Shack Dwellers kry N$2m se hupstoot!

Die Pupkewitz-stigting het 1 miljoen Namibiese dollar aan die Shack Dwellers-federasie geskenk met Ohorongo-sement en FNB wat elk ‘n skenking van 500 000 dollar gemaak het. Die federasie is uiters suksesvol in die bou van formele huise in informele nedersettings regoor die land. Die mede-direkteur van die Namibia Housing Action-groep, Heinrich Amushila, het met Kosmos […]

Read More

Laaste dag van die DBV se March Madness is môre – help ‘n bietjie daar

Daar is nog net een dag oor vir die Windhoek-DBV se March Madness-veldtog wat môre ten einde loop. Daar is ‘n paar honde, katte, marmotte en hasies wat nog huis soek – onder die diere wat die langste by die DBV is. Aannemingsfooie is met 60 persent verlaag, soos die direkteur, Hanna Rhodin, verduidelik.

Read More

Rolspelers vra dat Fima onttrek word, insette sluit môre

Belanghebbendes het gevra vir die herroeping van die nou omstrede Wet op Finansiële Instellings en Markte, Fima, en sê die Kanadese oorsprong van die dokument is hoekom dit nie aan die behoeftes van die plaaslike omgewing kan voorsien nie. Die wetgewing stel verpligte bewaring van 75 persent van aftreevoordele vir mense wat voor 55 jaar […]

Read More

Ekonoom së brandstofprys sal effe daal, of dieselfde bly

Die brandstofprys vir April sal volgende week Woensdag in werking tree. Olie het met meer as 7 persent in die afgelope 30 dae gedaal en in Suid-Afrika, is daar ‘n voorspelling vir ‘n daling in beide petrol en diesel. Robert McGregor, ekonoom by Cirrus in die hoofstad voorspel dat die prys of onveranderd is, of, […]

Read More

Teenkorrupsie-kommissie ondersoek reeds Namcor-betaling

Namcor is in die nuus vir al die verkeerde redes. Daar was eers aantygings van ‘n betaling van 100 miljoen Namibiese dollar deur die maatskappy se besturende direkteur Immanuel Mulunga, aan ‘n Angolese vennoot. Die betaling is blykbaar nie deur die raad goedgekeur nie. Toe, op die dag wat die raad die kwessie sou bespreek […]

Read More

Amushelelo laat vaar borgaansoek, vir nou

Prokureur Kadhila Amoomo sê sy kliënt sal nie aansoek doen vir borg nie. Hy en sy mede-NEFF-lid Dimbulukeni Nauyoma sou albei vanoggend formeel vir borg aansoek gedoen het maar, net Milton Engelbrecht, prokureur vir Nauyoma sal ‘n aansoek bring. Amoomo sê hy die dienste van ‘n advokaat ingeroep om te help met Amushelelo se verdediging en […]

Read More

EFF verwelkom Valke se klopjag op ANC-grootkoppe

Die EFF in Gauteng het die Valke se soek- en beslagleggingsoperasie by ‘n huis in Bedfordview en kantore in Germiston en Edenvale verwelkom. Dit is deel van die Valke se voortgaande ondersoeke na die Tembisa-hospitaal se tenderbedrog van 1 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die ANC se tesourier-generaal in Ekurhuleni, Sello Sekhokho, se huis is ook deursoek. […]

Read More

Dippenaar se kenner ruk staat se weergawe uitmekaar

Die verdediging in die moordsaak van Jandre Dippenaar het kommer geopper oor die metodes wat die staat gebruik het om die noodlottige motorongeluk uiteen te sit. Dippenaar staan, onder andere, tereg op ses klagte van moord in die Swakopmund-streekshof na die motorongeluk op 29 Desember 2014, waarin ses mense net buite Hentiesbaai dood is. Sy kenner, Stanley Bezuidenhout, het Johan Joubert wat […]

Read More

Brent is bestendig, verskeie faktore werk saam

Brent ru-olie is bestendig, aangesien ‘n daling in Amerikaanse ru-olievoorraad ‘n kleiner as verwagte vermindering in Russiese voorrade teenwerk, terwyl beleggers die ontwikkelinge by Irak se Koerdistan-olie-uitvoere fyn dophou het. Produsente het produksie in Koerdistan verminder na die noordelike uitvoerpyplyn gesluit is. Meer onderbrekings word verwag wat analiste meen binnekort kan verander met uitvoere wat tot 200 000 […]

Read More

Starmer, wat vandag veldtog bekendstel, verduidelik leierskap

Die Britse opposisie-Arbeidersparty stel vandag sy verkiesingsveldtog bekend. Die partyleier, Sir Keir Starmer het nog altyd die Tories gekritiseer vir wat hy beskryf as swak leierskap. Hy sê daar is net een manier om ‘n landsleier – wat weet wat aangaan – te wees.

Read More