Werkswinkel oor voedselsekerheid aangebied  

Die Capricorn-stigting, in samewerking met die Wêreld-voedselprogram in Namibië, sal Vrydag ‘n een dag voedselsekerheid-werkswinkel aanbied met die tema “Transformative Food Systems for Sustainable Development”.  Die werkswinkel handel oor die gedeelde waardes van die stigting en die voedselprogram, naamlik die bevordering van voedsel- en voedingsekerheid, lewensbestaan en die versnelling van sosio-ekonomiese groei in Namibië. Die […]

Read More

Opwindende bokstoernooi in die hoofstad

Die Namibiese boksliefhebbers kan die naweek uitsien na ‘n baie opwindende bokstoernooi wat deur die MTC Salute Boxing Academy gereël word. Die geleentheid sal by die Katolieke kerksaal in die middestad plaasvind. In die hoofgeveg is Namibië se Fillemon Nghutenanye wat sy WBA Pan-Afrika-titel teen Suid-Afrikaner Theo Nxayiphi sal verdedig. Die boks-akademie se kommunikasiebeampte, Jason […]

Read More

Sakaria maan stropers in Etosha

Die Namibiese polisie se streeksbevelvoerder van Oshana, kommissaris Naftal Sakaria, is die nuwe bevelvoerder van die teen-stropingseenheid in die Etosha Nasionale Park waar talle renosters gestroop word. Hy het ‘n sterk waarskuwing uitgestuur dat hy nie die veiligheid van gewapende wildstropers in die park sal waarborg nie. Kommissaris Sakaria het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat […]

Read More

NSA: Mieliepryse bly styg  

Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se landbouverslag van die vierde kwartaal van 2022 het Namibië 16 253 ton mielies ter waarde van 121,8 miljoen Namibiese dollar ingevoer, vergeleke met 28 044 ton ter waarde van 126,5 miljoen dollar wat in die vierde kwartaal van 2021 aangeteken is. Witmielies het ‘n gemiddelde prys van sowat 7 228 […]

Read More

SA het van die swakste onderwysstelsels

Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming sê die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys moet maatreëls instel wat die land se onderwysstelsel sal verbeter. Die sentrum het ‘n reeks van vyf verslae oor die stand van die onderwysstelsel die lig laat sien wat aantoon dat die land se basiese onderwysstelsel wêreldwyd van die heel swakste presteer. […]

Read More

Uitspraak oor Franse pensioenwetgewing op 14 April  

Die Konstitusionele Raad in Frankryk wat die omstrede pensioenwetgewing gaan hersien, sal op 14 April uitspraak lewer oor of die verlening van die aftree-ouderdom grondwetlik is. Die kwessie het die afgelope ruk tot reuse-opstande landwyd gelei wat op sommige plekke gewelddadig geraak het. Die Franse President Emmanuel Macron volstaan daarby dat die wetgewing nodig is […]

Read More

Eskom veroordeel ontvoering van werknemer

Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, Calib Cassim, het die ontvoering van en aanval op een van sy werknemers in Gauteng veroordeel. Daar is verskeie kere op die werknemer se motor geskiet en sewe aanvallers het die persoon gewelddadig ontvoer. Die werknemer is later in die suide van Johannesburg vrygelaat en moes in die hospitaal behandel […]

Read More

Landbou-uitvoere vaar goed in vierde kwartaal  

Namibië se uitvoerverdienste uit kommoditeite van landbou, bosbou en die vissery-sektor het 4,4 miljard Namibiese dollar beloop, terwyl die invoerrekening vir die vierde kwartaal van 2022 op 1,2 miljard dollar gestaan het. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het viskwota-spesies op 43 504 metrieke ton vir die tydperk gestaan, vergeleke met 69 857 metrieke ton wat gedurende […]

Read More

Acsa: Lughawens sal nie brandstoftekorte hê  

Die Lughawens-maatskappy Suid-Afrika verwelkom die nuus van bykomende lugrederye wat van die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng gebruik maak vir plaaslike, streeks- en internasionale vlugte. Die streeks-hoofbestuurder, Jabulani Khambule, sê die maatskappy beoog om die uitbreiding van die lughawe se vrag-eindpuntgeboue binne vyf jaar te voltooi. Hy sê ’n forum is geskep om veiligheidskwessies […]

Read More

Koning Charles besoek Duitsland

Koning Charles van Brittanje vertrek vandag na Duitsland op sy eerste amptelike buitelandse besoek sedert hy koning geword het. Hy sal vir drie dae in Duitsland wees waar hy onder andere die hoofstad Berlyn, die deelstaat Brandenburg en die stad Hamburg sal besoek. Die doel van sy besoek is oorwegend om betrekkinge te verstewig ná […]

Read More