Republic sê Metro-polisie sou hulle in elkgeval gearresteer het
Graham Smith se uitvoerende hoof van die anti-monargiegroep Republic is oor die kroningsnaweek in hegtenis geneem, nog voor betogings op koning Charles se kroningsdag kon plaasvind. Hy sê sy beweging het niks verkeerd gedoen nie en stel voor dat die polisie ‘n voorbedagte besluit geneem het om hulle in hegtenis te neem veral omdat hulle […]
Saftu is nie verbaas dat ANC wil appelleer teen hof se beurtkrag-beslissing nie
Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, sê hy is ontsteld maar nie verbaas nie oor die regering se besluit om te appelleer teen ‘n hofbeslissing dat sekere openbare geriewe van beurtkrag uitgesluit word. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het die regering verlede Vrydag opdrag gegee om alles moontlik te doen sodat hospitale, klinieke, skole en […]
GRN is maar traag met vaste beleggings
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het vaste beleggingsyfers vir die afgelope tien jaar bekend gemaak. Sedert 2013 is die tipe beleggings, wat eiendom en groot toerusting, en dus ekonomiese aktiwiteit stimuleer, verteenwoordig deur die privaatsektor wat by verre die grootste beleggings gemaak het. Dit het in 2014 ‘n hoogtepunt bereik op net meer as 40 miljard Namibiese dollar en daarna afgeplat tot ‘n laagtepunt […]
KI: Toekoms van werk is eerder mens-masjien as net masjien
Baie mense is bekommerd oor hul toekomstige werks-vooruitsigte, aangesien die wêreld toenemend outomatisering en kunsmatige intelligensie omhels. Alhoewel dit waar is dat sommige take geoutomatiseer kan word, is dit onwaarskynlik dat tegnologie menslike werkers heeltemal sal vervang. In plaas daarvan gaan ons ‘n era van mens-masjien samewerking binne, waarin werkers met voortreflike tegnologiese vermoëns in […]
Internasionale montêre beleidsbeperkings kan banksektor raak
Die banksektor in die buurland kan risiko’s ervaar as gevolg van die voortdurende wêreldwye monetêre beleidsbeperkings wat daarop gemik is om inflasie te bekamp. Kenners het gewaarsku die aggressiewe rentekoersverhogings kan banke begin raak en krake in die stelsel openbaar. Foord-batebestuur se portefeuljebestuurder, Rashaad Tayob, sê die krisis verskil effens van wat in 2008 ervaar […]
Vucic veroordeel optogte regoor Serwië
Die president van Serwië, Aleksandar Vucic, het die protesoptrede veroordeel waarin die bedanking van ‘n aantal senior amptenare geëis word ná twee massa-skietvoorvalle verlede week. Tienduisende Serwiërs het gister na die hoofstad, Belgrado, opgeruk en ook geëis dat die aanhitsing van geweld in die media en openbare plekke onmiddellik gestaak word. Vucic sê die opposisieparty wil vir eie belang munt slaan […]
Toerisme is terug in die Wes-Kaap
Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê dis wonderlike nuus dat die 2022/2023-plesiervaart-toerismeseisoen rekordhoogtes bereik het. Cruise Cape Town het die afgelope seisoen, wat verlede jaar Oktober begin het en die einde van die maand eindig, 145 000 bootpassasiers en 42 000 bemanningslede in die stad verwelkom. Wenger sê plesiervaart-toerisme het ‘n jaarlikse ekonomiese impak van 300-miljoen-rand en ondersteun duisende werksgeleenthede in […]
Shimutwikeni sal weer op 24 Julie vir dronkbestuur verskyn
Die saak teen die plaaslike prokureur Henry Shimutwikeni is tot 24 Julie vir verdere ondersoek uitgestel. Shimutwikeni is die prokureur wat die nuus oor die naweek gehaal het nadat hy vir beweerde dronkbestuur in die hoofstad voorgekeer is maar blykbaar geweier het om te blaas of om ‘n bloedmonster te gee. Die 36-jarige het voor landdros Kandiwapa Nembia verskyn. Hy word ook aangekla van […]
ANC-raadslid wat verkragtingsake het, moet afgedank word
Action Society sê die ANC moet sy wyksraadslid in Noordwes wat van twee aparte voorvalle van statutêre verkragting aangekla word, onmiddellik afdank. Video’s van die ANC-raadslid wat na bewering seksuele omgang met minderjarige seuns het, het onlangs op sosiale media verskyn. Hy is uit die party geskors. Ian Cameron van Action Society sê hulle wil weet waarom die raadslid voor […]
EU wil sanksies teen Chinese ondernemings in Hongkong hê
Die Europese Unie het sanksies teen Chinese maatskappye voorgestel wat daarvan beskuldig word dat hulle toerusting verkoop wat deur Rusland in wapens gebruik kan word, wat hom in die oorlog teen Oekraïne versterk. Sewe Chinese ondernemings, waarvan vyf in Hongkong gevestig is, is op die sanksie-lys. China het gewaarsku dat hy sal optree om sy […]