Daar’s meer in die lewe as net tennis – Djokovic

Novac Djokovic was nie toegelaat om na die VSA te reis om aan toernooie deel te neem nie omdat hy nie teen Covid ingeënt is nie. Amerika het steeds die maatreël in plek. Hy het eksklusief met CNN gepraat en sê hy het geen spyt nie en meen daar is meer aan die lewe as net tennis. 

Read More

Ramokgopa: Beurtkrag kan tot ‘n einde gebring word

Die nuwe minister van elektrisiteit in die buurland, Kgosientsho Ramokgopa, sê hy is vol vertroue dat beurtkrag deur gesamentlike pogings tot ‘n einde gebring kan word. Hy het die Kusile-kragstasie in Emalahleni, Mpumalanga, besoek as deel van sy landwye toer na 14 kragaanlegte. Hy het die Kriel- en Duvha-aanlegte Maandag besoek. Ramokgopa sê hy is bewus gemaak van ‘n aantal tegniese […]

Read More

Brent sal vanjaar teen US$80 ‘n vat verhandel

‘n Bekende ekonoom gee sy reaksie oor die Brent ruolie-prys wat tans onder druk is. Dit het met amper 12 persent verlede week teruggesak. Die prys reageer op die oomblik op die bankkrisisse in Europa en die VSA. Die Amerikaanse reserwebank sal ook na verwagting vandag sy rentekoers met 25 basispunte opstoot wat die dollar verder sal versterk en olie afdwing. Opul vergader weer […]

Read More

Eerste reaksie op Phala Phala-verslag

Die African Transformation Movement het bevestig dat hy sy reaksie op die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, se voorlopige Phala Phala-verslag ingedien het. Die verslag spreek President Cyril Ramaphosa vry van enige verkeerde optrede wat die inbraak in Februarie 2020 op sy plaas in Limpopo betref. Die verslag het bevind bewerings dat die president die Etiese […]

Read More

Boris moet vanmiddag oor Partygate antwoord gee

Die voormalige Britse premier Boris Johnson het toegegee dat hy die parlement mislei het oor partytjies by Downingstraat 10 tydens die Covid-19 pandemie, maar sê hy het dit nie opsetlik of roekeloos gedoen nie. Die voorregtekomitee van die Laerhuis het Dinsdag Johnson se verweer gepubliseer, wat ingedien is ná ‘n ondersoek om te bepaal of hy die Parlement oor […]

Read More

Navratilova is kankervry

Die legendariese speler Martina Navratilova sê sy is kankervry, byna vier maande na sy aangekondig het sy is met keel- en borskanker gediagnoseer. Die Tsjeggies-Amerikaner het ‘n totaal van 59 Grand Slam-titels in enkel- en dubbelspelwedstryde verower en word beskou as een van die beste spelers van alle tye. Navratilova, wat in 1981 ‘n Amerikaanse burger geword het, is in 2010 met […]

Read More

Bankwese in SAOG is veerkragtig – kenner

Professor Jannie Rossouw van die Wits Sakeskool is van mening dat die krisis in bankwese wat tans in die VSA en in Switserland voorkom, nie sal oorspoel na die SAOG-streek nie. In sy mening is toesighouding en die strukturele bankstelsel in Suid-Afrika en die res van die streek uiters stabiel en banke is ook goed gekapitaliseer. 

Read More

Olie daal, SA-verbruikers sal petrolprys verligting hê… wat van ons?

Suid-Afrikaanse motoriste kan in April ‘n mate van petrolprys-verligting sien namate wêreldwye oliepryse daal. Die jongste brandstof-data dui op ‘n kleiner styging in April se petrolprys van ongeveer 8 sent per liter. Dit is baie laer as aan die begin van die maand toe ‘n verhoging van 56 sent per liter in die vooruitsig was. […]

Read More

Amushelelo en kie staar verskeie klagte in die gesig

Die arbeidsaktivis Michael Amushelelo, sy mede NEFF-lid Dimbulukeni Nauyoma en die PDM se parlementslid Inna Hengari word op verskeie klagte sedert Dinsdagoggend aangehou. Volgens die Namibiese polisie het die drie wetgewing oor openbare byeenkomste oortree, openbare geweld aangehits, staatseiendom kwaadwillig beskadig toe ‘n polisievoertuig met klippe bestook is, minagting van die hof en die skending […]

Read More

Uraan: Geingob sal binnekort span na Leonardville stuur

Daar word berig dat President Hage Geingob binnekort ‘n span na Leonardville sal stuur om ondersoek in te stel en met rolspelers te vergader in verband met uraanontginning. Volgens Geingob is dialoog die antwoord. Die Russiese Uranium One se eksplorasie staan op die oomblik stil omdat landbouminister Calle Schlettwein hul boorpermit onttrek het. Hy het herhaaldelik sy kommer oor die waterbronne in die Stampriet-bekken uitgespreek. Uranium One het die twee ander nodige permitte, […]

Read More