Drukgroep kritiseer Britse migrasiebeleid

Die groep Experts on Action against Trafficking in Human Beings het kommer uitgespreek oor die Britse regering se Wetsontwerp oor Onwettige Migrasie. Die wetsontwerp sluit maatreëls in om migrante en asielsoekers, wat die land onwettig binnekom via gevaarlike kruisings vanaf Europa, aan te hou en vinnig te verwyder. Dit verminder die migrante se opsies om […]

Read More

Omgewingsministerie se begroting is N$570,7 miljoen

Die Namibiese minister van die omgewing en toerisme, Pohamba Shifeta, het vandag in die Nasionale Vergadering gesê sy ministerie se begroting van meer as 570,7 miljoen Namibiese dollar is belangrik om toerisme-ontwikkeling te ondersteun. Shifeta het gesê slegs 23,5 miljoen dollar is egter vir toerisme en dobbelary-regulasies begroot.

Read More

Amptelike opening van grensposte sal verkeer ophou

Die Namibiese minister van binnelandse sake, dr. Albert Kawana, en Botswana se minister van finansies, Peggy Serame, sal op Saterdag 1 April Trans-Kalahari-Mamuno-grensposte tussen Namibië en Botswana amptelik open wat daarna 24 uur voltyds oop sal wees. Die Trans-Kalahari-Mamuno-grensposte is baie belangrik vir die ekonomiese ontwikkeling in die SAOG-streek. Die Trans-Kalahari-korridor verbind die hawe van […]

Read More

Wes-Kaapse landbou begroot vir voorkoming van siektes

Die begroting van 900 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir 2023/2024 van die departement van landbou van die Wes-Kaap, sal 600 miljoen rand toewys vir die voorkoming en beheer van dieresiektes. Die befondsing sal ook aangewend word om die provinsiale veeartsenykundige laboratorium op te knap met ‘n fokus op bio-sekerheid en dieregesondheid. Die provinsie het in 2021 […]

Read More

Nuwe Skotse leier ingehuldig

Die nuwe Skotse leier, Humza Yousaf, is in Edinburgh ingehuldig tydens ‘n seremonie wat ‘n vermenging was van die formele tradisie en sy Pakistanse herkoms. Yousaf is die eerste Moslem wat aan die hoof van ‘n demokratiese Westerse staat staan. Hy is in die amp verkies nadat die vorige Skotse eerste minister, Nicola Sturgeon onverwags […]

Read More

Chinese lugredery vlieg weer direk na SA

Die eerste direkte vlug deur die Chinese nasionale lugredery het sedert die aanvang van die Covid-pandemie vandag in Johannesburg aangekom. Die Air China-vlug is deur verskeie hooggeplaastes by die OR Tambo Internasionale Lughawe ingewag en verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…

Read More

Wanpraktyke oor gesondheidstenders dopgehou

Die Gautengse LUR vir gesondheid en welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko sê die departement gaan voort om amptenare se wanpraktyke met die verdeling van bestellings om tenders te verhoed, noukeurig dop te hou. Nkomo-Ralehoko het tydens die sitting van die provinsiale wetgewer mondelings antwoorde gegee. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê 14 transaksies van die Tembisa […]

Read More

Sommige Namibiërs moet nog steeds stap om water te kry

Volgens die Namibiese landbouministerie se statistieke van 2022 het 97 persent van die stedelike bevolking toegang tot drinkwater wat in hul erwe beskikbaar is en voldoen aan nasionale drinkwater-kwaliteitstandaarde. Die oorblywende drie persent verwys na inwoners aan die buitewyke van stede wat water van ‘n gemeenskaplike waterbron kry wat binne ‘n stap-afstand van minder as […]

Read More

Kunene-streek het nog boorgate nodig

Inwoners van Epupa en Sesfontein in die Kunene-streek het ‘n beroep op die landbouministerie gedoen om meer boorgate in die streek te boor omdat die bestaande waterpunte nie voldoende is vir beide diere- en menslike gebruik nie. Volgens die direktoraat van water in die streek is daar talle uitdagings om aan alle gemeenskappe water te […]

Read More

Krieket: Richelieu Eagles wen met 48 lopies

Krieket: Namibië se Richelieu Eagles het vandag vir Papua Nieu-Guinee op die United-krieketvelde in die hoofstad met 48 lopies gewen. Die Eagles het eerste gekolf en 381 lopies aangeteken. Papua Nieu-Guinee kon net 333 lopies in die 50 boulbeurte behaal. Namibiese Kaptein Gerhard Erasmus is as die speler van die wedstryd aangewys. Ses spanne ding […]

Read More