Santos staar 13 klagte in die gesig
Die Republikeinse kongreslid George Santos is aangekla van bedrog, geldwassery en diefstal van openbare fondse. In ‘n klagstaat van 13 aanklagte beweer aanklaers hy het veldtogfondse gebruik vir persoonlike uitgawes, insluitend luukse ontwerpersklere. Hy het ook bedrieglik aansoek gedoen vir Covid-verwante werkloosheidsvoordele, al was hy ‘n mede-borg van ‘n wetsontwerp wat state sou help om bedrieglike werkloosheidsversekeringsvoordele vir Covid-19 terug te […]
Bibi sê hulle is gereed vir nog aanvalle in Gasa
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê sy regering is gereed vir die moontlikheid van ‘n uitgebreide veldtog en swaarder lugaanvalle teen Gasa. Dit volg nadat Gasa-soldate gister sowat 270 vuurpyle op Israel afgevuur het in reaksie op Israeliese lugaanvalle wat Dinsdag begin het. Een-en-twintig mense is dood, insluitend drie senior Islamitiese Djihad-bevelvoerders en minstens tien burgerlikes. Meer […]
Massa-sterilisasie van huisdiere is plaaslik nodig – fondse ontbreek
Nes in Kaapstad, is ‘n massa-sterilisasieprogram vir troeteldiere in Namibië nodig, maar befondsing is nodig. Stad Kaapstad het in tien jaar byna 15 000 huisdiere teen ‘n koste van meer as 6,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand gesteriliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende en geliefde Windhoekse veearts, dr. Ian Baines, wat ook gratis veeartsenydienste regoor […]
Rand moet onder 18 verhandel vir petrolprys om te daal
Brent ru-olie het in die afgelope maand met amper 11 persent teruggesak as gevolg van vrese vir ‘n resessie wat vraag na die kommoditeit sal demp. ‘n Ontleding deur Simonis Storm toon dat olie, ten minste vir die jaar, behoort verder te daal wat tegnies beteken dat Namibiese verbruikers verligting in die brandstofprys kan verwag. Maar, […]
Roots by Stampriet dreig met regsaksie oor wat hy as laster beskou
Die omstrede joernalis John Grobler moes ‘n sosiale media-plasing met ongegronde bewerings teen die Roots Agri-Village-projek by Stampriet verwyder. Hy het die eienaars van die projek daarvan beskuldig dat hulle die projek in ‘n piramideskema verander het, waardeur verskeie beleggers bedrieg word. Hy het ook beweer dat die stigters van Roots belowe het om 20 […]
Voedselproduksie in die Otjozondjupa-streek kry huptsoot
Wêreldvoedselprogram het ‘n memorandum van verstandhouding oor voedselproduksie en -sekuriteit met inwoners van die Otjozondjupa-streek onderteken. Deur die ooreenkoms sal die twee entiteite geskikte landbouterreine in die streek identifiseer, asook die tipe boerdery-aktiwiteite wat toepaslik is. James Uerikua, die goewerneur van Otjozondjupa, stel voor dat gebiede met sterk ondergrondse waterbronne oorweeg moet word, aangesien besproeiings-aktiwiteite […]
61 vas in Italië na mafia-klopjag
Italiaanse polisie het nog 61 vermeende lede van die land se magtigste mafia, die Ndrangheta, in hegtenis geneem. Owerhede het verlede week 132 vermeende lede in verskeie Europese lande, insluitend Duitsland, Italië en Frankryk, asook in Brasilië vasgetrek. Hulle word verdink van misdade soos bedrog, dwelmhandel, die afpersing van plaaslike boere en infiltrering van die […]
Cyril sal vandag verskeie kwessies in die parlement bespreek
President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandag vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Hy sal verskeie nasionale verwikkelings aanspreek, insluitend die regering se bestuur van die energie-opwekkingsgaping in die land, en die pad na Billike Energie-oorgang. Die Presidensie se woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa sal ook praat oor Suid-Afrika se uiteenlopende inisiatiewe om onwettige geldvloei, […]
Publiek het nie selfvertroue om korrupsie aan te meld nie
Die Integrity Namibia-konferensie het op Gobabis plaasgevind en kwessies van korrupsie en hoe dit die samelewing raak, is aangespreek. Tydens die konferensie het deelnemers aangedui dat die publiek nie die selfvertroue het om korrupsie aan te meld nie. Die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing Graham Hopwood, het tydens die konferensie gesê die bekamping […]
Namibië sal beraad vir jeug in toerisme aanbied
Namibië het weer die bod gewen om die Afrika Jeug in Toerisme-beraad vir die volgende drie jaar aan te bied. Volgens die omgewingsministerie sal die vyfde beraad van 30 Mei tot 2 Junie op Swakopmund plaasvind. Die vierde beraad het in 2022 in Windhoek plaasgevind. Die ministerie sal in samewerking met Suid-Afrika en die Verenigde […]