
Myasthenia Gravis-stigting plaaslik gevestig - October 23, 2023
Myasthenia Gravis is ‘n chroniese outo-immuun neuromuskulêre siekte wat swakheid in die skeletspiere veroorsaak. Corachia Ockhuizen, stigter van Myasthenia Gravis Stigting van Namibië, stel die organisasie op die 28ste Oktober in Windhoek aan die Namibiese publiek bekend. Die doel is om die publiek meer bewus te maak van wat die siekte is, sowel as om ondersteuning aan diegene wat ly, sowel as hul […]
Oud dwelmhoof reageer op Namibiese vrou Hongkong-tronk - October 23, 2023
‘n Middeljarige Namibiese vrou is volgens berigte in Hong Kong in hegtenis geneem nadat doeane-beamptes by die stad se lughawe 2 kilogram kokaïen in haar handsak gekry het. Die dwelms, wat glo in vals kompartemente versteek was, is sowat 5,2 miljoen Namibiese dollar werd. Die vrou het volgens die doeane-diens vanaf Windhoek na Hong Kong gevlieg via Addis Abeba […]
Kripto-beskuldigdes blykbaar onwettig aangehou - October 23, 2023
Prokureurs van tien Chinese burgers, een Ugandees, ‘n Kubaan, ‘n Angolese burger en ‘n Namibiër sê hulle kliënte word onwettig aangehou. Die groep is vas na twee klopjagte in die luukse Klein Windhoek en Auashills woonbuurte in ‘n vermeende kripto-bedrogspul. Die regslui sê die klagstaat is verkeerd en die groep is op 3 Oktober gearresteer […]
Groep Chinese vang vis, om lewendig te vervoer, by Oanob - October 23, 2023
Onwettige visvang in Namibië is ‘n groeiende kommer in die noordelike gebiede, by die Von Bach-dam en in die Kavango-streek langs die rivier. Gevalle van onwettige visvang is ook onlangs deur Christie Benade, besturende direkteur van die oord by die Oanobdam, wat 100 kilometer suid van Windhoek geleë is, by die visserye-ministerie aangemeld. Benade sê […]
Reaksie op Hage se Brussel-reis, vir groen-waterstof - October 23, 2023
Die eerste Europese Unie-Namibië Groen Waterstof en Kritieke Grondstowwe Besigheidsforum begin eersdaags in Brussel, België. President Hage Geingob, wat die forum bywoon op uitnodiging van die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, is reeds in België. Hy is geskeduleer om op 27 Oktober na Namibië terug te keer. Hierdie besoek volg kort […]
Skande oor USB, HCSB wat belê in Chinese vervaardigers wat ietermagô-dele gebruik - October 23, 2023
Internasionale nuusagentskappe berig drie gelyste Chinese medisyne-vervaardigers, waarin internasionale banke soos UBS en HSBC beleggings het, gebruik dele van bedreigde spesies in hul produkte. Die Londen-gebaseerde Environmental Investigation-agentskap het globale beleggers aangemoedig om hulle beleggings in die Beijing Tong Ren Tang-groep, Tganjin Pharmaceuticals en Jilin Aodong Pharmaceutical-groep te onttrek. Die drie is deel van 72 […]
Israel verskerp lugaanvalle op Gaza - October 23, 2023
Israel se weermag het gewaarsku dat hy sy lugaanvalle op Gaza verskerp. Die weermag het ʼn moskee in die stad Jenin aan die Wesoewer gebombardeer en drie mense is in die lugaanval dood. Palestynse media berig Israelse vegvliegtuie het vroeg vanoggend bomme naby drie hospitale in die Gazastrook laat val. Geen sterftes is aangemeld nie. […]
Nida, Naute-skema en NamPower – dinge lyk maar sleg - October 23, 2023
Die Namibiese Nywerheidsontwikkelingsagentskap, bekend as Nida, staar kritiek in die gesig oor ‘n voortdurende elektrisiteitsonderbreking by die Nautedam-besproeiingsplaas. Die plaas is glo al vir minstens twee weke sonder elektrisiteit weens skuld van 4 miljoen Namibiese dollar by NamPower, wat dadel-produkte ter waarde van miljoene blootstel aan die risiko om te verrot in die afwesigheid van […]
Een vas met ietermagô-vel - October 23, 2023
Die onwettige jag van wild of beskermde spesies ken blykbaar geen einde nie. ‘n 35-jarige man is Vrydagmiddag met die vel van ‘n ietermagô gearresteer tydens polisie-optrede by die Time Square winkelsentrum in Ondangwa. Volgens die misdaadverslag sal die verdagte in die Ondangwa landdroshof verskyn op ‘n klag van besit van beheerde wildprodukte.
Onduidelikheid oor skorsing van Mashatile se 8 BBP-manne - October 23, 2023
Die Nasionale Polisiekommissaris van die buurland, Fannie Masemola, het onsekerheid uitgespreek oor die huidige werkstatus van die agt geskorste BBP-beskermingsbeamptes van adjunkpresident Paul Mashatile. Hulle is reeds drie maande lank geskors, nadat hulle na bewering in ‘n video betrap is waar hulle drie Suid-Afrikaanse Nasionale Weermaglede, wat in opleiding is, op die N1-hoofweg in Johannesburg […]