Busstaking moontlik net voor Paasfees in SA

Numsa in Suid-Afrika sê hy berei voor vir ‘n nasionale staking in die passasiersbus-sektor en dit sal waarskynlik voor die Paasnaweek begin. Die werknemers wat deur die South African Bus Employers Association en die Commuters Bus Employers Organisation verteenwoordig word, wil staak. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond probeer sedert Januarie deur die […]

Read More

Rusland sê Oekraïne het bom geplant

Rusland se nasionale teenterrorisme-komitee beweer ‘n bom wat die dood van ‘n bekende pro-oorlog militêre blogskrywer, Vladlen Tatarsky, veroorsaak het, is deur Oekraïne se spesiale magte beplan. ‘n Vrou wat as Darya Trepova geïdentifiseer is, is in hegtenis geneem in verband met die aanval by ‘n kafee in die middestad van St Petersburg. Russiese ondersoekers […]

Read More

Rory gesels oor sy spelplan vir Augusta

Die viermalige kampioen Rory McIlroy sê sy gesprek met die vyfmalige wenner Tiger Woods het die noodsaaklikheid vir hom beklemtoon om die korrekte spelplan vir die Meesters op die Augusta National te hê. Die speler van Noord-Ierland gaan sy negende poging aanwend om die sesde speler te word wat al vier majors wen. McIlroy sê […]

Read More

Swart besighede is ook vies oor Eskom se vrywaring oor sy besteding

Die Black Business Council is ook bekommerd oor die minister van finansies, Enoch Godongwana, se besluit om Eskom vry te stel van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die raad beskou hierdie besluit as irrasioneel en ‘n desperate poging om die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, te beskerm teen sy gebrek aan […]

Read More

Daar sal nie oeste wees vir droëland-produsente nie

Paniek heers onder beide saai- en veeboere in Namibië ná die swak reënseisoen. Oor die algemeen sal saaiboere hierdie tyd van die jaar begin gereedmaak vir die oesseisoen. Landbou-kenners het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is boere in die Mieliedriehoek wat hul mielies in die grond gaan terugploeg of as veevoer gaan gebruik, weens […]

Read More

Studie toon dagga sal baie werksgeleenthede skep

‘n Senior lektor by die Universiteit van Pretoria, Motshedisi Mathibe, sê die hennep- en daggabedryf het die potensiaal om werk te skep, armoede te verlig en ongelykheid in Suid-Afrika te verminder. Na raming kan die sektor meer as 130 000 nuwe werksgeleenthede skep. Die departemente van landbou en gesondheid werk saam om die bestaande toestande […]

Read More

“Trump se realiteit verskil van ons s’n”

Die bekende Amerikaanse joernalis en outeur Michael Wolff sê oudpresident Donald Trump se realiteit verskil van die res van ons se realiteit. Dit volg nadat hy blykbaar aan sy personeel gesê het 10 000 mense sal teenwoordig wees om hom by die Trump Tower in New York te verwelkom wanneer hy daar aankom om formeel […]

Read More

Amerikaners stel vandag vroue-akademie op Walvis bekend

Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, Randy Berry, stel vandag amptelik die Academy for Women Entrepreneurs op Walvisbaai bekend. Die akademie wat in 2020 in Namibië gestig is, bied aan vroue-entrepreneurs die gereedskap wat nodig is om hul eie besighede te skep en te laat groei, kapitaal in te samel en effektief met ander suksesvolle sake-eienaars […]

Read More

Kandjeke se kantoor moet 150 verslae die boekjaar voltooi

Die kantoor van die ouditeur-generaal  moet meer as 150 ouditverslae vir die 2023-2024 boekjaar voltooi. Dit sluit in 33 regerings ouditverslae, 73 streeks- en plaaslike owerhede se sake en 33 bate-inspeksies. Twaalf gespesialiseerde ouditverslae word ook beplan wat prestasieverslae, die omgewing, en nakomingsverslae insluit. Die kantoor het 105 verslae vir die 2022-2023 boekjaar voltooi. Daar is steeds uitdagings met die […]

Read More

IUM se Russiese sentrum vorder uitstekend

Namibië se International University of Management en die People’s Friendship University of Russia het in 2018 ‘n sentrum vir Russiese taal en voorgraadse studies by die universiteit in die hoofstad begin. Hierdie projek vorder goed, volgens dr. David Namwandi, die stigter van die instansie. Die projek het ten doel om ‘n Russiese taalonderrig- en leer-omgewing en kulturele uitruil-platform vir Russiese burgers en Namibiërs te bied. Namibiërs wat van voorneme […]

Read More