Kuberveiligheid kry hupstoot
Inligtingminister Emma Theofelus het haar tevredenheid uitgespreek met die ministerie se implementering van geoormerkte programme vir die 2024/2025-boekjaar. Die inligtingministerie se totale begrotingstoewysing was 703 miljoen Namibiese dollar, waarvan 25 miljoen dollar vir kapitaalprojekte gebruik is. Een van die projekte is ‘n toepassing, I-Secure Bot, wat die publiek se vrae oor kuberveiligheid antwoord. Kosmos 94.1 […]
Onteiening moet by grondwet hou
Die Ahmed Kathrada-stigting steun die Wet op Onteiening en sê dit doen iets aan historiese ongelykhede. Derek Hanekom van die stigting beklemtoon die belangrikheid dat grondonteiening moet ooreenstem met grondwetlike beginsels, wat deursigtigheid en regsoorsig bevorder. Te midde van teenstand deur sekere politieke partye maan kenners dit kan nasionale eenheidsbestendigheid raak. Hanekom onderstreep die belangrikheid […]
Werk en hou vakansie in Kiwiland
Nieu-Seeland sal losser visumreëls instel om digitale nomades te lok. Volgens berigte is dit om sy toerismesektor en ekonomie ‘n hupstoot te gee. Erica Stanford, immigrasieminister het in ‘n verklaring gesê die besoekersvisum sal vanaf 27 Januarie aangepas word om mense toe te laat om te werk terwyl hulle in die land reis. Sy het […]
Trump se staking van hulp kan Haïti knou
Leslie Voltaire, die president van Haïti se oorgangspresidensiële raad, waarsku dat onlangse besluite deur die Trump-administrasie, spesifiek om hulpprogramme te staak, migrante te deporteer en vlugtelinge te blokkeer, katastrofiese gevolge vir Haïti sal hê. Hy sê die verlies van Amerikaanse humanitêre hulp die reeds haglike situasie in Haïti dramaties sou vererger. Hy voeg by dat […]
Kommer oor Otjomuise-kinders wat nie kan skoolgaan nie
Windhoek se nuwe burgemeester, Ndeshihafela Larandja, het onlangs die gebiede in Otjomuise wat deur die onlangse kitsvloede geraak is besoek. Die besoek het ‘n hersiening van toestande by die Stad Windhoek se hervestigingsterrein op Plaas 508 ingesluit, wat pogings beklemtoon om die uitdagings wat die meer as 200 geaffekteerde gesinne in die gesig staar aan […]
Stralerbrandstof: DA sê herstelplan is dringend nodig
Die DA vra ‘n parlementêre verhoor aan oor toenemende onderbrekings aan lughawedienste. Die party se woordvoerder oor Vervoer Chris Hunsinger sê die onlangse brandstofpompe wat gebreek het by die Kaapstadse Internasionale Lughawe en dreigende brandstoftekorte by OR Tambo lig kritieke wanbestuur uit. Hy moedig die minister van Vervoer Barbara Creecy en ACSA aan om ‘n […]
Lukashenko vat (weer) verkiesing
Belarus se leier en Russiese bondgenoot Alexander Lukashenko het sy bewind van 31 jaar verleng na verkiesingsbeamptes hom vandag as die wenner van ‘n presidensiële verkiesing verklaar het. Hy het geen ernstige uitdaging van die vier ander kandidate op die stembrief gehad nie en sommige het hom selfs onderskry. Hy het 86,8 persent van die stemme op […]
Gibson se riller spring na nommer een
Mel Gibson se eerste fliek as regisseur sedert 2016, Flight Risk, beklee die eeste plek by die loket nadat dit dié naweek in teaters in Noord-Amerika uitgereik is. Die aksie-riller met Mark Wahlberg in die hoofrol handel oor ‘n vlieënier wat ‘n senior Lugmagoffisier en ‘n getuie na ‘n verhoor vervoer. In die tweede plek […]
Verhoef vra hof vir bewaringsbevel na beweerde bedrog by GIPF
‘n Vermeende bedrogspul by die Regeringsinstellings Pensioenfonds draai vandag in die hoërhof met die adjunk-aanklaer-generaal Antonia Verhoef wat in ‘n uitgebreide verklaring die hof vir ‘n bewaringsbevel vra rakende amper 637 000 Namibiese dollar wat in ‘n rekening in krediet by Pupkewitz Megabuild gehou word. Die beweerde komplot is uiters kompleks maar volgens Verhoef is […]
Wes-Kaapse skole loop weer deur tydens die vakansie
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement berig daar was 47 inbrake en gevalle van vandalisme by 34 skole oor die somervakansie, wat meer is as verlede jaar se 26 voorvalle. Die LUR vir Onderwys David Maynier sê gesteelde items sluit in toestelle, vaste toebehore en heinings. Die LUR moedig gemeenskappe aan om verdagte optrede by die polisie aan […]