Stad Kaapstad belê in energie-oplossings
Die Stad Kaapstad het pogings uiteengesit om tot vier fases van beurtkrag te verminder deur gebruik te maak van tegnologiese innovering onder die burgemeester se prioriteits-program oor energie. Die stad het belê in energie-oplossings, soos onafhanklike kragaankope, battery-berging, sonenergie en die kraghelde-program. Die burgemeesters-komiteelid vir energie, Beverley van Reenen, het in haar toespraak tydens Africa […]
Namibiese landboukenner sê of vleispryse gaan daal
‘n Namibiese landboukenner het sy reaksie gegee op skaapvleis-uitvoere wat in die eerste drie maande van 2023 met 270,6 persent gestyg het, hoofsaaklik as gevolg van toenemende produksie-hoeveelhede. Meer as 158,63 ton skaapvleis is volgens die Vee- en Vleisbedryfs-verslag van die Vleisraad van Namibië na Suid-Afrika uitgevoer, en byna 60 ton na Noorweë. Die invoer […]
Gebrek aan leierskap by SA Maritieme Veiligheidsowerheid
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid staar leierskaps-probleme in die gesig en is word beskuldig van verkwistende uitgawes. Samsa het sedert Mei 2016 nie ‘n permanente uitvoerende hoof nie en talle bestuurders is in waarnemende posisies. Die woordvoerder van Outa, Rudie Heyneke, doen ‘n beroep op die parlement se portefeuljekomitee oor Vervoer […]
14-jarige skiet agt leerders in Belgrado dood
‘n Veertienjarige seun het agt leerders en ‘n veiligheidswag by ‘n laerskool in die Serwiese hoofstad Belgrado doodgeskiet. Sy onderwyser en nog ses kinders is in die aanval gewond. Die polisie het die graad-7 leerder kort na die skietery in hegtenis geneem. Volgens ooggetuies het die kind sy onderwyser eerste geskiet en daarna op die […]
SA Rugby monitor rehabilitasie van Kolisi
Rugby: SA Rugby sê hulle monitor die rehabilitasie van die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, na ‘n operasie aan sy regterknie as gevolg van ʼn besering gedurende ʼn onlangse wedstryd in die Verenigde Rugby-kampioenskap. Kolisi is Vrydag geopereer. Die spandokter van die Springbokke, Jerome Mampane, sê dit is te vroeg om enige betroubare vooruitskatting te maak oor […]
Thieme sê Heineken se aankoop van NBL is nuwe hoofstuk vir handelsmerk
Die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme, sê Heineken se verkryging van Namibia Breweries is nie die einde van ‘n era nie en inteendeel, dit is die begin van nuwe hoogtes vir die handelsmerk. Thieme het gepraat nadat Heineken die aankondiging gemaak het en gesê het die nuwe maatskappy sal bekendstaan as Heineken […]
Mediese studente word nie op stam gekies nie
Die Namibiese minister van hoër onderwys Itah Kandjii-Murangi sê al hoe meer matrikulante doen aansoek by Unam se mediese skool. Sy het gereageer op aantygings dat studente volgens stamme in die land gekies word. Daar word jaarliks 70 studente ingeneem en volgens die minister, het daar vanjaar 1 428 aansoeke gekom waarvan net 337 aan […]
Kaapstad skryf 55 000 boetes uit tydens langnaweek
Die Stad Kaapstad se Verkeersdiens, Metropolisie en Wetstoepassingsdepartemente het 358 verdagtes gearresteer en meer as 55 000 boetes uitgereik tydens die weeklikse wetstoepassingsoptredes. Die Openbare Noodkommunikasiesentrum het oor die langnaweek meer as 2 900 noodoproepe hanteer wat klagtes oor 194-gevalle van fisieke aanranding ingesluit het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê beamptes […]
Texas-man wat 5 bure skiet, in hegtenis geneem
‘n 38-jarige man wat daarvan verdink word dat hy verlede week vyf van sy bure in ‘n skietery in Cleveland, Texas, vermoor het, is ná ‘n soektog.in hegtenis geneem. Die verdagte wat uitgeken is as Francisco Oropesa word daarvan beskuldig dat hy vyf mense, insluitend ‘n negejarige seuntjie, vermoor het ná ‘n argument oor sy […]
So lyk die gevare van kunsmatige intelligensie
Kunsmatige intelligensie is in die nuus nadat die pionier daarvan, dr. Geoffrey Hinton bedank het by Google oor kommer oor die gevare daarvan. Hy meen dat kunsmatige intelligensie die mensdom kan uitwis en streng regulasies moet internasionaal daargestel word. Maar, die miernes is reeds oopgekrap omdat wetenskaplikes, enige plek in die wêreld verder daarop sal […]