Shiimi skors Namcor se Mulunga

Die besturende direkteur van Namcor, die nou beleërde staats-oliemaatskppy, Immanuel Mulunga is laat Dinsdagmiddag geskors. Volgens wat berig word het die skorsing gekom na ‘n vergadering met die minister van finansies en openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi. Dit kom na meer as ‘n week van chaos by die maatskappy. Die raad het volgens berigte teen Mulunga gedraai en net voor ‘n vergadering oor die betaling […]

Read More

Olie-ontdekking: Bron van kommer oor die vloek van die hulpbron

Opposisieleiers waarsku met die ontdekking van olievelde aan die Namibiese kus, kan die regering in die versoeking kom om meer geld te leen in afwagting van inkomste uit olie. Die olie-ontdekkings bring groot beloftes vir Namibië maar daar is ook die sogenaamde vloek van oliebronne. Daar is ook vrae oor wetgewing om te verseker dat […]

Read More

Laerhowe handel net 32% van sake af

Howe in Namibië, wat streekshowe, distrikshowe en landdroshowe insluit, het in die vorige finansiële jaar net meer as 64 000 sake hanteer met ‘n skamele 32 persent wat afgehandel is. Volgens die minister, Yvonne Dausab, dui die lae tempo van die voltooiing van sake daarop dat kapasiteit in laerhowe geskep moet word. Op die oomblik laat die struktuur net […]

Read More

Trump sê wat verwag is: Heksejag, fopklagtes, politieke motivering

Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump sê die enigste misdaad wat hy gepleeg het, is om Amerika vreesloos te verdedig teen diegene wat die land wil vernietig. Hy het in ‘n hof in Manhattan onskuldig gepleit op 34 aanklagte rakende die vervalsing van sakerekords. Aanklaers beweer die voormalige president het probeer om die integriteit van […]

Read More

Gauteng stel 255 mediese noodreaksievoertuie bekend vir Paasnaweek

Die Departement van Gesondheid in Gauteng stel vandag 255 nuwe mediese noodreaksievoertuie bekend. Dit vorm deel van die gereedheidsveldtog vir die Paasnaweek. Die nuwe vloot het moderne tegnologie en mediese toerusting en sal aan al vyf die distrikte in die provinsie toegewys word. Die departement wil verseker daar is ononderbroke noodreaksie gedurende die langnaweek. Woordvoerder, […]

Read More

Staking by behuisings-onderneming kom tot ‘n einde

Die Nasionale Behuisings-onderneming se werknemers en die Staatsdiens-unie van Namibië het ingestem om hul staking te beëindig. Die werknemers sal op Dinsdag 11 April terugkeer werk toe. Die partye het ingestem tot ‘n eenmalige betaling van 5 000 Namibiese dollar, wat binne twee dae na ondertekening van die skikkingsooreenkoms betaalbaar is. Die ooreenkoms is onderteken […]

Read More

Kameroense man vas in hoofstad vir vervalste geld

‘n Man van Kameroen bly in aanhouding nadat hy in die Windhoek-landdroshof verskyn het op ‘n aanklag van vervalsing van Namibiese en Amerikaanse banknote. Die 52-jarige Scott Kearm Mbah het sy eerste hofverskyning voor landdros David Mukuyu gemaak. Hy word aangekla van een aanklag van vervalsing of verandering van banknote. Mbah is na bewering in […]

Read More

AfriForum span kragte met Noordwes-gemeenskap saam om landbou te bevorder

AfriForum en die Batlharo Boo Tokwana-Ba-Ga-Masibi tradisionele gemeenskap in Noordwes werk saam aan landbou-ontwikkeling, selfvoorsiening deur die gemeenskap en grondeienaarskap. Die doel met die samewerking is om ‘n voorspoedige toekoms vir hulle kinders en toekomstige geslagte te verseker. AfriForum se hoof van Tussenkulturele Betrekkinge en Samewerking, Barend Uys, glo die versterking van gemeenskapsfederalisme is die […]

Read More

Trump se 34 klagtes is bekend, hy pleit onskuldig

Oud-president Donald Trump het onskuldig gepleit op 34 aanklagte in die eerste graad vir die vervalsing van sakerekords . Dit hou verband met ‘n swyggeld-skema tydens die 2016-verkiesing. Hy het in ’n Manhattan-hof in New York verskyn. Aanklaers beskuldig Trump daarvan dat hy sy New York-sakerekords herhaaldelik en op bedrieglike wyse vervals het. Die doel […]

Read More

Byna 40 verkragtingsgevalle in Oshikoto in drie maande

Vanaf Januarie tot Maart vanjaar is 39 gevalle van verkragting net in die Oshikoto-streek aangemeld. Van daardie gevalle is 15 gevalle in Januarie gerapporteer, gevolg deur 14 in Februarie en tien in Maart. Die streeksbevelvoerder van Oshikoto, kommissaris Teopolina Kalompo-Nashikaku, het gesê dat meeste verkragtingsake, 19, in Omuthiya aangemeld is, gevolg deur Okatope met agt […]

Read More