgang in Namibië gedwing is om in gebreke te bly met betalings wat verskuldig is. Richard Metcalfe sê die sentrale bank moet […]