Misdaadkenners: Polisiebeamptes se wapenopleiding onvoldoende
Kommer bestaan oor ontplooide polisiebeamptes in die buurland wat vuurwapens hanteer. Misdaadkenners is bekommerd die voorbereidingstydperk van vier maande was nie genoeg nie. Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die 4 000 misdaadvoorkomings-beamptes ontplooi, wat die provinsie se misdaad-brandpunte sal patrolleer om wetstoepassing te versterk. Die misdaadkenner en strategiese ontleder, Andy Mashaile, meen egter […]
Serwiese skoolskieter (13) se ouers gearresteer
Die Serwiese President Aleksandar Vučić sê die 13-jarige seun wat agt leerders en ‘n sekerheidswag in ‘n laerskool vermoor het, sal in ‘n psigiatriese inrigting geplaas word. Nog ses leerders en ‘n onderwyser is in die aanval gewond. Die polisie sê die verdagte het twee van sy pa se gewere vir die skietery gebruik en […]
Tennis: Alcaraz deur na halfeindstryd van Madrid Ope
Tennis: Carlos Alcaraz het soos verlede jaar weer na die halfeindronde van die Madrid Ope deurgedring. Die 19-jarige Spanjaard het Karen Khachanov van Rusland 6-4, 7-5 verslaan in sy verdediging van die titel. ‘n Oorwinning in Madrid sal beteken dat hy die posisie van die wêreld se nommer-een-speler weer by die Serwiër Novak Djokovich oorneem. […]
Justisieminister beklemtoon beskerminging van intellektuele eiendomsregte
Die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab, het die belangrikheid van samewerking in Afrika beklemtoon om doeltreffende beskerming en afdwinging van intellektuele eiendomsregte te verseker, om by te dra tot die vestiging van ‘n bevorderlike sake-omgewing. Sy het Namibiërs versoek om hul werk, insluitend handelsmerke, patente en kopiereg, te registreer om dit teen vervalsing te […]
SAPD oor die kole gehaal oor swak vuurwapenregister
Die buurland se voorsitter van die parlement se polisiekomitee, Tina Joemat-Pettersson, het die polisie oor die kole gehaal omdat daar nie ‘n funksionele digitale vuurwapenregister is nie. Die komitee het twee jaar gelede ‘n toesigbesoek aan die sentrale vuurwapenregister se kantoor in Pretoria gedoen. Dit is waar vuurwapenlisensie-aansoeke en -hernuwings ingedien en verwerk word. Die […]
Amerikaanse rentekoerse styg met kwart-punt
Die Federale Reserweraad het Woensdag eenparig gestem om rentekoerse met ‘n kwart-punt te verhoog, die tiende rentekoersverhoging sedert die Amerikaanse sentrale bank in Maart verlede jaar sy stryd teen inflasie begin het. Die stap kom te midde van voortdurende weerloosheid in die banksektor wat deels deur hoër rentekoerse veroorsaak is, en na die ineenstorting van […]
Sokker: Haaland teken rekord-doelskoppe aan
Sokker: Manchester City se doelskopper, Erling Haaland, het die Premierliga se rekord vir die meeste doelskoppe in ‘n enkele seisoen verbeter. Die Noorweër het sy 35ste liga-doel van die seisoen aangeteken en daarmee Alan Shearer en Andrew Cole se vorige rekord van 34 verbeter. City het West Ham met 3-0 afgeransel om bo-aan die punteleer […]
Oud-ombudsman huldig kinders van Cassinga
Namibië herdenk vandag Cassingadag met die verrigtinge wat vanoggend om nege-uur by die Helde-akker in Windhoek sal plaasvind. Deel van die geskiedenis van Cassingadag is die 430 beseerde en wees- en weerlose kinders wat na Oos-Duitsland gestuur is na die Cassinga-slagting in Mei 1978. Hulle is na die destydse Duitse Demokratiese Republiek gestuur ingevolge ‘n […]
SA hoop om Putin-kwessie voor Brics-beraad uit te klaar
President Cyril Ramaphosa glo steeds dat die kwessie oor die besoek van die Russiese President, Vladimir Putin, aan Suid-Afrika vóór die Brics-beraad in Augustus in Durban uitgeklaar sal word. Die Internasionale Strafhof het ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik weens oorlogmisdade. Suid-Afrika sal as ondertekenaar van die Statuut van Rome verplig wees om Putin in […]
Oekraïnse President ontken sluipmoordaanval op Putin
Oekraïne se President Volodymyr Zelensky het Rusland se bewerings dat sy land agter ‘n sluipmoordaanval op President Vladimir Putin was, ten sterkste ontken. Die Kremlin sê hommeltuie het Woensdag Putin se woning in sentraal Moskou geteiken, maar hy was toe nie daar nie. Rusland bestempel dit as ‘n beplande terreurdaad en ‘n sluipmoordaanval op die […]