Wasserfall-uitspraak op 16 Mei gelewer

Uitspraak in die moordsaak van Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu sal op 16 Mei deur regter Christie Liebenberg in die hoërhof gelewer word. Die twee, onderskeidelik 30 en 25 jaar oud, word van die moord van die 22-jarige Shannon Wasserfall op Walvisbaai in April 2020 aangekla. Die twee het onskuldig gepleit op klagte […]

Read More

SPYL-hoof gesels oor verpolitisering van werkloosheid

Jeugwerkloosheid bly in die nuus. Die Swapo Party-jeugliga se sekretaris Ephraim Nekongo sê jongmense moenie toelaat dat hulle as “politieke voetstukke” gebruik word deur diegene wat kwessies soos werkloosheid verpolitiseer nie. Volgens hom was jeugwerkloosheid nog altyd die kern van jeugliga-besprekings. Nekongo sê jongmense moet gedissiplineerde en patriotiese burgers bly, aangesien die regering daaraan werk […]

Read More

NDP6 vir twee jaar uitgestel, studie is nodig

Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie Obeth Kandjoze sê die Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan is vir twee jaar verleng. Volgens Kandjoze is die stap genoodsaak omdat die kommissie eers ‘n studie wil voltooi oor ekonomiese herstel vir Namibië wat die sesde plan sal onderskraag en veerkragtigheid sal bou. NDP5 is ‘n vyfjaar ontwikkelingsdokument wat in 2017 bekendgestel is en oorspronklik na verwagting in 2022 sou […]

Read More

Women at Work boer vooruit, 11 gradueer

Elf studente het by Die Women at Work-opleidingsentrum die eerste gasvryheids- en bakkursus van 2023 voltooi. Die nie-winsgewende organisasie is daartoe verbind om beroepsopleiding te verskaf om die jeug te bemagtig, die plaaslike ekonomie te stimuleer en ‘n kultuur van selfstandigheid en entrepreneurskap te kweek. Deur toeganklike en geteikende beroepsopleiding aan te bied, is die […]

Read More

Studie toon meer SA-mans is base, as vroue

Die jongste Gelyke Indiensneming-verslag wat Career Junction in Suid-Afrika gepubliseer het, wys geslagsgelykheid in bestuursposte in die buurland het nie in die afgelope vyf jaar verander nie. Volgens die verslag beklee meer as twee derdes van mans steeds uitvoerende posisies in vergelyking met vroue. Die hoof van die verslae by Career Junction, Paul Byrne, sê […]

Read More

Namcor-raadslid sal vandag verskyn op dwelmhandel klagtes

Plaaslike media berig dat die arrestasie van ‘n Namcor-raadslid, wat blykbaar vandag sou gesit het vir ‘n onderhoud vir die pos van uitvoerende hoof van die Ontwikkelingsbank van Namibië aangekla sal word van die handel in dwelms en nie die besit daarvan nie. Die arrestasie, volgens berigte aangedrewe deur ‘n intelligensie-geleide operasie, het net voor […]

Read More

Beshuisingsonderneming sit voet neer, maar bied N$5 000 aan stakende werkers

Die bestuur van die Nasionale Behuisingsonderneming het stakende werknemers 5 000 Namibiese dollar as ‘n eenmalige betaling aangebied as deel van pogings om ‘n amper maandlange staking te beëindig. Hy het ook aangebied om lenings uit te reik aan sy werknemers wat by die staking betrokke is en deur sy ‘geen werk, geen betaling’-voorwaarde geraak […]

Read More

Ramaphosa besoek vloedgeteisterde Oos-Kaap

President Cyril Ramaphosa besoek vandag Port St. Johns in die Oos-Kaap om die nadraai van die oorstromings te assesseer. Die OR Tambo-distriksmunisipaliteit in die provinsie het die afgelope week onder stortreën deurgeloop wat tot oorstromings en gepaardgaande lewensverlies gelei het. Mense is ontwortel en infrastruktuur is beskadig. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die regering […]

Read More

Nashville-vrou brand los, skiet drie 9-jarige kinders, drie ander

Ses mense waaronder drie kinders is doodgeskiet by ‘n laerskool in Nashville, Tennessee. Die polisie sê die skieter wat as die 28-jarige Audrey Hale geïdentifiseer is, het die Covenant-skoolgebou deur ‘n sydeur binnegegaan, gewapen met twee aanvalsgewere en ‘n handwapen. Die polisie het Hale doodgeskiet. Dit is die 129ste massa-skietvoorval vanjaar in Amerika. President Joe […]

Read More

Metcalfe verafsku Boulter-regsman se uitlatings

Die Namibiese regsfirma Metcalfe Beukes Attorneys verteenwoordig Tabarak Trading en Contracting waarin ses Saoedi-Arabiese beleggers die Britse sakeman, moordbeskuldigde en plaaseienaar in Namibië, Harvey Boulter, dagvaar. Boulter ontken bewerings dat hy wanvoorstellings gemaak het aan beleggers wat hom later in ‘n hof in Dubai gedagvaar het en nou probeer om dié hof se uitspraak in […]

Read More