Kapings wek kommer by die polisie

Die Namibiese polisie waarsku lede van die publiek dat die kaping van motors toeneem en dat kriminele verskeie metodes gebruik om die misdaad uit te voer. In die jongste voorvalle, veral in die Noorde, word versperrings in die pad geplaas wat bestuurders noodsaak om te stop. Daar was ook ‘n voorval waar ‘n bestuurder met […]

Read More

Phala Phala-waarheid sal wel uitkom – Steenhuisen

Die Nasionale Vergadering het die DA se mosie verwerp vir die instelling van ‘n ad-hoc-komitee om bewerings van wangedrag teen President Cyril Ramaphosa te ondersoek. Dit hou verband met die diefstal by sy Phala Phala-plaas in Limpopo in 2020. ‘n Totaal van 204 parlementslede teen die mosie gestem, terwyl 135 ten gunste daarvan gestem het. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die waarheid […]

Read More

Rusland kan nie net wegkom met oorlog nie – Blinken

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê indien Rusland toegelaat word om Oekraïne binne te val sonder om gestraf te word, gaan dit moontlike aggressors aanmoedig en tot ‘n wêreld van konflik lei. Hy het by ‘n subkomiteeverhoor van die senaat gepraat. Blinken sê China se politieke en materiële ondersteuning aan Rusland druis in teen Washington se belange. Hy […]

Read More

Eagles is gereed for volgende reeks

Die Namibiese krieketspan is gereed om op 26 Maart teen die VSA op die Wanderers-krieketvelde in Windhoek uit te draf. Ses spanne gaan van tot 5 April meeding in die hoop om hul plek na Zimbabwe in Junie te bespreek vir die IKR Wêreldbeker-kwalifikasie. Die vier ander spanne is die Verenigde Arabiese Emirate, Papua Nieu-Guinee, Kanada en […]

Read More

SA-busoperateurs is nie gedreig nie – minister

Die buurland se vervoerminister, Sindisiwe Chikunga, ontken bewerings dat sy busoperateurs gedreig het om besprekings om EFF-ondersteuners na verskeie gebiede aan te ry vir Maandag se betogings, te kanselleer. Die leier Julius Malema sê die party het meer as ‘n miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee om busse te huur om sy ondersteuners te vervoer, maar busoperateurs het hulle dienste ter elfder ure onttrek. Hy beskuldig die minister van sabotasie. Die […]

Read More

Amushelelo en kie sal vandag verskyn

Die regsman van die omstrede arbeidsaktivis, Michael Amushelelo, Kadhila Amoomo sê sy kliënt, en NEFF-lid Dimbulukeni Nauyoma sowel as PDM-LP Inna Hengari sal na verwagting vandag in die hof verskyn om formeel aangekla te word op verskeie klagtes. Amoomo het Woensdag gepoog om borg vir die drie te kry maar, was onsuksesvol. Intussen het die PDM ook skerp gereageer op die arrestasie van sy parlementslid. Die party se sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe het aan Kosmos […]

Read More

Okh-inwoners ruk weer op volgende week

Dit blyk dat uitdagings wat Namibiërs in die gesig staar nie binnekort iets van die verlede sal wees nie. Protes-optogte blyk die manier te wees om Namibiërs se ontevredenheid te wys. Kort ná die inhegtenisneming van drie jong aktiviste wat vir jeugwerkloosheid betoog het, belowe die gemeenskap van Okahandja om nie op te gee in hul stryd […]

Read More

Sakesiklus in SA daal

Die voorste sakesiklus-aanwyser in Suid-Afrika het in Januarie met ‘n verdere 0,1 persent gedaal. Die aanwyser gee ‘n aanduiding van hoe die plaaslike ekonomie binne die volgende ses- of twaalf-maande kan presteer. Die Reserwebank sê agt uit die tien beskikbare komponent-tydreekse het afgeplat, terwyl die oorblywende twee toegeneem het. Standard Bank se senior ekonoom, Elna Moolman, sê behalwe beurtkrag is daar verskeie ander faktore wat tot […]

Read More

Histeriese video’s van Trump wat gearresteer word, oral op die internet

Fop-foto’s en -video’s van die voormalige Amerikaanse president Donald Trump wat in hegtenis geneem word, het soos ‘n veldbrand versprei. Die stigter van die oopbron ondersoekende joernalistiekgroep Bellingcat, Eliot Higgins, het die beelde deur middel van kunsmatige intelligensie geskep. Die skreeusnaakse, dramatiese prente wys hoe Trump deur wetstoepassers getakel word, hoe hy van die beamptes wegvlug, in trane uitbars […]

Read More

Klagtes oor korrupte Nampol-beamptes

Namibiërs het hulle nog altyd sterk uitgespreek oor gevalle waar ‘n polisiebeampte omkoopgeld sou vra in ruil daarvoor om ‘n klag of boete te laat vaar. In die meeste gevalle sal polisiebeamptes die omkoopgeld  in kontant verkies, want daar is geen spoor van die onwettige transaksie nie. ‘n Luisteraar het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê […]

Read More