Proteas sal moet uithaal en wys

 Suid-Afrika moet die naweek beide eendagwedstryde teen Nederland wen om ‘n realistiese kans te hê om dadelik te kwalifiseer vir die Wêreldbekertoernooi in Indië in Oktober en November. Indien hulle dit nie doen nie, sal hulle aan ‘n kwalifiseringstoernooi moet deelneem. Die eerste wedstryd word vandag in Benoni gespeel en die tweede, Sondag op die Wanderers in Johannesburg. Die Protea-paaltjiewagter, Quinton de Kock, […]

Read More

Verkeersoortreders, amnestie maak vandag klaar

Die amnestie-tydperk vir Namibiese verkeersoortreders verval vandag. Die Namibiese polisie waarsku dit gaan geen genade betoon teen diegene wat nie hul verkeersboetes betaal het nie. Amnestie aan alle lede van die publiek met hangende verkeerslasbriewe vir inhegtenisneming om skulderkenningsboetes te betaal, was vir twee maande verleng. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol se verkeershoof kommissaris Petrus Swartz, gepraat wat […]

Read More

Wucher kort N$3,5m om regering oor Covid te dagvaar

Plaaslike media berig dat die Health Defence League, onder die leierskap van die bekende tandarts, dr. Martin Wucher, wat die regering dagvaar oor die Covid-inenting, sê hy het 3,5 miljoen Namibiese dollar nodig om die hofsaak te hanteer. Wucher, saam met ander aansoekers, eis bewyse dat die Covid-entstof veilig is en erge Covid-infeksies verhoed. Hulle […]

Read More

29 vroue Nampol-lede loop deur onder geslagsgeweld, verkragting

Tussen 2020 en 2022 is 150 polisiebeamptes afgedank vir wangedrag. Volgens die minister, Albert Kawana is daar 1 708 beamptes in dieselfde tyd aangekla en 141 is geskors. In 2020 is 51 lede uit die mag gegooi met 50 in 2021 en 49 verlede jaar. Kawana sê polisielede word onmiddellik geskors en dan begin die betrokke ondersoek. Dit is in […]

Read More

Dis Oscar se paroolverhoor vandag

ʼn Paroolraad sal vandag ʼn besluit neem oor Oscar Pistorius se aansoek om uit die gevangenis vrygelaat te word. Die voormalige Paralimpiese atleet het reeds die helfte van sy vonnis uitgedien vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, meer as tien jaar gelede in sy huis in Pretoria. Advokaat Nthabiseng Dubuzana sê die paroolpaneel […]

Read More

SA-banke betrek by Zim-goudsmokkel bedrogspul

Verskeie sleutelbeamptes by drie groot Suid-Afrikaanse banke staan ‘n goudsmokkelbende by in ‘n geldwasseryskema om miljoene Amerikaanse dollar vanuit Zimbabwe na Dubai oor te dra. Volgens Al Jazeera se ondersoekende eenheid is die beamptes by Standard Bank, ABSA Bank en Sasfin Bank werksaam. Hulle is op die betaalstaat van Mohamed Khan, bekend as Mo Dollars, […]

Read More

De Lille sê toerisme sal sy geld bestee op die bemarking van SA

Die buurland se toerismeminister, Patricia de Lille, sê sy sal voortgaan om met SA Toerisme te beraadslaag oor haar departement se begroting om seker te maak hulle kom hulle mandaat na wat die groei van besoekersgetalle aan die land betref. Dit volg na die raad van SA Toerisme se besluit om die voorgestelde borgskap van […]

Read More

Nust reageer op aantygings van onbillike praktyke

Die bestuur van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, ontken aantygings van onbillike arbeidspraktyke, stam-gebondenheid, beleids-manipulasie en wanadministrasie. Nust sê daar is geen bewyse om die beskuldigings te ondersteun nie. Nust het gereageer op briewe wat na bewering deur hul werknemers geskryf is en die universiteit van onwettige arbeidspraktyke beskuldig het. Een van […]

Read More

Rentekoerse in SA kelder eiendomsverkope

Die eiendomskenner in Suid-Afrika, Samuel Seeff, sê verhogings in die rentekoers het tot ʼn afname in eiendomsverkope gelei. Die koers is met nog 50 basispunte verhoog. Volgens Seeff is daar ʼn daling van nagenoeg 10 persent in die oordrag van eiendomme met ʼn afname in internetnavrae en ʼn soektog na eiendom. Hy sê daar was ʼn […]

Read More

Trump formeel aangekla in Stormy Daniels-saak

‘n Groot jurie het gestem om die voormalige Amerikaanse President Donald Trump in New York aan te kla oor ‘n omkoopbetaling wat tydens die 2016-verkiesing aan ‘n ster in volwasse rolprente, Stormy Daniels gemaak is. Die betaling self was wettig, maar Trump het dit na bewering as ‘n sakekoste aangeteken. Die vervalsing van sakerekords is […]

Read More