
Olieprys daal, ekonomiese syfers vertoon swak - October 5, 2023
Oliepryse het vanoggend effe gestyg van rondom 84 Amerikaanse dollar na net bo 86 dollar ‘n vat na Opul en sy vennote produksie besnoeiings in plek gehou het vir Oktober, maar dit het weer teruggesak na rondom 85 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die kommoditeit het met meer as 7 persent in die afgelope sewe dae […]
Reën bring verligting in droogte geteisterde Oos-Kaap - October 5, 2023
Die Departement van Water en Sanitasie in die buurland sê die onlangse reënval het groot verligting gebring van die langdurige droogte wat die Algoabaai-gebied in die Oos-Kaap ondervind het. Die reën het damvlakke tot so ‘n mate laat herstel dat die Kougadam selfs die eerste keer sedert 2015 oorgeloop het. Die woordvoerder van die departement, […]
Just Stop Oil onderbreek Le Mis op West End - October 5, 2023
Brittanje se Just Stop Oil hou nie op nie. ‘n Opvoering van die gewilde musiekblyspel Les Miserables in die West End in Londen is deur lede van die Britse omgewingsdrukgroep ontwrig. Die aktiviste van Just Stop Oil het op die verhoog gestorm en hulself aan die stel vasgeketting, waarna die ouditorium ontruim is. Die polisie […]
Landbou-innovering onder die loep - October 5, 2023
Bank Windhoek bied ‘n landboureeks-geleentheid aan op die 19de Oktober. Die reeks stel kundiges in hul veld in staat om hul kennis met diegene wat in die landbousektor werk en belangstellendes te deel, om by te dra tot die sektor se toewyding en dryfkrag. Die reeks betrek die publiek by landbou-innovasie, die maksimalisering van produksie, […]
Reaksie op verwerping van sanitêredoekie-wet in NV - October 5, 2023
Swapo-parlementariërs het Woensdag ‘n private lede wetsontwerp uitgestem wat die gratis verspreiding van sanitêre produkte aan minderbevoorregte skoolmeisies wou implementeer. Duisende skoolmeisies wat nie sanitêre doekies kan bekostig nie, word gedwing om maandeliks vir ‘n paar dae tuis te bly en nie skool toe te gaan nie. Faustina Caley, adjunkminister van onderwys, het opgestaan en die wetsontwerp […]
Die wêreld word te vinnig, te baie, warm - October 5, 2023
Wetenskaplikes is uit die veld geslaan deur die groot styging in die gemiddelde temperatuur vir September. Die Copernicus-klimaatsveranderingsdiens, bekend as C3S, het bevestig die wêreld se gemiddelde lugtemperatuur op die aardoppervlak was verlede maand 16,38 grade Celsius. Dit is 0,93 grade bo die September-gemiddeld oor die vorige 20 jaar en 0,5 grade warmer as die vorige warmste […]
Ethiopië se kwesbares agtergelaat - October 5, 2023
Die Verenigde Nasies se ondersoek na menseregte vergrype in Ethiopië sal volgende week tot ‘n einde kom ten spyte van ondersoekers wat waarsku oor ‘n “oorweldigende risiko” van verdere misbruik wat in die oorloggeteisterde land gepleeg word. Die internasionale gemeenskap het geen poging aangewend om die ondersoek se mandaat te verleng nie. Oorlog het uitgebreek […]
Killarney is gasheer vir FIA Veldtydren die naweek - October 5, 2023
Die Stad Kaapstad sê die FIA Veldtydren-kampioenskap waaraan net elektriese voertuie deelneem, keer die naweek terug na die internasionale renbaan in Killarney in die Moederstad om vir groot opwinding te sorg. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die sport is ʼn samevoeging van tydren- en baanwedrenne waar tydrenvoertuie kop aan kop in kort, skerp wedrenne ongelooflike en […]
SA wil ongewone gedrag onder leerders bestudeer - October 5, 2023
Die Departement van Basiese Onderwys in Suid-Afrika het opdrag gegee vir ‘n navorsingsprojek om die kommerwekkende toename in ongewone gedrag onder leerders te ondersoek. Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê leerders in verskeie provinsies, insluitend KwaZulu-Natal, die Oos- en die Wes-Kaap, sowel as Gauteng, openbaar skadelike gedrag, insluitend ineenstortings en om aan deure in die klaskamer […]
Kommersië bouplanne in die hoofstad is bemoedigend - October 5, 2023
Stad Windhoek se bouplanne vir Augustus is bekendgemaak. Volgens IJG Securities is kommersiële en industriële bouplanne ter waarde van 2,7 miljoen Namibiese dollar gedurende die maand goedgekeur. Dit bring die sektor se jaar-tot-datum goedkeurings op ‘n totaal van 36 planne ter waarde van 218,7 miljoen dollar te staan, wat 20 persent meer is in getal terme as […]