Rossmund Gholfbaan vanmiddag onder die hamer

Die Rossmund Gholfbaan sal vandag opgeveil word na ‘n hofbeslissing in die guns van die Ontwikkelingsbank van Namibië. Die reserweprys is op 8,46 miljoen Namibiese dollar vasgestel met 10 persent wat by die veiling betaal moet word en die balans, binne 14 dae. Die hofuitspraak is bekom deur ‘n aansoek vir ‘n verstekvonnis in die […]

Read More

Tshwane se geldsake kry eerste aandag – Brink

Die Stad Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê hy het sy eerste week op kantoor gebruik om aan die uitgestelde aanpassingsbegroting vir die 2022/2023-boekjaar te werk. Die stad het tot volgende Vrydag tyd om ‘n aanpassingsbegroting te aanvaar of loop andersins die gevaar om onder administrasie geplaas te word. Dit sal beteken die munisipaliteit se […]

Read More

Russiese beeldhouer van terrorisme aangekla

Ondersoekers het die 26-jarige vrou wat beskuldig word dat sy die pro-oorlog Russiese blogskrywer, Vladlen Tatarsky, doodgemaak het, van terrorisme aangekla. Hy is Sondag in ‘n ontploffing in ‘n kafee in St. Petersburg dood waar hy ‘n gas was van ‘n groep ten gunste van die oorlog. Meer as 30 mense is beseer. Darya Trepova […]

Read More

Tariefverhogings in eThekwini is onaanvaarbaar

ActionSA in KwaZulu-Natal is diep bekommerd oor die eThekwini-munisipaliteit se voorgestelde tariefverhogings vir die nuwe boekjaar wat op 1 Julie vanjaar van krag word. Alan Beesley van ActionSA sê die voorgestelde verhoging van 21,9 persent vir elektrisiteit, 15,9 persent vir water,  8 tot 9 persent vir vullisverwydering, 12,9 persent vir sanitasie, en belasting wat met 8,9 persent opgaan, is ver bo […]

Read More

Pampoentjies neem landwyd toe

Die Namibiese gesondheidsministerie sê gevalle van pampoentjies neem landwyd toe. Dit volg nadat pampoentjies vroeër by ‘n skool in Oshakati in die Oshana-streek uitgebreek het. Dit is ‘n hoogs aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur ‘n virus. Die uitvoerende direkteur in die ministerie Ben Nangombe, sê aan Kosmos 94.1 Nuus mense met simptome word aangeraai om tuis te bly […]

Read More

NamRA hef invoerbelasting op bessies, tuisgemaakte vodka vanaf Angola

NamRA het bevestig dat hy voortaan invoerbelasting op inheemse bessies, bekend in die Noorde as eembe, wat vanaf Angola na Namibië gebring word, sal hef. Volgens Tonateni Shidhudhu, woordvoerder van die agentskap, sê invoerbelasting moet gehef word omdat Angola nie ‘n lid van die doeane-unie, Sacu, is nie. Hy sê ‘n 20 persent heffing sal op die gewig per kilogram op eembe gehef […]

Read More

Cosatu soek ook antwoorde oor Eskom en sy besteding 

Cosatu sê die Nasionale Tesourie se besluit dat Eskom nie onregmatige en verkwistende uitgawes in hulle finansiële state hoef te meld nie, maak die weg oop vir die voortsetting van staatskaping. Die kragverskaffer het ná Transnet die jongste staatsinstelling geword wat hiervoor vrystelling kry. Cosatu se woordvoerder, Zingiswa Losi sê President Cyril Ramaphosa moet Tesourie opdrag gee om die uitsluiting te […]

Read More

Rugbylegende Ian McIntosh sterf 

Die voormalige Springbok-afrigter en Haaie-legende Ian McIntosh is dood. McIntosh het die Bokke in 1993 en 1994 afgerig. Hy is as ‘n legende van die spel in Durban en KwaZulu-Natal beskou, waar hy die Haaie in die 1980’s en 1990’s afgerig het. McIntosh is vanoggend vroeg in ‘n Umhlanga-hospitaal dood. Hy is vroeër met kanker gediagnoseer. Huldeblyke van […]

Read More

Mkhwebane kan nie verhoor word sonder regspersoon nie

Die African Transformation Movement is gekant teen die voortsetting van die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se parlementêre verhoor sonder haar regspan. Sy is sonder verteenwoordiging aangesien haar kantoor geweier het om haar regskoste ná die einde van Maart te befonds. Die Artikel 94-komitee ondersoek Mkhwebane se geskiktheid om die amp te beklee. Die ATM se president, Vuyo Zungula, het aan Newzroom Afrika gesê hulle ondersteun […]

Read More

Goud breek weer deur die US$2 000-merk

Die goudprys het vandag sy hoogste vlak sedert Maart verlede jaar bereik nadat swak Amerikaanse ekonomiese data die vraag na die sogenaamde veilige belegging aangespoor het. Die kommoditeit het vroegoggend 2 023 Amerikaanse dollar per fynons bereik. Die indeks vir die Amerikaanse dollar het ook ‘n laagtepunt bereik wat goud goedkoper maak. Kenners meen goud sal […]

Read More