Namibiese damvlakke laer as verlede jaar

Kommer heers oor Namibiese damme weens die gebrek aan reën. Damvlakke staan tans gesamentlik op 69,7 persent teenoor verlede jaar se 84,8 persent. Water word steeds vanaf die Swakoppoort en Omatako-dam na die Von Bachdam gepomp. Die Swakoppoort se vlak staan op 76,4 persent en Von Bach op 28,7 persent. Die Von Bachdam was verlede […]

Read More

Energieminister besoek kragstasies landwyd

Die nuwe Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramakgopa, glo infrastruktuur-gebreke is die hoof-oorsaak van die land se energie-krisis. Hy is op ‘n agt daagse beoordelingstoer na al die kragstasies in die land. Ramakgopa sê die meeste van die probleme by die kragstasies is tegnies van aard en nie verwant aan korrupsie nie.

Read More

Ondersoek na verspreiding van nuus op digitale platforms

Die Mededingingskommissie in die buurland gaan begin ondersoek instel na hoe inhoud van nuusmedia op digitale platforms versprei word. Dit volg nadat reguleerders in Amerika, Brittanje, Kanada en Australië reeds probeer het om tegnologie-reuse te dwing om vir inhoud te betaal. Die kommissie se woordvoerder, Siyabulela Makunga, het gesê hulle gaan probeer vasstel hoe nuus-uitgewers […]

Read More

VSA waarsku teen antibiotika-bestande swam

Die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -Voorkoming het ‘n waarskuwing uitgereik oor die onmiddellike bedreiging vir openbare gesondheid wat die swam, Candida auris, inhou. Alhoewel dit onskadelik is vir gesonde mense, hou dit ‘n ernstige gevaar in vir kwesbare pasiënte. Sommige stamme van die swam is bestand teen antibiotika. Die sentrums monitor die verspreiding van […]

Read More

Bekroonde skrywer vergeet nie sy Namibiese wortels  

Die Namibies-gebore bekroonde skrywer Zirk van den Berg het weer ‘n boek gepubliseer wat in Namibië afspeel. Geheim van die gruwelsand speel onder meer in die Sperrgebiet in die Tweede Wêreldoorlog af. Resensente beskryf die boek as een van die heerlikste verbeeldingsvlugte. Van den Berg wat in Nieu-Seeland woon, besoek Namibië gereeld vir sy navorsing […]

Read More

Krieket: Eagles speel eerste wedstryd in Windhoek teen VSA  

Krieket: Ses spanne gaan van 26 Maart tot 5 April in Windhoek meeding in hul hoop om hul plek na Zimbabwe in Junie te bespreek vir die IKR Wêreldbeker-kwalifikasie. Die Richelieu Eagles skop eerste op 26 Maart teen die VSA op die Wanderers-krieketvelde af. Namibië is tans vierde op die ranglys in die Liga Twee-reeks […]

Read More

PDM eis onmiddellike vrylating van aktiviste

Die amptelike opposisieparty in Namibië, die PDM, eis die onmiddellike vrylating van drie aktiviste. Een is hul parlementslid, Inna Hengari, asook  Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma gearresteer. Die party sê 21 Maart 2023 is inderdaad ‘n hartseer dag in Namibië se geskiedenis nadat die drie tydens die nasionale betoging teen werkloosheid in hegtenis geneem. Die […]

Read More

BOSA: Werkskepping bo welsyn

Build One South Africa doen ‘n beroep op die regering om werkskepping bo welsyn vir die armes te stel. Die pleidooi volg nadat President Cyril Ramaphosa tydens sy Menseregtedag-toespraak aangekondig het dat 18 miljoen burgers maatskaplike toelaes ontvang, vergeleke met 2,5 miljoen in 1999. Bosa se leier, Mmusi Maimane, glo om mense van werk en […]

Read More

Duitse polisielid tydens klopjag op verregses gewond

‘n Duitse polisielid is gewond tydens ‘n klopjag wat deel is van ‘n ondersoek in sewe state na die verregse Reichsbürger-beweging. Die Duitse polisie het verlede jaar gesê hulle het ‘n beplande gewelddadige staatsgreep deur lede van dié beweging gefnuik. Die groep wou blykbaar ‘n afstammeling van die Duitse koninklike familie as nasionale leier van […]

Read More

Windhoek is sonder slangvangers

Daar is geen slangvangers meer in Windhoek nie. Namibian Marshal Ranger Sean Naude sê hy het vandag verneem dat nog ‘n slangvanger wat slange in Windhoek red en verwyder, nie meer die dienste aanbied nie. Dit laat Windhoek met geen slangvangers meer om die publiek te help nie. Naude sê as ‘n persoon wat dit […]

Read More