AfriForum: SA moet liewer oorlog teen armoede voer  

Die burgerregte-organisasie AfriForum, sê die bewerings van die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het, is skadelik vir die land se ekonomie. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê President Cyril Ramaphosa en die ANC-regering omskep die oorlog in Oekraïne ook in Suid-Afrika se oorlog. Hy sê Suid-Afrika […]

Read More

Australië keur eerste steenkoolmyn ná verkiesing goed

Die Australiese regering het die eerste keer sedert sy verkiesing verlede jaar ‘n nuwe steenkoolmyn goedgekeur. Die Isaac River-steenkoolmyn, naby Moranbah, sal na verwagting oor ‘n tydperk van vyf jaar ongeveer 2,5 miljoen ton steenkool lewer. Die metallurgiese steenkool sal in die vervaardiging van staal gebruik word, maar wetenskaplikes waarsku nuwe fossielbrandstof-projekte is nie versoenbaar […]

Read More

Geweld by Wes-Kaapse universiteite veroordeel

Die minister van hoër onderwys, wetenskap en innovering, Blade Nzimande, het voorvalle van gewelddadige ontwrigting, brandstigting, opsetlike beskadiging en studente-intimidasie by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie en die Universiteit van die Wes-Kaap ten sterkste veroordeel. Hy sê die regering kan en sal nie ‘n bedreiging van lewens en die vernietiging van eiendom duld nie. […]

Read More

Loteryraad het Smit se eiendomslootjie-program in 2022 afgekeur

Die voorsitter van die Loteryraad Michael Mutonga het op navraag aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die aansoek van die multi-miljoen eiendomslootjie en geaffilieerde bemarkingsprogram van Basil Smit deur die raad afgekeur is. Die raad het tydens ‘n vergadering op 18 Augustus 2022 oor Smit se aansoek beraadslaag en na behoorlike oorweging besluit om nie […]

Read More

Kommer oor visbronne in noordoostelike riviere

Die nasionale konferensie oor mens-dier-konflik van die omgewingsministerie kom vandag tot ‘n einde in die hoofstad.  Dag drie van die konferensie fokus op die vleilandspesies en ingrypings vir konflikbestuur. Onwettige visvang in noordoostelike riviere is ‘n uitdaging vir die ministerie en gemeenskappe. Clinton Hay, ‘n senior lektor aan die Universiteit van Namibië, is bekommerd oor […]

Read More

Magudumana se skeiding van borgaansoek is strategies 

’n Regskenner sê die stap deur die regspan van die moordenaar Thabo Bester se minnares, Nandipha Magudumana, om haar borgtogaansoek van dié van haar medebeskuldigdes te skei, kan strategies wees. Magudumana en haar medebeskuldigdes het Donderdag in die landdroshof in Bloemfontein aansoek gedoen om borgtog. Die medebeskuldigdes se saak gaan vandag voort, maar Magudumana se […]

Read More

Rugby: Blitsbokke moet halfeind in Toulouse haal

Rugby: Suid-Afrika speel die naweek teen die gasheer, Frankryk, Fidji en Amerika in die groepsfase van die Wêreldreeks-sewestoernooi in Toulouse. Die Blitsbokke moet die halfeindstryd haal om in die wedloop te bly om outomaties te kwalifiseer vir volgende jaar se Olimpiese Spele in Parys. Hulle is tans sewende op die punteleer weens ‘n teleurstellende reeks […]

Read More

DA berispe munisipaliteit oor rioolstorting in Oranje-rivier

Die DA in die Noord-Kaap sê hy plaas druk op die Dawid Kruiper-munisipaliteit om dringend te keer dat ‘n rioolstorting die Oranjerivier verder besoedel. Die storting vind reeds die afgelope vier jaar in Upington se nywerheidsgebied plaas. Erica Strauss van die DA sê die storting is nou so erg dat dit sigbaar is en hoorbaar […]

Read More

Tweede ontsoutingsaanleg is broodnodig – Calle

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê ‘n tweede ontsoutingsaanleg moet dringend aan die kus opgerig word om watervoorsiening te waarborg. In sy mening is ontsoute water die beste opsie vir waterskaarste in die land omdat die see van onbeperkte bronne beskik. Al wat nodig is, is om die infrastruktuur daar te stel om die water […]

Read More

Vervalle Build Together-huise op Walvis uit munisipaliteit se hande uit

‘n Luisteraar het gebel met ‘n klagte oor haar huis op Walvisbaai wat uitmekaar val. Sy het foto’s verskaf wat reuse krake en gebarste mure wys. Sy sê sy het die eiendom in 2016 deur die Build Together-projek by die Walvisbaaise munisipaliteit gekoop en sy is nie die enigste een wat die uitdagings beleef nie. […]

Read More