Gordhan distansieer hom van BLSA se Eskom-ondersoek
Die Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het hom gedistansieer van berigte dat Business Leadership South Africa ‘n korrupsie-ondersoek deur die privaat ondersoeker, George Fivaz, befonds het wat deur die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, aangevra is. Die minister verskyn voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge om De […]
Sarkozy moet ‘n elektroniese armband dra
Die oudpresident van Frankryk Nicolas Sarkozy gaan vir ‘n jaar lank ‘n elektroniese armband moet dra sodat paroolbeamptes hom kan monitor. Dit volg nadat Sarkozy sy appèlsaak in die Appèlhof in Parys, verloor het. Hy is in 2021 skuldig bevind op aanklagte van korrupsie en dat hy sy invloed misbruik het. Hy is vir drie […]
DA bekommerd oor werkloosheidskoers in Noord-Kaap
Die DA in die Noord-Kaap neem kennis van die effense verbetering in die provinsiale uitgebreide werkloosheidskoers. Die party sê egter hy kan nie die koers vier wat tussen verlede jaar en vanjaar met minder as twee persent gedaal het en nou op 42,6 persent staan nie. ʼn Woordvoerder van die DA, Fawzia Rhoda, sê dit […]
Keetmanshoop-inwoners ruk op oor swak dienslewering
Inwoners van Keetmanshoop wat hulself lede van die Landless Peoples’ Movement noem, het vandag na die Keetmanshoop-stedelike kiesafdeling opgeruk om teen beweerde swak dienslewering te betoog. Dieselfde groep het verlede week ook ‘n betoging by die kiesafdeling gehad om hul ontevredenheid uit te spreek, maar die kiesafdeling se raadslid Joseph Isaack wou nie na hul […]
Gordhan: Politieke veldtog alleen sal nie korrupsie uitwis
Die minister van openbare ondernemings in die buurland, Pravin Gordhan, erken die bestaan van korrupsie binne instellings soos Eskom. Hy beklemtoon korrupsie is nog altyd ʼn probleem, met sommige sake wat reeds aandag gekry het en ander wat wag. Gordhan sê ʼn politieke veldtog alleen sal nie korrupsie uitroei nie en versoek ‘n omvattende ontleding […]
Vier dood in aanval op VSA konvooi in Nigerië
Die polisie in Nigerië sê vier mense is dood nadat gewapende aanvallers ‘n Amerikaanse konvooi in die suidoostelike Anambra-staat aangeval het. Die slagoffers sluit volgens berigte twee personeellede van die Amerikaanse konsulaat en twee polisiebeamptes in. Nog drie mense is ontvoer voordat hulle voertuig aan die brand gesteek is. ‘n Reddingsoperasie is tans aan die […]
Sokker: Man City is vanaand gasheer vir Real Madrid
Sokker: Manchester City is vanaand gasheer vir Real Madrid wanneer hulle sake uitspook vir ʼn plek in die eindstryd van die Kampioeneliga. Die eerste ronde tussen die Europese reuse het in Madrid een-elk gelykop geëindig. Die wenner kom op 10 Junie in Istanbul teen Inter Milan te staan nadat Inter ʼn ander Italiaanse span, AC […]
Nored skuld blykbaar die meeste aan NamPower, Rehoboth en Windhoek ook daar
NamPower bly in die nuus om verskeie redes, die eerste sy dreigende beurtkrag die sy debiteure wat hom geld skuld, en die tweede, sy uitdagings met Eskom se voortslepende kragopwekkings-probleme. Die maatskappy sê verskeie plaaslike owerhede en kragverspreiders skuld hom 1,5 miljard Namibiese dollar. Van die totaal is die grootste debiteur Nored, die noordelike kragverspreider […]
LPM se Labuschagne gesels oor sy planne
Die Landless People’s Movement het beheer oor die Keetmanshoop Landelike kiesafdeling herwin met die naweek se tussenverkiesing. Die party se kandidaat Willem Labuschagne het 1 270 uit 2 912 stemme op hom verenig. Kosmos 94.1 Nuus het met Labuschagne gesels oor sy planne, veral omdat die gebied sukkel met werkloosheid en min geleenthede.
Gordhan sê daar’s ‘n verband tussen korrupsie, sabotasie en beurtkrag
Die buurland se minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê daar bestaan geen twyfel oor ‘n verband tussen korrupsie, sabotasie en beurtkrag nie. Hy verskyn voor die parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge om getuienis te lewer oor beweerde korrupsie by Eskom. Die komitee wil weet wat gedoen is aan bewerings wat die voormalige […]