Korrupsie by Eskom sal voortduur 

Die Instituut vir Rasseverhoudinge het die buurland se minister van finansies, Enoch Godongwana, gewaarsku  om nie toe te laat dat beurtkrag as rookskerm vir verdere korrupsie gebruik word nie. Dit volg nadat die minister regulasies in die staatskoerant gepubliseer het wat Eskom toelaat om nie onregmatige en verkwistende uitgawes in sy jaarlikse finansiële state bekend te maak nie. […]

Read More

Finland word vandag ‘n lid van Navo

Finland word vandag die 31ste lidland van Navo. Die sekretaris-generaal van die Westerse militêre alliansie, Jens Stoltenberg, sê die Finse vlag sal vandag die eerste keer by Navo se hoofkwartier in Brussel, België, gehys word. Die Nordiese land se aansoek het gevolg  na Rusland se inval in Oekraïne, aangesien Finland ‘n lang grens met Rusland deel. […]

Read More

Badroodien onskuldig, sê hy is verlig

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê hy is uiters verlig nadat hy onskuldig bevind is op aanklagte wat verband hou met ‘n gepeuter aan elektrisiteit. Hy het die amp verlede September verlaat ná bewerings dat hy met ‘n elektrisiteitsmeter op sy eiendom gepeuter het. Hy het die bewerings ontken. Badroodien, wat tydens ‘n tugverhoor […]

Read More

Landbou kyk na kordonheining op Angolese grens

Die Namibiese landbouminister het ‘n vatbaarheidstudie gelas om ‘n veterinêre kordonheining op die grens met Angola op te rig. Volgens wat berig word, sal die studie in die huidige finansiële jaar voltooi word. Die kwessie van die sogenaamde rooilyn is reeds ‘n geruime tyd in die nuus met menings dat die boere nie ingesluit in uiters winsgewende markte nie. Die kwessie van bek-en-klouseer […]

Read More

Verhoogde kragkostes sal nie Eskom help nie

Die energiekenner Hilton Trollip sê geld van tariefverhogings gaan Eskom nie red nie. Die tariewe wat die kragvoorsiener vir elektrisiteit hef, het Saterdag met meer as 18 persent verhoog. Trollip sê Eskom het nie net te kampe met koste nie, maar moet ook sy skuld diens. Hy meen dis ongelukkig dat verbruikers die spit moet afbyt: 

Read More

Disney vang DeSantis uit… vir nou

Ron DeSantis, die goewerneur van Florida, het die deelstaat se inspekteur-generaal gevra om ondersoek in te stel na hoe ‘n toeristetoesigraad wat nuut geskep is, na bewering deur Walt Disney World se topamptenare van die meeste van sy mag gestroop is. DeSantis het onlangs die nuwe raad gestig om beheer te vat oor Disney se doen en late. Disney se Reedy Creek was sedert 1967 sy […]

Read More

Ruimtevaarders vir Artemis II bekend

Die Amerikaanse lugvaart- en ruimte-administrasie, NASA, het ‘n bemanning van vier ruimtevaarders aangekondig vir die Artemis II-sending. Hulle sal die eerste mense in meer as 50 jaar wees wat om die maan vlieg. Christina Koch sal die eerste vrou ooit op ‘n maansending wees terwyl Victor Glover die eerste swart ruimtevaarder op ‘n maanreis is. Hulle sluit aan by […]

Read More

Droogte bied a geleentheid aan beginnerboere

Agribank het raad aan beginnerboere vir die droogte gegee. Moeilike tye word vir die Namibiese landbousektor voorspel met onder-normale reënval wat oor die meeste dele van die land gedurende die reënseisoen voorgekom het. Daar is groot kommer oor ‘n afname in vee-produksie weens swak weiding in sommige dele van die land. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

Namibië het 2 100 mense wat meer as US$1m werd is

Die Africa Wealth Report vir 2023 sê Namibië het ‘n verstommende 2 100 miljoenêrs. Volgens die verslag word ‘n miljoenêr gedefinieer as ‘n persoon met rykdom van 1 miljoen Amerikaanse dollar of meer. Die verslag beaam ook dat die plaaslike getalle van miljoenêrs met 60 persent oor die volgende tien jaar sal groei. Suid-Afrika het […]

Read More

Droogte: Eerste minister sê kwesbare streke is reeds geïdentifiseer

Daar is kommer oor die droogte in Namibië nadat sekere dele van die land geen reën gehad nie. Calle Schlettwein, die landbouminister het reeds in die parlement op vrae oor die kwessie gereageer en bevestig die land moet voorberei vir ‘n droogte. Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sekere streke […]

Read More