Redes gegee vir geen aanpassing in brandstofprys  

Die ministerie van myne en energie het sy reaksie gegee waarom die brandstofprys vir April onveranderd bly. Dit geld vir beide diesel en petrol. Diesel kos 20 dollar en 65 sent per liter aan die kus en petrol kos 19 dollar 78 sent per liter. Andreas Simon, die woordvoerder van die ministerie van myne en […]

Read More

Parys verbied verhuring van e-bromponies

Die Franse hoofstad, Parys, het die eerste groot Europese stad geword om die verhuring van elektriese bromponies in sy strate te verbied. Byna 90 persent van deelnemers aan ‘n openbare raadpleging was teen e-bromponies gekant, met inwoners wat kla oor roekelose bestuur, dronkenskap en oorvol sypaadjies. Operateurs sê hulle word onregverdig uitgesonder as die hoofoorsaak […]

Read More

SA Reserwebank wil bank-deponeerders beskerm

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Suid-Afrika se eerste deposito-versekeringsliggaam gestig, naamlik die Korporasie vir Deposito-versekering, oftewel Codi. Hendrik Nel van CODI sê die doel is om bank-deponeerders te beskerm. Hy sê hulle beplan dat die liggaam teen April volgende jaar volledig in bedryf sal wees.

Read More

Nampol vind wegkom-motor van transito-rooftog

Die Namibiese polisie het terugvoering gegee oor ‘n transito-rooftog wat vanoggend net agter die Wernhil-inkopiesentrum in die hoofstad plaasgevind het. Dit is nog onduidelik hoeveel kontant gebuit is. Die gewapende rowers is ook nog op vrye voet, maar die wegkom-voertuig is gevind. Nampol se adjudant-offisier Silas Shipandeni deel meer met Kosmos 94.1 Nuus…  

Read More

Winde vies oor verkwistende Eskom-uitgawes

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het sy verontwaardiging uitgespreek oor Eskom se vrystelling van die bekendmaking van onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes in sy finansiële state vir die afgelope boekjaar en vir die volgende twee jaar. Hy sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, se besluit is ‘n groot slag vir deursigtigheid, wat dringend benodig […]

Read More

Vrou gearresteer oor militêre blogger se dood  

Die Russiese polisie het ‘n vrou, Darya Trepova, in hegtenis geneem, wat vermoedelik betrokke was by die bomontploffing by ‘n straatkafee in St. Petersburg waar ‘n bekende militêre blogger, Vladlen Tatarsky dood is. Trepova is vroeër as moontlike verdagte geïdenfitiseer. Sy is ‘n aktivis en is vantevore in hegtenis geneem by protesoptredes teen die oorlog […]

Read More

Sneeukanon ‘n vermors van geld by ski-oord  

Monte Cimone, ‘n gewilde ski-oord in Italië se Apennyne, het voor die winterseisoen 5 miljoen euro in die maak van kunsmatige sneeu belê in ‘n poging om die impak van aardverwarming af te weer. Die geld is grootliks vermors. Die sneeu-kanon was nutteloos omdat die waterdruppels wat hulle in die lug afvuur, vriesweer nodig het […]

Read More

DA: SA moeg vir onbestendigheid in koalisies

Die DA sê hulle is oop daarvoor en bereid om saam te werk met ander kleiner partye om te verseker die ANC herwin nie die mag in 2024 se verkiesing nie. Die DA se herkose leier, John Steenhuisen, het vandag aan die media gesê die mandaat is ook om die EFF van magtige posisies te […]

Read More

NEFF se Nayuoma uit op borg

Dit is nog onbekend wanneer die NEFF-aktivis Michael Amushelelo se borgtog-aansoek sal plaasvind. Intussen is sy kameraad Dimbulukeni Nauyoma vandag op borgtog van 5 000 Namibiese dollar in die Windhoekse landdroshof in Katutura vrygelaat. Die regsverteenwoordiger van Amushelelo, Kadhila Amoomo, het die dienste van ‘n advokaat ingeroep om te help met Amushelelo se verdediging en […]

Read More

SAID samel R2 000 miljard in BBP in

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het verlede jaar meer as 2 000 miljard Suid-Afrikaanse rand se bruto belastinginkomste ingesamel. Alhoewel hy sy hersiene skatting met vyf miljard rand misgeloop het, het kommissaris Edward Kieswetter die insameling as ‘n sukses beskou. Tydens ‘n nuuskonferensie het hy gesê die inkomstediens het met ‘n belasting-dryfkrag van 1,36 persent geëindig, wat […]

Read More