Lughawensmaatskappy kondig tariewe aan

Die Namibiese Lughawens-maatskappy het sy nuwe tariewe aangekondig wat vanaf 1 April 2023 tot 31 Maart 2024 in werking tree. Die heffings sal geld by die lughawens en vliegvelde onder die maatskappy se bestuur en beheer. Dit sluit in die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, asook die lughawens van Eros in Windhoek, Walvisbaai, Keetmanshoop, Lüderitz, Andimba Toivo ya Toivo op Ondangwa, Rundu […]

Read More

Johannesburg Water se uitdagings duur voort

Johannesburg Water sê sy Crown Gardens-stelsel wat verlede week erg geraak is, verbeter voortdurend. Inwoners sit al dae lank sonder lopende water weens ’n stukkende pomp by Rand Water se Eikenhof-stasie. Johannesburg Water se woordvoerder, Puleng Mopeli, sê hoewel die stelsel nog nie op optimale vlakke funksioneer nie, is hulle nou in staat om deur die dag konstante watervloei […]

Read More

Harris kondig miljarde in hulp aan op Afrika-besoek

Die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris, het ʼn hulppakket van 2,5 miljard Namibiese dollar vir Ghana vir aanstaande jaar bekendgemaak. Harris het oor die naweek in die Afrikaland aangekom aan die begin van haar besoek aan drie lande op die vasteland. Die hulp is deel van ʼn veldtog deur Washington om die groeiende invloed van China en Rusland in Afrika […]

Read More

Beethoven het gedrink… baie…

Deur vyf haarlokke te gebruik, het wetenskaplikes die genoom van een van die geskiedenis se grootste musikale komponiste – Ludwig van Beethoven – byna twee eeue na sy dood bepaal en insig gekry oor sy lewersiekte, maar nie sy gehoorverlies nie. Navorsers sê sy genoom toon dat die Duitse komponis beide geneties vatbaar was vir […]

Read More

Suid-Afrikaners aangemoedig om plaaslik te ondersteun

Trots Suid-Afrika se uitvoerende hoof, Eustace Mashimbye, het die regering en korporatiewe Suid-Afrika aangemoedig om plaaslik te koop. Vanjaar se jaarlikse Koop Plaaslik-beraad vind in die Sandton Konvensiesentrum plaas. Die tweedaagse beraad is aan die gang, en Mashimbye sê die hoofdoel is om die regering en die korporatiewe sektor aan te moedig om hulle verbruik van plaaslik-vervaardigde goedere en dienste […]

Read More

Bipa en Chinese-sakegemeenskap vergader vandag

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, bied vandag, in vennootskap met die Chinese ambassade, ‘n vergadering met die Chinese sakegemeenskap aan. Kwessies wat onder die loep sal kom is die nakoming van die sakegemeenskap van Bipa-maatreëls sowel as die beskerming van intellektuele eiendom wat reeds in lande van herkoms beskerm is. Bipa se woordvoerder, Ockert Jansen, het meer. 

Read More

Werke en vervoer wys Fly Etosha se aansoek van die hand

Die Engelse dagblad, The Namibian, berig dat Fly Etosha se aansoek vir ‘n bedryfslisensie deur die ministerie van werke en vervoer van die hand gewys is. Die dagblad sê die woordvoerder van die ministerie, Julius Ngweda, het dit bevestig en voeg by redes sal teen Vrydag verskaf word. Oud-Air Namibia kaptein William Ekandjo het onlangs gesê hy is uiters positief en het beplan om teen Junie […]

Read More

Suid-Afrikaners kan paniekaankope maak oor moontlike fase agt

Die verbruikerskenner Moeshfieka Botha waarsku oor moontlike paniekaankope van kos te midde van praatjies oor fase agt-beurtkrag wat mense steeds bekommerd maak. Die minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, het Suid-Afrikaners die versekering gegee dat hy nie hoër fases verwag nie, maar die voedselsektor ondervind reeds tekens van paniekaankope. Botha sê Suid-Afrikaners word toenemend angstig oor die kragsituasie: 

Read More

Bibi stel hersieningswet oor regstelsel uit

Israel se beleërde eerste minister, Benjamin Netanyahu, het aangekondig hy sal die stemmery oor sy voorstel om die regstelsel te hersien eers uitstel terwyl hy probeer om ‘n ooreenkoms met sy politieke teenstanders te bereik. Dit volg ná betogings omdat hy sy minister van verdediging, wat teen die voorstel gekant is, afgedank het. Die hersiening sal […]

Read More

Team Namibia span kragte saam met toerisme

Team Namibia en die Namibiese Toerismeraad het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken wat tot beter samewerking en spanwerk sal lei. Volgens Sidney Hanstein, voorsitter van Team Namibia is plaaslike toerisme deurslaggewend aangesien dit geld terugvoer in die plaaslike ekonomie. Caylin Jansen, koördineerder, Team Namibia sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vennootskap kan die plaaslike toerismebedryf bevorder.  

Read More