Bazoum het nie probeer ontsnap nie  - October 23, 2023

Niger se afgesette president Mohamed Bazoum word op ‘n geheime plek aangehou deur die junta wat die mag in die Wes-Afrikaanse staat einde Julie oorgeneem het, het prokureurs wat hom verteenwoordig gesê. Hulle ontken enige beskuldigings dat die president probeer ontsnap het. Die junta het laat verlede gesê dat Bazoum en sy gesin, met die […]

Read More

Goeie aanbod op Brahman-veiling  - October 23, 2023

Die Namibiese Brahman-telersgenootskap sal saam met Agra Auctions die bekende Brahman Nasionale Veiling aanbied. Dit vind môre by die Agra/Bank Windhoek Ring, by die skougronde plaas, sowel as aanlyn. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein, die bestuurder by Agra Auctions gesels.  

Read More

Namibië word ‘n bestemming vir mensehandel – Shikongo - October 23, 2023

Die Namibiese polisie lei sy lede op in mensehandel en die bekamping daarvan. Dit is ‘n internasionale kwessie en raak ook Namibië, veral in verband met kulturele praktyke. Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie het die opleiding amptelik geopen. Luitenant-generaal Shikongo, sê Namibië is besig om ‘n bestemming vir mensehandel te word. 

Read More

Mnangagwa gaan voort om CCC uit te stoot - October 23, 2023

Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa, het 9 Desember as die tussenverkiesingsdatum verklaar vir kiesafdelings waar opposisiewetgewers herroep is. Die vakatures is geskep toe ‘n selfopgelegde sekretaris-generaal van die Citizens Coalition for Change, Sengezo Tshabangu, aan die klerk van die parlement geskryf het en aangekondig het dat hy 14 wetgewers herroep. Die president het voortgegaan ondanks […]

Read More

VSA sê Hamas keer dat buitelanders Gaza verlaat - October 23, 2023

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, blameer Hamas vir die onvermoë van buitelandse burgers om Gaza deur die Rafah-grenspos met Egipte te verlaat. Selfs die ma van Humza Yousaf, die eerste minister van Skotland sit by die grenspos vas.

Read More

Siya is die BOS… samel R200 000 in - October 23, 2023

Die beperkte uitgawe van Siya Kolisi se BOS-ystee het meer as 200 000 Suid-Afrikaanse rand vir die Kolisi-stigting ingesamel. Die vennootskap het in Augustus afgeskop. Die doel was om die Kolisi-stigting te help met sy idee om positiewe verandering deur sport en opvoeding teweeg te bring, geslagsgeweld te bekamp en voedselonsekerheid aan te pak. Die […]

Read More

Kenner praat oor die reuse-selfmoord uitdaging wat woed - October 23, 2023

Daar word baie gesê en geskryf oor Namibië se uiters hoë selfmoord getalle, meer as 1 500 tussen April 2020 en Maart 2023, maar oor die algemeen, het die publiek geen idee waarmee maatskaplike werkers en aktiviste te doen kry nie. Die No to GBV-groep het die naweek talle verslae oor poging tot selfmoord, kommer […]

Read More

Oshakati-polisie trek ‘reeksverkragter’ vas - October 23, 2023

‘n Vermeende reeksverkragter wat vir byna ‘n week owerhede ontduik het, is by Oshakati aangekeer. Adjudant-offisier Frieda Shikole, van Nampol in die Oshana-streek, het die arrestasie bevestig. Die verdagte is deur vier van sy slagoffers tydens ‘n uitkenningsparade wat by Oshakati gehou is, geïdentifiseer. In al die gevalle was die slagoffers minderjarig. Hy is ook skuldig […]

Read More

Delhra bevraagteken praktyk van trofeejag van ‘probleem leeus’ - October 23, 2023

Desert Lion Human Relations Aid, of te wel Delhra, het sy kommer uitgespreek oor vermoedelik twee nuwe leeu-mannetjies wat in die Ehirovipuka-bewaringsgebied uitgesit is vir jagtrofeë. Blykbaar is die probleem-dier-beleid weer gebruik, nes met die onlangse jag van ‘n agt-jarige mannetjie verder noordwes. Die benutting van die beleid is kommerwekkend, soos Izak Smit van Delhra […]

Read More

Etosha: Baie gepraat oor paaie, waar’s die tenders? - October 23, 2023

Die Tender Bulletin berig dat daar steeds geen tender uitgesit is vir die opgradering van 1 000 kilometer van die paaie in Etosha Nasionale Park nie. Die ministerie het onlangs gesê hy sal 700 miljoen Namibiese dollar oor die volgende vyf jaar bestee. Die bedrag is aansienlik hoër as wat die ministerie self kan toeken […]

Read More