Sokker: SA-skeidsregter gereed vir vroue-toernooi

Sokker: Die wêreld-beheerliggaam Fifa het die Suid-Afrikaner Akhona Makalima aangestel as ‘n skeidsregter in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi vir vroue in Australië en Nieu-Seeland. Sy het geskiedenis gemaak as die eerste gesertifiseerde vroulike sokker-skeidsregter in Suid-Afrika. Makalima het gepraat oor haar reis na die Wêreldbeker-toernooi. Sy sê dit het harde werk geverg, en het meer vroue […]

Read More

NEFF-aktiviste bly nog agter tralies 

Die saak van van die NEFF-aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma is tot 27 April in die Windhoekse landdroshof in Katutura uitgestel. Die twee sal môre ‘n formele borgtogaansoek indien. Die twee is sedert Onafhanklikheidsdag agter tralies na hulle op 23 Maart borgtog geweier is. Inna Hengari, die PDM se parlementslid, is vrygelaat op borgtog […]

Read More

Namibië-Botswana-grenspos binnekort 24 uur oop

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake sê die Trans-Kalahari-Mamuno-grensposte tussen Namibië en Botswana sal vanaf 1 April 24 uur voltyds oop wees. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Etienne Maritz, het gesê die amptelike opening sal deur die Namibiese minister, dr. Albert Kawana, en Botswana se minister van finansies, Peggy Serame, waargeneem word. Maritz sê […]

Read More

Saftu teleurgesteld oor salaris-aanbod  

Die vakbond-federasie Saftu is teleurgesteld oor berigte wat daarop dui staatsdiens-vakbonde, wat sowat 53,9 persent van die stemgewig in die Staatsdiens se Koördinerende Bedingingsraad uitmaak, die regering se jongste salaris-aanbod gaan aanvaar. Saftu sê die aanbod van 7,5 persent is ‘n wanvoorstelling, sonder om die gevolge rondom dit te verduidelik. Die woordvoerder, Trevor Shaku, sê […]

Read More

EU keur verbod op fossielbrandstof-motors goed

Die Europese Unie het ‘n ooreenkoms goedgekeur wat Duitsland se teenkanting van ‘n beplande uitfasering van die verkope van nuwe fossielbrandstof-motors teen 2035 ophef. Dit volg terwyl die unie aandring op netto-nul kweekhuis-gasvrystellings teen 2050. Duitsland het die ooreenkoms vir die vrystelling vir motors wat op sintetiese brandstof werk teengestaan. Die Duitse minister van vervoer, […]

Read More

Krieket: Proteas se boulwerk kan verbeter  

Krieket: Die Proteas se afrigter, Rob Walter, beskryf die T20-reeks teen die Windies as ‘n moeilike een vir albei spanne se boulers. Die besoekers het Dinsdag hul toer op ‘n hoogtepunt afgesluit deur die derde en beslissende wedstryd met sewe lopies te wen. Die Windies het 220 vir agt aangeteken voor Alzarri Joseph ‘n indrukwekkende […]

Read More

SA se raad vir bou-omgewing waarsku oor klimaatsverandering

Die raad vir die bou-omgewing in die buurland sê klimaatsverandering word reeds wêreldwyd beleef in ongekende droogtes, oorstromings, bosbrande en ander uiterste weerstoestande. Dit sê Suid-Afrika het ook deurgeloop met die onlangse oorstromings in provinsies soos KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Die raad se woordvoerder, Sinah Ndala, sê die gevolge van klimaatsverandering sal die grootste tol […]

Read More

BoN se jaarverslag vanoggend bekendgestel

Die Bank van Namibië se jaarverslag is vanoggend in die hoofstad deur die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab bekendgestel. Hy sê Covid-verligtingsmaatreëls is behou om voort te gaan om huishoudings en besighede by te staan. Hierdie stap kommersiële banke in staat gestel om krediet te verleen aan ekonomiese sektore wat die meeste deur […]

Read More

Veiligheidsbedryf in Namibië onder die loep

Die lede van die Namibiese Sekuriteits-arbeidsforum het ‘n vergadering gehou om die huidige stand van sake rakende die veiligheidsbedryf in die land te bespreek. Die forum sluit die Sekuriteits-vereniging van Namibië, asook verskeie vakbonde in. Tydens die vergadering het alle partye ooreengekom om saam te werk om die uitdagings in sekuriteitsbedryf, soos onder meer lae […]

Read More

Aktiviste ruk op teen gaseksplorasie in Afrika

Meer as 400 omgewingsaktiviste van Suid-Afrika, Zimbabwe, Duitsland en Oostenryk betoog in Wene, Oostenryk, onder die hutsmerk Don’tGasAfrica. Die Europese Gasberaad vind tot vandag plaas waar afgevaardigdes van die wêreld se grootste gas- en oliemaatskappye, waaronder BP, Total en Shell, in die Oostenrykse hoofstad byeenkom. Die polisie het betogers met pepersproei uiteen probeer jaag en sowat […]

Read More