Rugby: Blitsbokke slaan terug in Toulouse
Rugby: Nadat hulle in hulle openings-Sewes-wedstryd in Toulouse, Frankryk met 31-7 teen die tuisspan verloor het, het die Blitsbokke teruggeslaan en Fidji in hulle tweede groepwedstryd met 24-7 geklop. Die Springbokke het in hul eerste wedstryd vyf drieë afgestaan, maar in hul laaste wedstryd van die dag het hulle in gietende reën ‘n goeie oorwinning […]
Aanklaer-generaal moet beslis oor Heavens Ark-behuisingsaak
Die hofsaak waarin die sakeman Stephan Malan daarvan beskuldig word dat hy ‘n groep van die Heavens Ark-behuisingsorganisasie uit hul grond bedrieg het, is uitgestel vir ‘n beslissing van die kantoor van die aanklaer-generaal. Die saak het vandag vlugtig in die Windhoekse landdroshof voorgekom en is vir die finale keer uitgestel. In reaksie vir Malan […]
Minder bouplanne in Swakopmund goedgekeur
Die goedkeuring van bouplanne in Windhoek en Swakopmund het met 33,6 persent op ‘n jaargrondslag afgeneem, van 283 planne in April 2022 tot 188 planne in April 2023. Die drywer van hierdie afname is Swakopmund, wat met 53,7 persent op ‘n jaargrondslag gedaal het. Die Swakopmundse munisipaliteit het in April 70 bouplanne vir huise goedgekeur, […]
Wes-Kaap wil skole weer op standaard kry
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê sy 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand “Back on Track”-inisiatief, wat regoor die provinsie geïmplimenteer sal word, se hoofdoel is om onderwys by sy skole weer op standaard te kry. LUR David Maynier sê die onderwys-sektor staar ‘n volskaalse ramp in die gesig na die ontwrigtings wat deur die Covid-pandemie veroorsaak is. Die […]
Oud-Pakistanse premier op borgtog vrygelaat
Die hooggeregshof in Pakistan het beveel dat die voormalige eerste minister en krieketheld Imran Khan vrygelaat word. Die hof het borgtog van twee weke aan hom toegestaan, en sê Khan se inhegtenisneming in verband met aanklagte van korrupsie vroeër die week, is onwettig. Die aanklagte van korrupsie is egter nog geldig. Daar is ook ‘n […]
Winde maan teen skade aan diplomatieke bande tussen SA en VSA
Die Wes-Kaapse regering is uiters besorgd oor berigte dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het en waarsku dit kan ekonomiese en diplomatieke bande met Amerika skaad. Premier Alan Winde sê die ekonomie sukkel as gevolg van die uitwerking van die Covid-pandemie en beurtkrag en dit is noodsaaklik om handelsverhoudinge met sleutelvennote soos Amerika te koester. […]
Akkerboubedryf groei, maar het uitdagings
Die akkerboubedryf in Namibië groei bestendig, maar word gekonfronteer met baie uitdagings soos droogte, hoë insetkoste, plae en siektes. Namibië bly ‘n netto invoerder van hoofsaaklik vars vrugte, terwyl die produksie van die meeste groente-lyne die afgelope 10 jaar aan die toeneem is ná die bekendstelling van die Mark-aandeel-bevorderingskema, wat vereis dat handelaars ‘n sekere […]
AngloGold Ashanti beoog om korporatiewe basis in Suid-Afrika te verskuif
Die goudmynmaatskappy AngloGold Ashanti het aangekondg dat hy beoog om sy korporatiewe basis en primêre notering uit Suid-Afrika te verskuif. Die maatskappy se hoofkantoor sal in Brittanje wees, met die primêre notering op die New Yorkse aandelebeurs. Die maatskappy het aangedui dat hy toegang wil kry tot die wêreld se grootste kapitaalpoel, die minimum ontwrigting […]
Afrika is dalk nie gereed vir Vierde Landbou-revolusie
Landboukundiges sê dit is onduidelik of Afrika gereed is vir die Vierde Landbou-revolusie. Kenners sê ten spyte van die sektor wat ‘n beduidende rol in voedselsekerheid speel, moet boere nou Landbou 4-punt-nul ernstig opneem om integreer te word in die wêreldwye waardeketting en om voedselsekerheid te verbeter. Landbou 4-punt-nul sal na verwagting gevorderde tegnologieë in […]
Rugby: Connacht gereed vir Stormers
Rugby: Connacht is in Kaapstad vir môre se halfeindstryd teen die Stormers in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Ierse span het verlede naweek onverwags in Belfast oor Ulster geseëvier om die voorlaaste ronde te bereik en terselfdertyd aan die verdedigende kampioen ʼn onverwagse tuis-halfeindstryd in die Kaapstad-stadion besorg. Die hulpafrigter, Pete Wilkins, sê Connacht is vasbeslote […]