SA Reserwebank verhoog rentekoers na 7,75%

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ekonomie en ontleders geskok met ‘n verhoging van 50 basispunte vir die rentekoers. ‘n Verhoging van 25 basispunte is verwag. Dit bring die repokoers op 7,75 persent te staan. Die prima rentekoers waarteen banke geld aan verbruikers en ondernemings uitleen, is verhoog tot 11,25 persent. Dit is die eerste keer in […]

Read More

SA win regsmening in oor Putin

Die buurland minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, het Suid-Afrika se vriendskap met Rusland bevestig. Die regering wil ‘n regsmening inwin oor hoe hy die Russiese President, Vladimir Putin, moet hanteer wanneer hy die land moontlik in Augustus besoek, ondanks ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming. Pandor het die Russiese minister van natuurlike hulpbronne, Alexander Lazlov, […]

Read More

Talle gered ná brand op veerboot by Filippyne

Minstens 28 mense is dood en 230 is gered na ‘n brand op ‘n passasiers-veerboot in die Filippyne. Die brand het oornag in van die veerboot se kajuite uitgebreek, terwyl die meeste passasiers geslaap het. Die slagoffers sluit minstens drie kinders in, onder wie een ‘n ses maande oue baba was. Amptenare het vroeër gesê […]

Read More

Wes-Kaap stel dagga-raamwerk bekend

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, het die departement se Dagga-raamwerk en -inwerkingstellingsplan bekend gestel. Hierdie plan verskaf riglyne vir die vestiging van dagga of medisinale dagga en hennep in die provinsie. Meyer sê die CanPlan, wat in ooreenstemming is met die sleutel-doelwitte van die Nasionale Dagga-meesterplan, behoort by te dra tot ekonomiese ontwikkeling, […]

Read More

Kuberveiligheidstrategie kom vir Namibië

Die Namibiese inligtingsministerie gaan môre die Nasionale Kuberveiligheid-strategie van stapel stuur en daarmee saam ‘n bewusmakingsveldtog. Die strategie is verlede jaar deur die kabinet goedgekeur nadat Namibië toenemend kuber-aanvalle ervaar. Volgens die adjunkminister Emma Theofilus moet tegnologie-platforms teen kubermisdaad beskerm word wat ‘n negatiewe impak op ontwikkeling het. Kosmos 94.1 Nuus het met die skakelbeampte […]

Read More

Pandor: SA behou bande met Rusland

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor het dit duidelik gemaak dat Suid-Afrika sy betrekkinge met Rusland sal behou, ondanks kritiek van ander lande. Pandor het gepraat by die 17de sitting van die Suid-Afrika-Rusland Gesamentlike Inter-regeringskomitee oor Handel en Ekonomiese Samewerking, wat sy saam met haar Russiese eweknie, Alexander Kozlov lei. Die sitting vind […]

Read More

Ondersoek volg na Facebook-verkragter ontsnap

Korrektiewe Dienste in die buurland sê ‘n gepeuter aan die toesig-stelsel het in Mei verlede jaar gehelp met Thabo Bester se ontsnapping uit die Mangaung-gevangenis in Bloemfontein. Nasionale kommissaris Mokgothi Thobakgale het die jongste inligting verskaf oor die ontsnapping van die sogenaamde Facebook-verkragter. Hy sê die polisie-ondersoek gaan voort aangesien daar tekens van misdadigheid is. […]

Read More

Hotel Rwanda-man terug in VSA

Die man wat die rolprent Hotel Rwanda geïnspireer het, die 68-jarig Paul Rusesabagina, het in Amerika aangekom nadat hy uit die tronk in Rwanda vrygelaat is. Jake Sullivan, ‘n nasionale veiligheidsraadgewer van Amerikaanse President Jo Biden, het dit bevestig. Rusesabagina woon al langer as ‘n dekade in San Antonio, Texas, in ballingskap en is in […]

Read More

Vier stukke landbou-wetgewing word op Rundu hersien

Die Namibiese landbouministerie hou ‘n werkswinkel op Rundu in ‘n poging om vier stukke wetgewing, wat handel oor die bestuur van veevoer, plantkwarantyn, kunsmis en plaagdoders, te hersien. Rolspelers in die bedrywe, sowel as verteenwoordigers van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie is teenwoordig. Die VN se verteenwoordiger, Ferdinand Mwapopi, sê Namibië, as ‘n netto […]

Read More

Britte vertrou EU meer as Westminster

Die World Values Survey toon mense in Brittanje het meer vertroue in die Europese Unie as in die Verenigde Koninkryk se Parlement. Die vertroue in instellings is in 24 nasies gemeet, onder andere in Kanada en Suid-Korea. Die opname toon sedert die Verenigde Koninkryk ten gunste van Brexit gestem het, het die verhouding van mense […]

Read More