Onwettige plaagdoders teen kakkerlakplaag gebruik

CropLife Suid-Afrika het ‘n waarskuwing uitgereik oor ‘n toename in kakkerlak-besmettings in die land, wat gelei het tot ‘n oplewing in die onwettige gebruik van plaagdoders wat nie geregistreer is vir binnenshuise gebruik nie. Die uitbreking word toegeskryf aan die nat en vogtige somer en onhigiëniese toestande. Huiseienaars en die kitskos- en gasvryheidsektore word versoek […]

Read More

Tesourie moet verduidelik oor Eskom-vrywaring

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die land se tesourie sal dadelik ‘n verduideliking moet gee oor hoekom Eskom nou vrywaring gegee is om vir ten minste die volgende twee jaar, nie sy onreëlmatige uitgawes hoef te verklaar nie. Die land se departement van finansies het laat verlede week in die Staatskoerant aangekondig dat Eskom […]

Read More

Justisiebegroting is byna N$600 miljoen

Vandag het die minister van justisie Yvonne Dausab ‘n geleentheid gehad om in die Nasionale Vergadering te vra vir die goedkeuring van haar begroting. Die ministerie het ‘n totale begroting van 599,43 miljoen Namibiese dollar en wil sowat 9,77 miljoen aan die Direktoraat Regshervorming toegeken. Die minister het gesê die direktoraat is se taak is […]

Read More

Aktivis se vrylating verwelkom

‘n Aktivis verwelkom die vrylating van die NEFF-aktivis Dimbulukeni Nauyoma. Hy is vandag borgtog van 5 000 Namibiese dollar in die Windhoekse landdroshof in Katutura toegestaan. Die regsverteenwoordiger van Amushelelo, Kadhila Amoomo, het die dienste van ‘n advokaat ingeroep om te help met Amushelelo se verdediging. Die twee aktiviste, asook PDM-parlementslid Inna Hengari is op […]

Read More

Finland sluit môre by Navo aan

Die sekretaris-generaal van die Noord Atlantiese Verdrags-organisasie, Jens Stoltenberg, het aangekondig dat Finland môre by Navo sal aansluit as die organisasie se 31ste lidland. Finland, wat ‘n lang grens met Rusland deel, het aansoek gedoen om by Navo aan te sluit na Rusland se inval in Oekraïne. Die Turkse regering het aanvanklik die aansoek vertraag […]

Read More

Tennis: Iga Swiatek steeds nommer een

Tennis: Die voormalige wêreld nommer twee, Petra Kvitova, is weer in die top-10 van die WTA-ranglys nadat sy in Miami gewen het. Iga Swiatek is steeds in die eerste plek. Kvitova was nog nooit in die eerste plek op die ranglys nie met haar beste plek nommer twee in 2015 en 2019. Sy het met […]

Read More

Du Preez Wild hou veiling by Agri Mega-dag

Die Agri Mega-dag op plaas Ekundi naby Kalkfeld is nou nog groter met Du Preez Wild se wildveiling wat op 15 April om twaalf-uur die middag plaasvind. Met 40 jaar ervaring is Du Preez Wild se wildveiling beslis nie misgeloop word nie. Witrenosters, buitengewone mooi Baster-gemsbokke en uitsonderlike trofeediere is deel van die katalogus-veiling. Dirk […]

Read More

Daniel Paulus breek rekord in Suid-Korea

Die Namibiese padmarathon-atleet Daniel Paulus het die agtste plek behaal nadat hy ‘n tyd van twee uur, agt minute en 37 sekondes gehardloop het om ‘n nasionale rekord by die Daegu Internasionale Marathon in Suid-Korea op te stel. Hy is op die oomblik die vinnigste in Namibië. In die vroue-kategorie het marathon-koningin Helalia Johannes egter […]

Read More

Damvlakke bly daal

Namibiese damme is tans gesamentlik 69,2 persent vol teenoor verlede jaar se 84,5 persent. Water word steeds vanaf die Swakoppoort en Omatako-dam na die Von Bachdam gepomp. Die Swakoppoort se vlak staan op 74,7 persent en Von Bach op 27,8 persent. Die Von Bachdam was verlede jaar dieselfde tydperk 52,8 persent tydperk vol. Suide-damme is […]

Read More

Navorsingsprojek oor bors- en prostaatkanker

Die gesondheidsministerie het vandag ‘n navorsingsprojek oor bors- en prostaatkanker in samewerking met die Afrika-Karibiese Kankervereniging, Pfizer, die Namibiese Instituut vir Patologie en ander vennote van stapel gestuur. Volgens die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula word mense van Afrika-afkoms buitensporig deur bors- en prostaatkanker geraak, met hoër voorkoms en sterftesyfers in vergelyking met ander etniese groepe. […]

Read More