Pro-Kremlin blogger dood in bomontploffing

‘n Ondersoek is begin om vas te stel wat die omstandighede was rondom die moord op ‘n bekende Russiese militêre blogskrywer, Vladlen Tatarsky. Hy is dood in ‘n ontploffing in ‘n kafee die middestad van St. Petersburg, en 19 ander mense is beseer. Volgens berigte was die bom versteek in ‘n standbeeldjie wat in ‘n […]

Read More

Vandag moet jy die lewe vier, dis Wêreld-partytjiedag

Dis vandag Wêreld-partytjiedag wat geïnspireer is deur die roman van Vanna Borita, Flight: A Quantum Fiction. Die boek is in 1995 uitgegee en aan die einde is daar ‘n aftelling na 3 April 2000 waar ‘n gesinkroniseerde viering wêreldwyd gehou word. Die idee agter Wêreld-partytjiedag is dat die teenoorgestelde van oorlog en swaarkry nie passiewe […]

Read More

Mutorwa sê staatsvoertuie is te min en oud

Die Namibiese vervoerminister John Mutorwa sê daar is ‘n gebrek aan staatsvoertuie aangesien die huidige vloot wat uit 3 100 voertuie bestaan, oud is. Hy sê die laaste verkryging van die staatsvloot was ‘n dekade gelede, weens fiskale uitdagings. Volgens Mutorwa het dit dus duur geword om onderhoud en herstelwerk aan staatsvoertuie aan die gang […]

Read More

Beurtkrag dryf SA se energie-revolusie aan

Die politieke en neigings-ontleder JP Landman, sê beurtkrag dryf Suid-Afrika se energie-revolusie aan. Hy meen die negatiewe uitwerking van kragonderbrekings versnel die land se verskuiwing na alternatiewe energiebronne. Suid-Afrika gaan oor die volgende ses jaar sowat 1,5 duisend miljoen Suid-Afrikaanse rand in die energie-sektor belê. Landman voorspel beurtkrag sal teen die einde van vanjaar tot […]

Read More

Russiese-Oekraïnse konflik bring nie net politieke uitdagings

Politieke uitdagings staar die Olimpiese Spele in die gesig met die Russiese-Oekraïnse konflik. Oekraïne is gekant teen die Internasionale Olimpiese Komitee wat aanbeveel dat Russiese en Belarussiese atlete geleidelik by internasionale kompetisies toegelaat kan word waar hulle neutraal deelneem. Daar is nog nie finaal besluit oor hul deelname aan die Olimpiese Spele in Parys in […]

Read More

Capu het hulp nodig om diere te help

Die Namibiese diere-welsynsorganisasie, Civilian Animal Protection Unit, bekend as Capu, staar ‘n baie moeilike situasie in die gesig in hul poging om voort te gaan om diere in nood by te staan. Charne Wasserfall, stigter van Capu, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die organisasie se uitgawes vir Maart was byna 90 000 Namibiese dollar […]

Read More

Brandstofprys-aankondiging môre

Met die ekonomiese situasie wat elke dag moeiliker raak, wag Namibiërs elke maand in spanning vir die aankondiging van brandstofpryse. Weens stygende inflasie, is dit nie net voertuig-eienaars wat geraak word deur die aanpassings van brandstofpryse nie, maar Jan Alleman ook. Die woordvoerder van die ministerie van myne en energie, Andreas Simon, het aan Kosmos […]

Read More

Saftu: Loon-aanbod is diefstal van werkers

Die vakbond-federasie, Saftu, het sy teleurstelling uitgespreek na staatsdiens-vakbonde die regering se loon-aanbod aanvaar het. Saftu voer aan die 7,5 persent verhoging in 2023/2024 is slegs ‘n reële verhoging van 3,3 persent, want die kontantbetaling aan werkers het pensioenbydraes negatief geraak en werklike loongroei gestuit. ‘n Saftu-woordvoerder, Trevor Shaku, meen die salaris-aanbod kom daarop neer […]

Read More

Dodetal weens hewige storms in VSA styg

Die dodetal weens hewige storms met erge winde en swaar reën in die suidelike en mid-westelike dele van Amerika het gestyg tot meer as 22. Minstens vyf mense is volgens owerhede in Arkansas dood, nadat deur puin gesoek is vir nog moontlike slagoffers nadat tornado’s die staat getref het. Amptenare het ook vier sterftes in […]

Read More

Rugby: Blitsbokke stel weer teleur in Hongkong

Rugby: Na die teleurstellende nederlaag van 7-10 teen Fidji in die kwarteindronde van die Hongkong Sewes-bekerkompetisie, kom die Blitsbokke teen Argentinië te staan vir die vyfde plek. Die Springbok Sewes het die nederlaag teen Fidji, die suksesvolste span in Hongkong, opgevolg met ‘n 24-7 oorwinning oor Amerika in die halfeindstryd. Die Suid-Afrikaners kon nog nooit […]

Read More