NS-polisie ondersoek brand by hostel as moordsaak

Die polisie in Nieu-Seeland sê Dinsdag se brand by ‘n hostel in die hoofstad, Wellington, word as ‘n saak van moord ondersoek. Minstens ses mense is in die brand in die Loafers Lodge dood en tot 20 mense word nog vermis. Die dodetal kon weens die skade aan die vier verdieping gebou, nog nie bevestig […]

Read More

Paparazzi jaag vir Prins Harry, Meghan en haar ma vir twee ure

Prins Harry, Meghan en haar ma was betrokke by ‘n byna katastrofiese motor-jaagtog waarby paparazzi betrokke was, het ‘n woordvoerder van die prins gesê. Die voorval het gebeur nadat die hertog en hertogin van Sussex Dinsdag ‘n toekenning-seremonie in New York bygewoon het. In ‘n verklaring het die prins se woordvoerder gesê die agtervolging van […]

Read More

Natis op Ondangwa haal agterstand van leerlinglisensies in  

Die Paaie-owerheid het leerlinglisensie-besprekings by hul Natis-kantoor op Ondangwa tydelik opgeskort. Korporatiewe kommunikasiebeampte Constance Mwilima sê dat dit gedoen word om die huidige agterstand aan te spreek. Dit tree onmiddellik in werking en sal tot Vrydag 26 Mei duur. Sy sê gedurende die tydperk sal die kantoor voortgaan met leerlinglisensie-toetse vir diegene met bestaande besprekings. […]

Read More

Loteryraad gaan prokureurs oor lootjie-projek raadpleeg

Die voorsitter van die Loteryraad in die Namibiese omgewingsministerie Michael Mutonga het in ‘n media verklaring weer beklemtoon dat die sogenaamde Multi-million Online Real Estate Lottery, die Namibia Property Raffle-projek van Basil Smit nie deur hom goedgekeur is nie en dus ‘n onwettige lootjie is. Die program behels Amani Lodge en Burgs View Boutique Hotel […]

Read More

Gaan Namibië se rentekoers in SA voetspore volg?  

‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op die verwagte rentekoers-verhoging van die Suid-Afrikaanse Reserwebank wanneer sy Monetêre Beleidskomitee op 25 Mei vergader. In Maart het die bank die mark verras toe hy die koers met 50 basispunte verhoog het, ‘n toename in die repokoers tot 7,75 persent en die prima uitleenkoers tot ‘n 14-jaar […]

Read More

Man val sy vriend met byl aan  

‘n Man sal vandeesweek in die Tsumkwe rondgaande hof verskyn nadat hy sy vriend by Mangetti-duin in die Tsumkwe-kiesafdeling met ‘n byl aangeval het. Die 20-jarige slagoffer is in die Mangetti-gesondheidsentrum opgeneem en sal na die Grootfontein-staatshospitaal oorgeplaas word. Die 26-jarige verdagte sal op ‘n klag van poging tot moord verskyn nadat hy sy vriend […]

Read More

Gevegte duur voort in Sudan

‘n Sudannese dokters-vakbond sê die burgerlike dodetal weens die voortslepende gevegte tussen die weermag en die paramilitêre groep, die RSF, het tot 822 gestyg. Volgens die vakbond is meer as 3 200 burgerlikes in die gevegte gewond. Die konflik, wat op 15 April uitgebreek het, het vererger ondanks samesprekings oor ‘n skietstaking in die Saoedi-Arabiese […]

Read More

Vrou word wakker in KZN-lykshuis

Die DA in KwaZulu-Natal eis antwoorde by die LUR vir gesondheid, Nomagugu Simelane-Zulu, nadat ‘n vrou van Phoenix, Constantia Junior Govender, in ‘n lykshuis se yskas in die Mahatma Gandhi-gedenkhospitaal in Durban wakker geword het. Die provinsiale gesondheidsdepartement ondersoek die voorval. Die DA-lid, Edwin Baptie, let op die ooreenkoms met ‘n voorval in 2016 toe […]

Read More

Madisia en haar broer word op 13 Junie gevonnis

Regter Christie Liebenberg het vandag in die Windhoekse hoërhof aangekondig dat vonnisoplegging in die Shannon Wasserfalll-saak op 13 Junie sal plaasvind. Die moordbeskuldigdes Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu is Dinsdag onskuldig bevind op die klag van moord van Wasserfall, maar is skuldig bevind aan regsverydeling. Madisia is ook skuldig bevind op twee klagte […]

Read More

Stad Windhoek tref reëlings met NamPower oor skuld

Stad Windhoek het sy reaksie gegee op sy skuld van ‘n halfmiljoen Namibiese dollar aan NamPower. Die maatskappy sê verskeie plaaslike owerhede en kragverspreiders skuld hom 1,5 miljard Namibiese dollar. Van die totaal is die grootste debiteur Nored, die noordelike kragverspreider wat 23 persent van die skuld dra, gevolg deur Rehoboth met 10 persent, Windhoek […]

Read More