Rusland ruil blykbaar kos vir wapens in Noord-Korea

Rusland stuur volgens berigte ‘n afvaardiging na Noord-Korea om kos aan te bied in ruil vir wapens. Dit is volgens John Kirby, woordvoerder van die Amerikaanse nasionale veiligheid. Hy sê enige wapentransaksie tussen Noord-Korea en Rusland sal die VN-Veiligheidsraad se resolusies oortree. Die veiligheidswoordvoerder het gesê die VSA hou die situasie, en die beweerde transaksie, […]

Read More

Drie veranderings aan Springbok-vroue vir môre

Die Springbok-vrouespan speel môre in Madrid in ʼn toets teen Spanje en die tussentydse afrigter, Louis Koen, het drie veranderinge aan sy beginspan aangebring. Een speler sonder toetservaring is op die bank. Byrhandré Dolf begin op heelagter, Chumisa Chawe is in die middelveld en Sinazo Mcatshulwa is op flank, nadat al drie verlede naweek teen […]

Read More

Brandstofsmokkelary bly ‘n uitdaging in die Noorde

Die uitdagende situasie van brandstofsmokkelary in die noorde van Namibië word by die dag moeiliker. Brandstof-kleinhandelaars kla steeds oor die gebrek aan ondersteuning en beskerming van beide die Namibiese polisie en die ministerie van myne en energie. Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar sê daar was ‘n tyd voor die vloede dat die polisie vir twee of drie dae met ‘n […]

Read More

Cyril sê hulle doen alles om van die gryslys af te kom

President Cyril Ramaphosa het die versekering gegee Suid-Afrika werk hard daaraan om te verseker hy word van die gryslys afgehaal. Die Finansiële Aksie-taakspan het die land op die gryslys geplaas omdat hy nie ten volle voldoen het nie aan die internasionale standaarde oor die voorkoming van geldwassery, finansiering van terrorisme en vermenigvuldigende finansiering. Volgens Ramaphosa is talle belanghebbendes daarby betrokke om ʼn […]

Read More

Bolsonaro keer terug na Brasilië

Brasilië se verregse voormalige president, Jair Bolsonaro, het na Brasilië teruggekeer, waar hy deur honderde ondersteuners by die hoofstad Brasilia se lughawe begroet na drie maande in selfopgelegde ballingskap in die VSA. Die 68-jarige Bolsonaro, wat nog nie sy nederlaag in verlede jaar se verkiesing erken het nie, sal na verwagting die opposisie teen die linkse president Luiz Inacio Lula da Silva lei, het amptenare in […]

Read More

Aansoeke sluit vandag vir Mej. Namibië

Aansoeke vir die Mej. Namibië en Mej. Tiener Namibië sluit vandag. Diegene wat in die voetspore van huidige titelhouers Cassia Sharpley en Zoe Karsten wil volg, word versoek om ‘n aansoekvorm op by nbc.na af te laai vir beide skoonheidskompetisies. Aansoekvorms is ook by die uitsaaier se hoofkantoor in die hoofstad beskikbaar. Vir Mej. Tiener moet aansoekers tussen […]

Read More

Saftu is boos oor rentekoers-verhoging

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, sê hy is sterk gekant teen die jongste repokoersvehoging, omdat dit ‘n negatiewe uitwerking op die lewenstandaard van werkers en ‘n vernietigende impak op kleinsakeondernemings sal hê. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers, waarteen die bank geld aan kommersiële banke leen, tot 7,75 persent opgestoot. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle sal aanhou veg […]

Read More

Shifeta sê sy ministerie het verskeie prestasies in ’22 behaal

Omgewingsminister Pohamba Shifeta sê sy ministerie het verskeie prestasies in die 2022-23 boekjaar behaal. Hy sê meer as 195 kilometer van die paaie in die Etosha Nasionale Park is opgegradeer. Die paaie was in ‘n haglike toestand met toeriste en toeroperateurs wat skade op hul voertuie opgedoen het. Die opknapping en herstel van die park se grenslyn is deur […]

Read More

SA se rentekoers is hoogste sedert 2009

Carl Coetzee van Betterbond sê die rentekoersverhoging was heelwat hoër as waarop Suid-Afrikaners gehoop het, maar nie onverwags nie. Die Reserwebank het die terugkoopkoers met 50 basispunte tot 7,75 persent verhoog, wat handelsbanke se prima-uitleenkoers verhoog tot 11,25 persent – die hoogste koers sedert 2009. Die stap is genoodsaak deur kommer oor inflasie wat hoog bly, met ‘n koers van sewe-persent in Februarie. Coetzee sê […]

Read More

Rusland arresteer Amerikaanse joernalis, sê hy spioeneer

‘n Amerikaanse joernalis wat vir die koerant Wall Street Journal werk, is in Rusland in hegtenis geneem en van spioenasie aangekla. Evan Geshkovich is ‘n ervare verslaggewer wat in Yekaterinburg gewerk het. Die Wall Street Journal het kommer uitgespreek oor sy veiligheid en ten sterkste ontken dat hy ‘n spioen is. Die Russiese regering beweer dat Geshkovich betrap is terwyl hy besig was met onwettige aktiwiteite om […]

Read More