Rugby: John Plumtree rig weer Haaie af

Rugby: Die direkteur van rugby van die Haaie, Neil Powell, het vandag die terugkeer van die voormalige afrigter van die span, John Plumtree, aangekondig. Hy keer terug as hoof-afrigter van die senior span. Plumtree sal bygestaan word deur die ervare Dave Williams, wat ook as hulp-afrigter na die Haaie terugkeer. Powell word nou weer voltyds […]

Read More

Aktivis: Werkloosheid, armoede vererger

Na meer as 33 jaar van onafhanklikheid in Namibië, is dit duidelik dat armoede, ongelykheid en werkloosheid vererger het, wat die jeug se protes teen werkloosheid ontketen het. Armoede is een van die grootste uitdagings wat baie gemeenskappe in Namibië in die gesig staar en die dorp Okahandja in die Otjozondjupa-streek is geen uitsondering nie. […]

Read More

Geskorste Openbare Beskermer se hofsaak slurp geld op

Die  waarnemende Suid-Afrikaanse Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, sê hulle sal nou ‘n begrotings-oorskot van die 2021/2022-boekjaar gebruik om die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se regskoste vir die laaste skof van ampsklag-ondersoek te betaal. Mkhwebane se regskoste vir die ondersoek is aanvanklik op 4,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand beraam, maar die rekening beloop reeds 30 miljoen […]

Read More

Oekraïne skiet 18 Russiese hommeltuie af

Oekraïne se ministerie van verdediging sê hy het 18 van die 24 kamikaze-hommeltuie wat Rusland vroeër vanoggend in die hoofstad Kiëf gelanseer het, neergeskiet. Terselfdertyd het ‘n hommeltuig ‘n olie-raffinadery in die suide van Moskou getref en ‘n deel daarvan aan die brand gesteek. Die brand is geblus en geen ongevalle is aangemeld nie. Die […]

Read More

Rugby: Bulle moet drie wedstryde wen om VRK-titel in te palm

Rugby: Dit is Saterdag in Kaapstad ʼn herhaling van die eindstryd in verlede jaar se Verenigde Rugby-kampioenskap wanneer die Stormers die Bulle in ʼn kwarteindstryd pak. Een van die spanne sal uitgeskakel word en die verdedigende kampioen, die Stormers, word as die gunsteling beskou aangesien die Bulle sewe nederlae in alle kompetisies gely het teen […]

Read More

Geingob benadruk ekonomiese bevryding vir Namibië

President Hage Geingbo het tydens die 45ste herdenking van Cassingadag beklemtoon Namibië moet sy pogings verdubbel om die oorwinning te behaal in die tweede stryd vir ekonomiese bevryding van alle Namibiërs. Hy sê net soos die vryheidstryd moet die tweede stryd gelei word deur dieselfde gees van eenheid van doelwitte en kameraadskap as Een Namibië […]

Read More

Godongwana: Opposisiepartye is kleinlik oor gryslys

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, het opposisiepartye gekritiseer oor hulle politieke kleinlikheid in plaas daarvan om oplossings te bied. Hy het gepraat in die lig daarvan dat Suid-Afrika poog om van die Finansiële Aksie Taakspan se gryslys af te kom. Die land is in Februarie op die gryslys geplaas omdat hy nie genoeg […]

Read More

Russiese missiele op Oekraïne afgevuur midde Zelensky se besoek aan Den Haag

Nog ‘n vlaag Russiese missiele is vanoggend op Oekraïne afgevuur, met berigte van ontploffings in die hoofstad, Kiëf en die suidelike stede Zaporizjzjia en Odesa. Dit volg nadat Rusland Oekraïne van ‘n hommeltuig-aanval op die Kremlin beskuldig het. Volgens Rusland was dit ‘n poging om die Russiese President Vladimir Putin te vermoor. Die President van […]

Read More

Namibiese swemspan ryg medaljes in by Cana in Luanda

Die Namibiese swemspan het reeds op die eerste dag  van die Afrika Swem-federasie se Cana-kampioenskappe altesaam 24 medaljes verower. Volgens die Namibiese Swem-federasie is twee Namibiese rekords ook gebreek. Oliver Durand het sy eie rekord in die 800 meter vryslag vir seuns tussen 15 en 16 jaar oud verbeter. Ainoa Nakosho het ‘n nuwe rekord in […]

Read More

Operasie Genesis trek 30 Angolese in Oshikoto vas

Die Namibiese polisie in die Oshikoto-streek het meer as 30 Angolese burgers in aanhouding geneem en verskeie verkeersboetes uitgereik sedert die begin van Operasie Genesis. Die operasie het ten doel om misdaad en padongelukke in die streek hok te slaan en die handhawing van wet en orde in dorpe en landelike gebiede te verskerp. Die […]

Read More